Dirk Jacobus Kotze

Is your surname Kotze?

Connect to 6,954 Kotze profiles on Geni

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Dirk Jacobus Kotze

Recent research brought to light that Johann/Jan Kotze, SV had another son, Hans Jurgen Kotze, the eldest of all his children, with his first wife. The sequence code of the “B”-generation of the descendants of Johann/Jan Kotze, SV, therefore shifts 1 position, e.g. the “genealogy code” for Rooi Dirk, the son of Johann/Jan Kotze, SV and Hillegonda Boone, is now b3 and not b2 as usually presented. See the discussion in the “About” section of Johann/Jan Kotze, SV’s profile (Johann Hannsz Kotze, SV/PROG).

‘------

Dates of birth (and here and there dates of death) for the children of Rooi Dirk has been taken from a document transcribed from a set of notes written by Jan Ernst Heydenrich (1751-1815), husband of Francina Helena, b3c11. The transcription was published by CJ Raath in 1974 in Familia #1 Uitgawe 4, p102-110.

‘-----

MJK 16/01/2015

'====

Die eerste onder die afstammelinge van stamvader Jan Kotze wat 'n veeplaas ten noorde van die Benede-Bergrivier uitgeneem het, was Dirk Jacobus, tweede seun van Dirk Kotze en Maria M. Carstens van die veldkornetskap Agter- Paardeberg in die Swartland. Na sy huwelik in 1753 met Martha van Schalkwyk het hy die eiendomsplaas Uilen Kraal in die wyk Groene Kloof (tans die distrik Darling) bewoon. 'n Jaar daarna het hy die leningsplaas Hooij Kraal (nou 'n deel van die dorp Moorreesburg) byeengeneem. Laasgenoemde plaas het 'n aantal jare later agtereenvolgens aan sy seuns Dirk en Johannes behoort.

Op 24 April 1763 het Dirk Jacobus die belangrike leningsplaas "In de Verloore Valleij aan de zeekant", sedertdien bekend as Roode Verlore Vallei, uitgeneem, 'n dag nadat Gerrit Cloete (Jac-sn) dit na 'n leningsbesit van 21 jaar ontruim het. Dirk wou hom op beesboerdery toespits en die omgewing daar het hom vir die doel so beïndruk dat hy die jaar daarop ook die buurplaas Bonte Heuwel geleë aan die noorderoewer van die vlei, uitgeneem het. Sowat tien jaar later het hy in 'n versoekskrif aan die goewerneur gevra dat sekere Atjasfontein (Aias-fontein) aan die suidekant van die Verlorevlei- bergrug, tussen sy grens en Dirk van Schalkwyk se veeplaas Brakke Kuilen (die latere Draaij Hoek), vir hul vee gereserveer moet word omdat die enigste drinkfontein in daardie buurt daar geleë was.Aangesien Van Schalkwyk terselfdertyd 'n soortgelyke rekwes ingedien het, is Kotze se versoek geredelik toegestaan. Hierdeur is die suidelike grens van Roode Verlore Vallei aansienlik uitgebrei en kon Dirk Jacobus die plaas Bonte Heuwel ten gunste van sy broer Jan Jurgen laat vaar. Hy het dit die volgende tien jaar in lening besit.

Dirk Jacobus Kotze was genoodsaak om sy leningsplaas Roode Verlore Vallei gereeld te besoek. Waarskynlik het hy dan die Benede-Bergrivier op 'n plek destyds bekend as Burgers Drift oorgesteek. Die drif was 'n endjie ten ooste van die samevloeiing van die Zoute Rivier en die Bergrivier geleë. Daarvandaan het hy heel moontlik oor Karse Fontein (Kersefontein) en Plaisance (Veld Drift) gereis om die ligte pad deur die "brak" agter die seeduine noordwaarts te volg, hoewel dik sand op die weg vorentoe ook maar 'n foltering vir die trekdiere was.

Toe die landdroshof van Stellenbosch Dirk Kotze op 20 Okt. 1766 vir agterstallige pontbelasting 'n boete van 24 guldens met koste oplê, het hy heftig daarteen geprotesteer. Hy het nooit van die pont gebruik gemaak nie omdat dit uit sy pad ten ooste van Misverstand op die Bergrivier geleë was. Indien die ponthouers êrens op die Benede-Bergrivier 'n pont of slegs maar 'n skuit beskikbaar gestel en onderhou het, sou hy die belasting sowel as die veergeld met bereidwilligheid betaal, het hy teengewerp. Ten spyte van die verduideliking van die landdrossekretaris dat alle boere met plase benoorde die Bergrivier aan die pontbelasting onderhewig was, is Kotze nadat hy sy pont- en boetegeld betaal het, al morrende daar weg.

In 1786 is Dirk Jacobus Kotze oorlede. Een-en-twintig jaar lank het hy Roode Verlore Vallei as leningsplaas besit hoewel hy nooit daar gewoon het nie. Na sy dood is die weiregte opgesê. Sy weduwee het teen 1800 nog steeds die eiendomsplaas Uilen Kraal besit, asook die leningsplaas Groote Fontein aan de Zoutrivier. Teen 1810 het sy eersgenoemde plaas van die hand gesit en op laasgenoemde gaan woon." Boek: Boerepioniers van die Sandveld Deur: M.H.D. Smith

view all 14

Dirk Jacobus Kotze's Timeline

1728
September 1, 1728
Cape Town, South Africa
October 31, 1728
Stellenbosch, Cape Winelands, WC, South Africa
1754
August 12, 1754
Cape Colony, South Africa
1756
August 22, 1756
Stellenbosch, South Africa
1758
1758
1760
August 28, 1760
1763
June 4, 1763
Swartland, Cape Province, South Africa
1765
1765
Namaqualand, Namakwa District Municipality, NC, South Africa
1767
November 27, 1767
Swartland, Cape Province, South Africa