Ds Abraham Paul Kriel, b5c5d3e12

How are you related to Ds Abraham Paul Kriel, b5c5d3e12?

Connect to the World Family Tree to find out

Ds Abraham Paul Kriel, b5c5d3e12's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Ds Abraham Paul Kriel, b5c5d3e12

Sterfkennis en boedel: https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS9P-S933-H?i=1414...


Abraham Kriel het na oorlogswesies omgesien

Abraham Kriel, stigter van die weeshuis vir Boerekinders na die Anglo-Boereoorlog. Uit 'n ondersoek wat Het Generale Boeren Hulpfonds Comitee voor Weduwen, Weezen en Verminkten net ná die Anglo-Boereoorlog ingestel het, het dit geblyk dat in die twee gewese Boererepublieke meer as 11 500 wees- en verwaarlose kinders hulpbehoewend was. Dié foto van jong weeskinders in 'n kamp dateer van 1902.

ANDRÉ MARTINAGLIA

NA die vredesonderhandelings by Vereeniging, die ondertekening op 31 Mei 1902 in Melrose-huis in Pretoria van die vredesverdrag tussen Boer en Brit en die wapenneerlegging, was die Anglo-Boereoorlog iets van die verlede. Maar nie die ellende wat die ganse Suid-Afrikaanse bevolking geteister het nie.

In die Britse konsentrasiekampe was onder meer etlike duisende verweesde en verwaarlose kinders sonder heenkome. Daar word bereken dat die kampe in Transvaal 10 000 weeskinders bevat het, van wie 4 000 baie hulpbehoewend was.

Uit 'n ondersoek wat Het Generale Boeren Hulpfonds Comitee voor Weduwen, Weezen en Verminkten net ná die oorlog ingestel het, blyk dat in die twee gewese Boererepublieke meer as 11 500 wees- en verwaarlose kinders was.

Hulp aan hulle was reeds op pad. God het die regte man op die regte tydperk gehad en het nie sy volk vergeet nie, is later van Abraham Kriel, pionier-weesheer van die Afrikanervolk, gesê.

Op 1 Maart 1850, hoog op die hoek van Franschhoek op die historiese plaas Keerweeder, is Kriel gebore. In sy are het Duitse en Waldenser-bloed gevloei. Die stamvader Hermanus Kriel het in 1719 in die Kaap aangekom. Uit sy tweede huwelik met Elizabeth Anna Malan, dogter van die Protestantse Franssprekende Piëmontese Waldenser-stamvader Jacques Malan, het die familie voortgespruit.

Later het die seun Abraham sy vader na die diamantvelde van Kimberley vergesel. Die delwersdorp was toe nog net rye op rye tente, met hier en daar 'n opslaan-sinkhuis tussenin, en honderde delwers wat met koorsagtige haas grawe na die kosbare skatte wat in die stowwerige skoot van die aarde verskuil lê. Weinig het Abraham Kriel geweet dat hy 'n tiental of meer jare daarna op die Diamantdorp 'n jong predikant sou wees.

Abraham se vader was 'n man van min woorde, maar van sy sterk karakter het groot invloed uitgegaan. Hy was streng maar opreg.

Terwyl Abraham in die kerk op Franschhoek na 'n preek van ds. G.A. Maeder geluister het, het die volgende woorde uit Jesaja 44:22 sy lewe verander: Ik delg uwe overtredingen uit als eene nevel, en uwe zonden als eene wolk. Hy het geloofsekerheid gekry en is na Stellenbosch om vir die evangeliebediening voorberei te word. Met sy skerp kennis van mense en blik het prof. Hofmeyr die jong man begin dophou, wat tot die vorming van Kriel bygedra het.

In Februarie 1893 het hy sy 12 jaar lange dienstyd op Du Toitspan beëindig en die Diamantdorp vir die Goudstad verwissel. Hoewel die eintlike stigting van die weeshuis 'n paar maande ná die Vrede van Vereeniging plaasgevind het, is die eerste stappe in dié rigting voor die Anglo-Boereoorlog gedoen onder die titel Het mosterdsaadje: Hoe het ontkiemde en uitsproot in die Transvaalse kerkblad De Vereeniging van 1 Februarie 1899.

Dit was die hand van Abraham Kriel. Hy het reeds in 1894 die gedagte gehad om 'n inrigting vir wese en hawelose kinders in die lewe te roep. Geld was 'n probleem, en die Nasareth Home het reeds bestaan. Hoekom nog een?

Op 6 Januarie 1899 het Kriel ten behoewe van wese begin optree, met die gevolg dat op 'n sekere dag 'n bedroefde vader by die pastorie verskyn en hom gevra het of hy hom kan help. Sy vrou is dieselfde dag oorlede nadat sy aan tweeling-dogtertjies die lewe geskenk het. Met reeds vier kinders om voor te sorg, het die man hom, wat die versorging van die tweeling betref, op die genade van sy predikant beroep. Kriel het die man 'n paar dae gevra om hom kans te gee om die gesinstragedie die hoof te bied.

Kriel het gaan bid, en die volgende aand, Saterdag, het hy die saak op die gemeentekonferensie voorgelê. Met geesdrif is die saak bespreek. 'n Jong broeder het �3 per maand belowe, 'n ander �6, twee ander ook �6 elk en 'n suster �14. Voordat beswaar gemaak kon word, het mnr. en mev. P.J. Malan aangebied om die twee kinders in hul huis te versorg totdat 'n skikking bereik kon word. Met hul doop het die gemeente op versoek van Kriel opgestaan terwyl hulle bydraes vir die versorging van die twee gegee het.

'n Paar weke later het die Ring van Potchefstroom in Johannesburg vergader. Dadelik is groot belangstelling getoon in die pas begonne onderneming van Kriel. Op 16 Februarie 1899, ná die vierde sitting van die kommissie, is die volgende besluit geneem:

Wat 'n weesinrigting betref, erken hierdie vergadering die Goeie Hand van die Vader van die Wese wat die eerste paar wese onder die sorg van die predikant van Langlaagte gestel het. Hy dra hierdie broeder met hierdie besondere werk, aan die belangstelling, voorbidding en samewerking van die hele kerk op, sodat hy die voetstappe van Rev. August Hermann Francke en George Muller mag druk en so met God se hulp 'n weesinrigting tot stand mag bring waaraan die behoefte almeer gevoel word en waarvan die seën hom sal uitstrek oor ons hele land.

Die Abraham Kriel-weeshuis is op 4 September 1902 geopen. Die gebou kon 12 wesies huisves. Die aansoeke om die opname van weeskinders in die weeshuis het daarna so oorvloeding gekom dat Kriel verplig was om penne wyer te steek.

Die verhaal van die eerste tien jaar van die bestaan van hierdie inrigting lees byna soos 'n roman. Om so 'n groot onderneming in die moeilike na-oorlogse tyd aan te durf, getuig van geloofsmoed.

As in aanmerking geneem word dat Kriel die taak aangepak het met net �14 in sy sak, sal besef word hoe hy Kriel hom op die Here verlaat het. In geen ander tydperk van die kinderhuis se geskiedenis word 'n mens meer bewus van die grondslag van die geloof waarop die stigter die gebou opgerig het as in die eerste 10 jaar.

Op Saterdag 9 Junie 1928 is ds. Abraham Kriel op Aansthal, 'n stil vakansie-oord aan die Natalse kus, oorlede. Sy oorskot is gebalsem en na Langlaagte vervoer, waar dit op Woensdagnamiddag 13 Junie ter aarde bestel is vanuit die kerk wat hy laat bou het.

Die 600 weeskinders van die inrigting, meisies in wit met 'n swart lint om die lyf en seuns in 'n swart broek en wit hemp met 'n swart strik om die arm, het aan weerskante van die straat in twee rye gestaan, van die woning tot by die kerk. Tussen sy geliefde wese is Oupa Kriel na sy laaste rusplek gedra. Die kerk kon nie die groot skare begrafnisgangers inneem nie, en etlike honderde mense moes buite bly staan. Een spreker ná die ander het aan Kriel hulde gebring: hy was die regte man op die regte tyd.

view all

Ds Abraham Paul Kriel, b5c5d3e12's Timeline

1850
March 1, 1850
Plaas Keerweder, Franschhoek, Western Cape, South Africa
March 24, 1850
Franschhoek
1887
November 17, 1887
1892
August 15, 1892
1895
June 23, 1895
1899
October 1899
1928
June 9, 1928
Age 78
Aansthal, Natal
June 13, 1928
Age 78
Langlaagte NG Kerk, Johannesburg, Gauteng, South Africa