Dr. Jan R.L. "Kleinjan" van Bruggen

Is your surname van Bruggen?

Connect to 2,648 van Bruggen profiles on Geni

Dr. Jan R.L. "Kleinjan" van Bruggen's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Related Projects

dr. Jan Reinder Leonard van Bruggen

Also Known As: "Kleinjan van Bruggen"
Birthdate:
Birthplace: Johannesburg, City of Johannesburg Metropolitan Municipality, Gauteng, South Africa
Death: May 09, 1948 (52)
Johannesburg, City of Johannesburg Metropolitan Municipality, Gauteng, South Africa
Immediate Family:

Son of Jan Van Bruggen and Pieternella Hendrika Drewes
Ex-husband of Luzie Marie van der Steenstraten and Hester Aletta Van Bruggen
Brother of Jochem van Bruggen, SV/PROG; Reina Pieternella Van Bruggen; Maria van Bruggen; Pieternella Hendrika van Bruggen; Edde Van Bruggen and 5 others

Managed by: Linda Magdalena Engelbrecht
Last Updated:

About Dr. Jan R.L. "Kleinjan" van Bruggen (Afrikaans)

SK:

https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS3Q-WQD5-2?i=193&...

Dr. Jan Reinder Leonard van Bruggen (Johannesburg, 15 September 1895 - Johannesburg, 9 Mei 1948) was 'n Afrikaanse digter, skrywer, onderwyser en dosent.

Hy ontvang sy hoërskoolopleiding aan die King Edward VII-skool in sy tuisdorp en sy universiteitsopleiding aan die destydse Transvaalse Universiteitskollege, die voorloper van die Universiteit van Pretoria. Hier behaal hy die B.A.-graad met onderskeiding en verwerf die eerste plek in Suid-Afrika. Hierdie prestasie het hom die koninklike goue medalje vir moderne tale besorg.

Van Bruggen het ook, in samewerking met ad. Theo Boezaart, die strydkreet van die Universiteit van Pretoria geskryf.

Pas ná die Eerste Wêreldoorlog is hy na die Amsterdamse Universiteit waar hy in 1922 die D.Phil.-graad behaal. Die jaar daarna keer hy na die Unie terug en tree toe tot die personeel van die Hoërskool Helpmekaar in Johannesburg. Hy werk vyf jaar lank hier as onderwyser. Daarna is hy aangestel as dosent in Afrikaans aan die Onderwyskollege, Potchefstroom, 'n betrekking wat hy 15 jaar lank beklee het.

Deur al die jare heen het letterkunde altyd sy groot liefde gebly en hy het hom veral toegelê op jeuglektuur, 'n gebied waarop hy 'n deskundige was. Sy doktorale proefskrif het gehandel oor Lektuurvoorsiening vir kinders en jeugdige persone, en terwyl hy nog onderwyser aan die Helpmekaar was, was hy redakteur van die destydse Christelike Skoolbald (later die Onderwysblad), amptelike orgaan van die Transvaalse Onderwysersvereniging.

Sy vernaamste publikasies is vier bundels gedigte, agt romans, twee bundels kort verhale en drie dramas. Self het hy gesê: "Dis miskien te wyte aan die grote van my postuur (hy was ses voer vier en 'n half duim lank, oftewel 193 cm) dat ek nog altyd in klein dingetjies belang gestel het."

Bron: Wikipedia

Aanvullende Bronne

  1. Huwelik 18/7/1922 - https://www.wiewaswie.nl/personen-zoeken/zoeken/document/a2apersoni...

Doop:

https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3QS7-99Z5-GH2Q?i=200&cc...

Information of Death:

https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C9BY-GS3F-V?cc=299...

Death Certificate:

https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS3Q-WQV3-4?i=195&...

view all

Dr. Jan R.L. "Kleinjan" van Bruggen's Timeline

1895
September 15, 1895
Johannesburg, City of Johannesburg Metropolitan Municipality, Gauteng, South Africa
1948
May 9, 1948
Age 52
Johannesburg, City of Johannesburg Metropolitan Municipality, Gauteng, South Africa