How are you related to Ds. Johannes Henoch Neethling?

Connect to the World Family Tree to find out

Поделитесь своим генеалогическим древом и фотографиями с людьми, которых вы знаете и любите

  • Стройте своё генеалогическое древо онлайн
  • Обменивайтесь фотографиями и видео
  • Технология Smart Matching™
  • Бесплатно!

Ds. Johannes Henoch Neethling

Псевдоним: "Ds. Johannes Henoch Neethling"
Дата рождения:
Место рождения: Weidenhof, Stellenbosch, Cape Winelands, WC, South Africa (ЮАР)
Смерть: 26 февраля 1904 (77)
Stellenbosch, Breede River DC, Western Cape, South Africa (ЮАР)
Ближайшие родственники:

Сын Hendrik Johannes Neethling и Engela Johanna Neethling
Муж Magrietha Joubert и Maria Neethling
Отец Ds. Hendrik Johannes Neethling; Dr Andrew Murray Neethling; Maria Susanna Joubert; Dr Johannes Henoch Neethling; Karel Neethling и ещё 7
Брат Geertruyda Woutrina Neethling; Johanna Jacoba Neethling; Engela Johanna Wilman; Maria Johanna Anna Bosman; Hendrika Johanna Petronella Neethling и ещё 5

Профессия: Predikant NG Kerk
Менеджер: Частный профиль
Последнее обновление:

About Ds. Johannes Henoch Neethling

Hendrik Johannes (gebore 1795) koop Weidenhof in 1818 van sy vader, en hier het hy en sy vrou Engela Albertyn gebly (getroud in 1824) (Van der Byl 1963:48A). In Desember 1826 is hul oudste seun Johannes Henoch hier gebore (De Villiers & Pama 1981:621; Heynike 1942:17, van haar feite is hier foutief). Volgens sy dogter Katie Neethling was dit "in die slawekwartiere ... omdat die woonhuis nog nie voltooi was nie" (Smuts (red .) 1979:363). Hierdie herinnering is egter vreemd, want ons weet dat Weidenhof en sy buitegebou reeds teen 1810 gestaan het (Hertzog-kaart 1817). Vermoedelik is daar
destyds aan die hoofgebou verander w at die familie verplig het om tydelik in die slawegebou aan die westekant te bly.

Bron: DE HOOP DORPSPLAAS STELLENBOSCH GESKIEDKUNDIGE EN ARGEOLOGIESE ONDERSOEK 1997 H.N. VOS, HISTORIESE ARGEOLOOG EN KONSULTANT, WlLLEM MALHERBE, KULTURELE KONSULTANT. NAVORSINGSENTRUM VIR HISTORIESE ARGEOLOGIE, STELLENBOSCH MUSEUM


Die “Oude Dominee” van Stellenbosch was maar die derde predikant van die Ned Geref Kerk in Suid-Afrika wat met ’n standbeeld vereer is vir die uitnemende werk wat hulle gedoen het. Die ander twee was doktor Andrew Murray (Wellington) en dominee JH Hofmeyr (Somerset-Oos). Al drie was swaers en het hulle onderskei in die kerk en gehelp om rigting aan ons volkslewe te gee.

Johannes Henoch Neethling is op 4 Desember 1826 in die distrik Prins Albert gebore, en danksy ’n nalatenskap van ’n grootoom van hom, advokaat JH Neethling, kon hy sy teologiese studie in die buiteland (Utrecht en Leiden) voltooi. Terug in Suid-Afrika, het dominee Neethling eers ’n beroep na Prins Albert aanvaar voordat hy in Maart 1858 na Stellenbosch beroep is, waar hy die gemeente en gemeenskap 40 jaar lank bedien het. Hy is op 26 Februarie 1904 in Stellenbosch oorlede.

Dominee DS Botha, wat dominee Neethling opgevolg het, het in 1917 voorgestel dat ’n gedenkteken ter herinnering van sy voorganger opgerig word. Volgens die Kerkraadnotules, het hy sonder meer samewerking gekry. Die enigste vraag was waar die beeld opgerig moet word, want dominee Neethling het hom op soveel terreine onderskei. Hy was byvoorbeeld van die begin af tot met sy dood skriba van die Kuratorium vir die Kweekskool. Daarom was daar regverdiging in die sterk gevoel dat die beeld by die Kweekskool opgerig moet word. Hy was ’n openbare figuur op Stellenbosch – Vader van Stellenbosch – daarom wou party gehad het dat die beeld op die sypaadjie voor die Moederkerk opgerig word. Uiteindelik is besluit dat die standbeeld aan die linkerkant van die kerk se hoofingang moet staan.

Die standbeeld van dominee JH Neethling, wat meer as lewensgrootte is, is in Italië met marmer geskep en gelewer deur R Cane & Seuns van Kaapstad. Die ou dominee staan daar in ampsdrag, rysig en waardig. Hy tuur die vertes in, hier in die dorp wat hy help ontwikkel het. Sy linkerhand wys na die Bybel op ’n tafeltjie langs hom en in sy regterhand hou hy ’n akte vas. Sy bediening en visie was onderleg deur die Skrif en die standbeeld beeld hom tereg uit as aanvoorder en stigter, grondlêer en opvoedkundige.

Die standbeeld staan op ’n voetstuk van marmer en op elk van die sye word ’n faset van die volryk lewe van dominee JH Neethling meegedeel. Aan die voorkant van die standbeeld lui die opskrif:

Johannes Henoch Neethling H-zn, 4 Dec 1826 – 26 Feb 1904. 40 Jaren lang Predikant te Stellenbosch opgericht door zijn dankbaar gemeente.

Op die ander sye word van sy rol as kerkman en Afrikanervolksman vertel. Hy was allereers evangeliedienaar. Standvastig onbewegelijk altijd overvloedig in het werk des Heeren, 1 Kor 15:58. Met ’n diep geestelike erns het hy sy gemeentelike werk gedoen en in die kerkverband voortgegaan. ’n Derde inskripsie op ’n sykant stel dit so: Beproefde kerkman. Trouwe herder der gemeente, wijze raadsman der kerk, wakkere curator van die kweekskool, ijverige sekretaris van de sending.

Opvallend was die feit dat hy altyd die skriba-sekretaris van die aksies was. Hy was die planmaker, die fondsinsamelaar. So kry hy dan ook die erenaam “Stellenbosch-se-bedelaar”. Daarom is die opskrif op die vierde sy so verwoord: Oprechte volksman. Krachtige ondersteuner van de zaak der opvoeding. Medestichter van ’t Stellenbosche gymnasium, ’t Victoria College en de Bloemhof-Meisiesschool.

Deur die toedoen van die “Driemanskap” is op 1 Maart 1866 die Stellenbosch-Gimnasium (die huidige Paul Roos-Gimnasium) opgerig. Uit hierdie skool het hulle ’n kollege vanaf 1881 laat ontwikkel en in 1887 die Victoria Kollege tot stand gebring (die huidige Universiteit van Stellenbosch vanaf 1918). Tot 1904 was Neethling lid van die eerste raad van die Stellenbosch-Kollege en het hy hom, benewens die akademie, ook vir die sportbevordering beywer.

Dominee Neethling se lang verbintenis met Stellenbosch, waar hy op talle terreine die leiding geneem het, het hom laat sê:

“Wij weten dat er geen liefderijker hemel, geen schoonere bloemen en geen plaats waar men gezonder en met God stiller en veiliger wonen en studeeren kan, dan Stellenbosch.”

By sy dood het die openbare pers hom gehuldig met ’n banieropskrif: “Een vorst en vader is ontvallen.”

Bron: Brown, E. 1989. Ds. J.H. Neethling. In Afrikanerbakens, Aucklandpark: FAK, pp. 40–41.


открыть все 17

Хронология Ds. Johannes Henoch Neethling

1826
4 декабря 1826
Weidenhof, Stellenbosch, Cape Winelands, WC, South Africa (ЮАР)
26 декабря 1826
Stellenbosch, Cape Of Good Hope, South Africa
1853
13 августа 1853
1855
1 апреля 1855
Prince Albert, Central Karoo DC, Western Cape, South Africa (ЮАР)
1857
5 января 1857
1859
1 января 1859
Stellenbosch, Cape Province, South Africa (ЮАР)
1860
4 ноября 1860
1862
6 октября 1862
1864
3 августа 1864
Stellenbosch, Cape Winelands, Western Cape, South Africa (ЮАР)
1866
29 мая 1866