Christiaan Ackermann, SV/PROG 2

Is your surname Ackermann?

Research the Ackermann family

Christiaan Ackermann, SV/PROG 2's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Christiaan Ackermann (Ackerman), SV/PROG 2

Also Known As: "Ackermann"
Birthdate:
Birthplace: Leuna, Germany
Death: 1751 (51-52)
South Africa, Cape
Immediate Family:

Son of Christian Ds Ackerman, Ds and Maria Christiana Ackerman
Husband of Marguerite de Villiers, a2b3 SM
Father of Christiaan Ackermann, b1; Abraham Hermanus Ackerman, b2; Maria Christina Ackerman, b4; Johannes Daniel Ackerman, b5; Anna Catharina Ackerman, b6 and 2 others
Brother of Christmann Gotthart Ackerman

Occupation: Silversmith
Managed by: Private User
Last Updated:

About Christiaan Ackermann, SV/PROG 2


http://www.vocsite.nl/schepen/detail.html?id=10854 Christian Ackermann is op 20 Februarie 1699 in Kötzschen, naby Merseburg, Sakse, gebore. Hy was die seun van ds. Christian Ackermann en Maria Christiana Stenger. Alhoewel sy van meestal as Ackerman of Akkerman in ou dokumente aangegee word, teken hy sy naam in 1740 as C Ackermann. Sy broer en seuns teken ook hul van as Ackermann Hy sluit in 1719 aan as soldaat by die VOC en vertrek aan boord van die skip Purmerlust na die Kaap. Hy kom op 9 Februarie 1720 by die Kaap aan. Hy was een van twee soldate wat die skip by die Kaap verlaat het. Hy verskyn as soldaat in 1720 vir die eerste keer in die monsterrol van die Kaap as Christiaan Akkerman, van Meersburgh Hy doen aansoek by die Politieke Raad vir burgerskap om sy ambag as silwersmid te kan beoefen. Hy ontvang op 8 Desember 1722 sy burgerskap. Sy silwersmidwinkel was deel van sy huis in die Kaap Christian trou ongeveer 1722 met Margaretha de Villiers, dogter van Abraham de Villiers en Susanna Gardiol. Die presiese datum kon nog nie opgespoor word nie. In die monsterrolle van 1722 word hulle albei as ongetroud aangedui, maar verskyn in 1723 saam as Christiaan Akkerman & Margaretha Villier. Margaretha was die weduwee van Jean le Sage gewees, wat omtrent 1720 gesterf het. Hulle het ‘n dogter, Susanna, gehad, wat op 9 Oktober 1718 in Kaapstad gedoop is. Op 3 Februarie 1727 word Christian aangestel as korporaal van die Burgerkrygsraad. Op 18 Julie 1730 word hy aangestel as brandmeester. Hy beklee die pos tot 1733 wanneer hy aangestel word as Kommissaris van Siviele en Huwelikssake Volgens ‘n resolusie van die Politieke Raad van 22 Januarie1732, word gemeld dat hy nie goud kon vind in ‘n grondmonster wat vanaf ‘n plaaslike myn gekom het nie. Hy word beskryf as ‘n man "dat in deese saaken een seer kundig man is". Christian het ‘n broer Christmann Gotthard gehad wat in 1740 na die Kaap gekom het. Op 23 November 1740 het Christian ‘n kontrak aangegaan om sy broer vir ‘n jaar as kneg aan te stel. Die kontrak is later vir nog ‘n jaar verleng. ‘n Mens kan aanvaar dat Gotthard (soos hy sy naam geteken het) vir Christian met sy silwersmid werk gehelp het, want Gotthard het later ook ‘n silwersmid geword. Christian en sy broer se name verskyn onder die lys van persone wat in 1742, en weer in 1743, ‘n versoek tot die owerheid gerig het om hulle toe te laat om ‘n Lutherse predikant te kan aanstel en hul eie kerk te bou. Christian Ackermann en Margaretha de Villiers het 8 kinders gehad, wat almal in Kaapstad gedoop is: b1 Christiaan gedoop 5 Maart 1724 X 15 Augustus 1751 met Martha Cornelia Smuts. Hy sterf ongeveer 1755. b2 Abraham Hermanus gedoop 21 April 1726 X 25 Februarie 1753 met Geertruy Mostert. Hy sterf ongeveer 1755. b3 Christman Joël gedoop 1 Februarie 1728 en sterf voor 3 Maart 1743.

    (Die gepubliseerde bronne koppel hom verkeerdelik aan Anna Susanna van Helsdingen – sien b8 hieronder). b4 Maria Christina gedoop 8 April 1731 en sy sterf voor 16 Maart 1757. b5 Johannes Daniel gedoop 27 Junie 1734 en sterf ongeveer 1754. b6 Anna Catharina gedoop 12 Augustus 1736 en sy sterf voor 16 Maart 1757 b7 Jacob Benjamin gedoop 20 Julie 1738 en hy sterf voor 16 Maart 1757 b8 Christman Joël gedoop 3 Maart 1743 X 24 Januarie 1762 met Anna Susanna van Helsdingen. Christman Godhart Ackerman en Susanna le Sage was getuies by sy doop. Hy en sy gesin verhuis ongeveer 1783 na Stellenbosch waar hy op 10 Julie 1794 sterf. Hulle het 9 kinders gehad. Hierdie Christman Joël verskyn nie in enige gepublisserde bronne nie.  b1 Christiaan gedoop 5 Maart 1724 X 15 Augustus 1751 met Martha Cornelia Smuts. Hy sterf ongeveer 1755. b2 Abraham Hermanus gedoop 21 April 1726 X 25 Februarie 1753 met Geertruy Mostert. Hy sterf ongeveer 1755. b3 Christman Joël gedoop 1 Februarie 1728 en sterf voor 3 Maart 1743. 
    (Die gepubliseerde bronne koppel hom verkeerdelik aan Anna Susanna van Helsdingen – sien b8 hieronder). b4 Maria Christina gedoop 8 April 1731 en sy sterf voor 16 Maart 1757. b5 Johannes Daniel gedoop 27 Junie 1734 en sterf ongeveer 1754. b6 Anna Catharina gedoop 12 Augustus 1736 en sy sterf voor 16 Maart 1757 b7 Jacob Benjamin gedoop 20 Julie 1738 en hy sterf voor 16 Maart 1757 b8 Christman Joël gedoop 3 Maart 1743 X 24 Januarie 1762 met Anna Susanna van Helsdingen. Christman Godhart Ackerman en Susanna le Sage was getuies by sy doop. Hy en sy gesin verhuis ongeveer 1783 na Stellenbosch waar hy op 10 Julie 1794 sterf. Hulle het 9 kinders gehad. Hierdie Christman Joël verskyn nie in enige gepublisserde bronne nie.  b1 Christiaan gedoop 5 Maart 1724 X 15 Augustus 1751 met Martha Cornelia Smuts. Hy sterf ongeveer 1755. b2 Abraham Hermanus gedoop 21 April 1726 X 25 Februarie 1753 met Geertruy Mostert. Hy sterf ongeveer 1755. b3 Christman Joël gedoop 1 Februarie 1728 en sterf voor 3 Maart 1743. 
    (Die gepubliseerde bronne koppel hom verkeerdelik aan Anna Susanna van Helsdingen – sien b8 hieronder). b4 Maria Christina gedoop 8 April 1731 en sy sterf voor 16 Maart 1757. b5 Johannes Daniel gedoop 27 Junie 1734 en sterf ongeveer 1754. b6 Anna Catharina gedoop 12 Augustus 1736 en sy sterf voor 16 Maart 1757 b7 Jacob Benjamin gedoop 20 Julie 1738 en hy sterf voor 16 Maart 1757 b8 Christman Joël gedoop 3 Maart 1743 X 24 Januarie 1762 met Anna Susanna van Helsdingen. Christman Godhart Ackerman en Susanna le Sage was getuies by sy doop. Hy en sy gesin verhuis ongeveer 1783 na Stellenbosch waar hy op 10 Julie 1794 sterf. Hulle het 9 kinders gehad. Hierdie Christman Joël verskyn nie in enige gepublisserde bronne nie.  Gegewe die sterftedatums hierbo, is dit moontlik dat ses van Christian en Margaretha se kinders gedurende die pokke-epidemie van 1755 gesterf het. Christian sterf in 1751. In sy inventaris laat hy ses huise in Tafelvalleij (Kaapstad) na. Hy het met sy dood 16 slawe en 6 slawe kinders gehad. Sy vrou, Margaretha sterf op 6 Junie 1764.
view all

Christiaan Ackermann, SV/PROG 2's Timeline

1699
February 20, 1699
Leuna, Germany
1724
1724
Overberg District, Western Cape, South Africa
1726
1726
1731
1731
1734
1734
1737
1737
1738
1738
1743
1743
Cape Town, Western Cape, South Africa
1751
1751
Age 51
South Africa, Cape