Matching family tree profiles for Cornelis Floris Johannes Meyer
Immediate Family
-
daughter
-
son
-
daughter
-
daughter
-
wife
-
son
-
daughter
-
daughter
-
daughter
-
daughter
About Cornelis Floris Johannes Meyer
Cornelis Floris Johannes Meyer 1874-1954 van Heidelberg en Rietfontein Bloemhof
Oupa Corneels is gebore op 22 Junie 1874 te Grootspruit, Heidelberg. Sy eerste huwelik is met Maria Elizabeth Cornelia Strydom op 1 Oktober 1995. Twee dogters Miempie [*1896] en Lenie [*1897] is gebore
Tydens die uitbreek van die Anglo Boere oorlog woon hulle op die plaas Zoekfontein in die Heidelberg distrik. Hulle testament word op 22 Mei 1900 op Zoekfontein onderteken. n Dogtertjie Jacoba Adriana, word in die Konsentrasiekamp op Vereeniging gebore op 15 Maart 1901 en tydens haar doop op 23 Junie 1901 tree Hester Hendrina Meyer [suster van oupa Corneels] en haar man Gert Meyer op as getuies. Kort daarna op 1 Augustus 1901 onderteken hy sy formele afstanddoening van sy burgerskap en onderwerp hy hom aan die Britse troon. Op 19 Augustus 1901 is hy by die sterfbed van sy eggenote. Op 23 Oktober 1901 sterf die dogtertjie Jacoba Adriana Sophia. Die seuntjie Jan Petrus is ook in die Konsentrasiekamp oorlede.
Op 7 Januarie 1904 word die sterftekennis van sy eggenote onderteken te Pretoria deur Oupa Corneels.
Hy en Ouma Miemie is op Heidelberg getroud op 2 Februarie 1904 en het hulle gevestig op Koolfontein voordat hulle in 1905 hulle vestig saam met Oupa Stil Jan op Rietfontein in die Bloemhof distrik waar al hulle kinders gebore is.
Oupa Corneels boer op Rietfontein maar doen steeds werk as grofsmid en herstel die omgewing se boere se waens en perdekarre. Op Rietfontein was n volledige smidswerkswinkel met blaasbalk, aambeeld en gereedskap wat deur oupa Corneels opgerig en gebruik is. Buite die werkswinkel is die wiele herstel en gekort soos wat nodig was.
Oupa Corneels dien as ouderling van die NG Gemeente in Bloemhof vir verskeie termyne en woon ook die sinode en ring sittings by.
Hy is op 24 Desember 1954 oorlede te Pretoria na n operasie en op Bloemhof begrawe.
Cornelis Floris Johannes Meyer's Timeline
1874 |
June 22, 1874
|
Grootspruit, Heidelberg, Gauteng, South Africa
|
|
August 2, 1874
|
Heidelberg, Transvaal, South Africa
|
||
1896 |
November 24, 1896
|
Heidelberg, Transvaal, South Africa
|
|
1897 |
November 28, 1897
|
Heidelberg, Transvaal, South Africa
|
|
1899 |
1899
|
Bloemhof South Africa
|
|
1901 |
March 15, 1901
|
Vereeniging, Transvaal, South Africa
|