Ds. Pieter Gert Wessel Snyman

How are you related to Ds. Pieter Gert Wessel Snyman?

Connect to the World Family Tree to find out

Ds. Pieter Gert Wessel Snyman's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Ds. Pieter Gert Wessel Snyman

Birthdate:
Birthplace: Rustenburg, Bojanala, North West, South Africa
Death: February 08, 1948 (45)
Harare, Harare, Harare, Zimbabwe
Immediate Family:

Son of Vldknt. Evert Frederik Johannes Snyman and Alida Theunetta Snyman
Husband of Elizabeth Anna Snyman
Father of Ds. Ewert Frederik Johannes Snyman; Leona Snyman and Theunetta Snyman
Brother of Wilhelmus Hermanus Cornelius Snyman; Evert Frederik Johannes Snyman; Alida Theunetta Roets and Matthys Gerhardus Snyman
Half brother of Clasina Johanna Salomina du Preez; Jacobus Philippus Snyman and Petrus Christoffel Snyman

Managed by: Linda Magdalena Engelbrecht
Last Updated:

About Ds. Pieter Gert Wessel Snyman

Ds. Pieter Gert Wessel Snyman (noemnaam Piet, Rustenburg, 18 September 1902 – Salisbury, Suid-Rhodesië, 8 Februarie 1948) was ’n predikant in twee gemeentes van die Gereformeerde Kerk: van 1931 af van Krokodilrivier en van 1944 tot sy dood minder as vier jaar later van Salisbury, waarvan hy die eerste leraar was en dus ’n ware baanbreker van sy kerk in Suid-Rhodesië. Op sy grafsteen in Harare staan: “Eerste leraar, Geref. Kerk, Suid-Rhodesië (1944–1948). Geestelike leier van sy volk. Sy lewenskrag is verteer deur die lig wat hy vir sy God en volk versprei het. Julle is ’n volk deur God geroepe. Opgerig deur die Afrikaners van Rhodesië en sy eggenote, Elize, en kinders, Leona, Theunetta en Evert. Soli Deo Gloria.”

Die latere ds. Snyman was, soos ds. J.V. Coetzee hom eenkeer tipeer het, van sy jeug af 'n “oorgegewe mens” en het gespruit uit 'n vrome voorgeslag, “kerkmense in die volle sin van die woord”, aldus prof. Fanus dy Toit. Hy is op 21 Oktober 1902 op Witrand, distrik Marico, gedoop. Sy vader, vroeër van die plaas Steenbokfontein, distrik Koster, wat bekend was oom Evert en wat sy seun oorleef het, was 'n seun van genl. J.P. Snyman. Sy moeder was Alida Theunetta Grobler, die enigste suster van min. P.G.W. Grobler (1873–1942), na wie ds. Snyman genoem is. Min Grobler se moeder was ’n dogter van pres. Paul Kruger. Sewe kinders uit Evert Snyman se twee huwelike gebore. Hy het as veldkornet die hele Tweede Vryheidsoorlog (1899–1902) deurgeveg en onder meer deelgeneem aan die gevangeneming van lord Methuen. Pieter Snyman se moeder se vurige begeerte om haar seun nog op die kansel te sien, het nie in vervulling gegaan nie. Toe hy in sy finale jaar was (1930), is sy in die jeugdige ouderdom van 49 jaar oorlede. Omdat hy in die Paarl ernstig siek gelê het, kon haar seun nie die teraardebestelling bywoon nie.

Prof. Du Toit skryf Piet Snyman se familie het getuig hy was van jongs af 'n gehoorsame en leergierige kind. Weens 'n nieraandoening moes hy vir vier jaar die skool verlaat. Maar agter die vee het hy homself in die studie verdiep en dikwels het sy vader gesien hoe hy ’n miershoop as sy kansel gebruik het. Sy vraeboek en Bybel was in die eensame veld sy metgeselle. Hoewel hy die skool in st. 4 verlaat het, kon hy met sy terugkeer direk oorgaan na st. 6. Prof. Du Toit skryf: “Sy liefde vir die natuur, ja vir die hele skepping van God, hier in die veld opgedoen, het hom altyd bygebly.”

Deels danksy die bemoediging van sy leraar en ’n huisvriend van die Snymans, ds. David Kotzé – van 1915 tot 1921 predikant van die gemeente Koster (1915–1921), waar Snyman grootgeword het, en van 1921 tot 1946 van Rustenburg, waar hy op hoërskool was – wat ’n huisvriend was, het Piet Snyman besluit om predikant te word.

Sy hoërskoollewe op Rustenburg (waar hy in 1923 gematrikuleer het) is reeds gekenmerk deur “diepe lewenserns”, soos prof. Du Toit dit stel. “Hy het hom beywer vir gesonde vermaak en te velde getrek teen dans en ander ydele vorme van ontspanning. Sy leuse was: Die lewe is te kort om dit in ydelheid deur te bring. Sy betreklik korte lewe van 45 jaar het hy dan ook vol gelewe. Sy kinderlike geloof kon hy so heerlik uitsing as ons voorsinger in die Heimat-eetsaal.”

Nadat hy die Kandidaatseksamen afgelê en die grade B.D. en M.A. (Wysbegeerte) behaal het, is prop. Snyman in 1931 op Pansdrift (distrik Brits) bevestig as herder en leraar van die uitgestrekte gemeente Krokodilrivier. Dit was nadat hy in die eg verbind is met Elise (of Elizabeth) Anne Arnold (22 Januarie 1905 – 25 Oktober 2000). Twee dogters, Leona en Theunetta, en ’n seun, Evert (of Ewert), is uit die huwelik gebore. Hier het ds. Snyman hom met volle toewyding aan sy gemeente gegee. Terselfdertyd het hy die omgewing van die pastorie in 'n lushof omskep. Weens ’n gebrek aan huiswerkers moes hy sy eggenote in baie opsigte behulpsaam wees.

Prof. Du Toit skryf dit ds. Snyman het altyd student gebly. “Dit was sy sielsbegeerte om vir verder studie oorsee te gaan, maar die finansiële middel het ontbreek. Hoe dit hom geluk het om sy pragtige biblioteek op te bou, bly selfs vir sy beste vriende 'n raaisel. Al het hy net die artikel oor Karl Barth in Koers in die Krisis geskrywe, moes dit vir elkeen duidelik wees dat hy teoloog van die eerste rang is.” Hy is dan ook tot adjunkvoorsitter van die buitengewone sinode van 1946 gekies.

Ds. Snyman het hom nie net vir sy gemeente beywer nie, maar homself ook aan die breër samelewing gegee. Bewys van sy invloed en aansien is dat hy gevra is om hom as kandidaat beskikbaar te stel in die Volksraadsverkiesing van 1943. Al het hy die versekering gekry (waarskynlik by die Nasionale Party) dat al die ander kandidate (seker van die NP in die benoemingstryd) uit die strydperk sou tree as hy sou instem om deel te neem, het hy dié aanbod van die hand gewys. Kort voor sy dood is hy weer genader om hom in die Unie verkiesbaar te stel in die 1948-verkiesing.

Prof. Du Toit skryf ds. Snyman se “offervaardigheid het onder meer daaruit geblyk dat hy aan die roepstem van Suid-Rhodesië gehoor gegee (en) 'n gevestigde gemeente prysgegee het om kerkbouer te wees”. Oor sy besluit om die beroep na die Gereformeerde kerk Salisbury as hul eerste predikant te aanvaar, het hy aan sy vrou gesê dat die belange van die Kerk altyd eerste moet staan. Hy het skaars vier jaar in Rhodesië gestaan, maar soos ’n ouderling gesê het: Wat hy vir daardie uitgestrekte wêreld beteken het, kan nie in woorde uitgedruk word nie.” Dit was deels danksy sy onvermoeide ywer dat die Afrikaners in Rhodesië kort ná sy dood “hul eie mondstuk” (menende waarskynlik ’n nuusblad) gekry het.

Hoewel hy kort voor sy dood twee beroepe na die Unie gekry het, het hy aan oudl. Van der Molen gesê dat sy werk in Rhodesië nog nie klaar was nie. “So het hy gedink,” skryf prof. Du Toit, “maar in die oog van die Here was dit klaar, afgerond.”

Al was sy hartaandoening vir hom 'n aanduiding dat sy tyd kort was, het hy nie gekla nie en met 'n versnelde tempo gewerk. Die naweek voor sy dood het hy nog sowat 1 300 km afgelê – met suurstofapparaat in sy sak. Die aand voor die finale aanval het hy nog 'n stuk werk gedoen. ’n Groot skare Afrikaners het sy begrafnis bygewoon en later het talle bygedra tot sy grafsteen se koste.

Prof. Fanus du Toit begin ds. Snyman se lewensberig in die Gereformeerde Kerk se Almanak vir die jaar 1949 soos volg: “Dit is met 'n innige piëteitsgevoel dat ek hier 'n woord van waardering wil spreek in verband met die lewe en werk van 'n ontslape vriend en broer. Die hele hart is nog uit lit, maar om oor so 'n Godgewyde lewe te skrywe, is 'n inspirasie. En later: “Ons wat sy medestudente was, weet met watter geweldige energie hy gewerk het, wat 'n skitterende student hy was en by dit alles – wat 'n nederige en beminlike mens. Hoe hartlik en aansteeklik kon hy lag! En as iemand met hom verskil het, kon hy nie rus voordat die saak opgelos is nie.”

Prof. Du Toit skryf ds. Snyman se preke was altyd “deeglik bestudeer en met 'n gloed van oortuiging voorgedra. Al was dit soms vir die deursnee hoorder stywe kos, die diepe erns wat uit sy wese gestraal het, was van meer betekenis as sy woord.”

Ds. Snyman se vader het by sy graf onder meer gesê: “As 'n held het hy op die voorposte gestaan en as held het hy geval!” Prof. Du Toit sluit hierby aan en skryf: “Hy het sy hartebloed gegee vir die saak van sy kerk en volk. ‘Terar dum prosim’ – die leuse van die Benediktynse monnike – was ook sy leuse. ‘Laat ek verteer word, as ek maar net van nut kan wees.’” Op ’n persoonlik noot rig prof. Du Toit ’n boodskap direk aan sy ontslape kollega: “Vaarwel, liewe vriend. Vir my en vir baie ander wat jou as 'n eie broer beskou het, is die wêreld nou so anders. Maar ons treur nie soos diegene wat geen hoop het nie. Jou lewe sal 'n blywende besieling wees en sal ons tot groter kragsinspanning aanspoor. Ons vaste vertroue is dat jy nou ten volle ervaar die betekenis van die slotwoorde van die reeds genoemde artikel: ‘Hoe heerlik is dit om Gereformeerd te wees,’ d.w.s. om te roem in die vrymag van Gods genade – om die ewige welbehae.”

Bron: https://af.wikipedia.org/wiki/Pieter_Snyman


view all

Ds. Pieter Gert Wessel Snyman's Timeline

1902
September 8, 1902
Rustenburg, Bojanala, North West, South Africa
1945
December 19, 1945
Salisbury, Harare, Harare Province, Zimbabwe
1948
February 8, 1948
Age 45
Harare, Harare, Harare, Zimbabwe
????
????