Erasmus Smit, SV/PROG 3

Is your surname Smit?

Research the Smit family

Erasmus Smit, SV/PROG 3's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Erasmus Smit, SV/PROG 3

Also Known As: "Sendeling"
Birthdate:
Birthplace: Buiksloot, The Netherlands
Death: August 03, 1863 (84)
Pietermaritzburg, Indlovu DC, KwaZulu-Natal, South Africa
Place of Burial: Pietermaritzburg, Indlovu DC, KwaZulu-Natal, South Africa
Immediate Family:

Husband of Susanna Catharina Smit, c8d3 SM
Father of Hermanus Samuel George Schmidt, b1; Salomon Erasmus Smit, b2 and Aletta Christina Cecilia Roodt

Occupation: Clergyman
Managed by: Private User
Last Updated:

About Erasmus Smit, SV/PROG 3

Death Notice

Bron- Voortrekkerbegrafplaas Pietermaritzburg - Louis Eksteen pagina 35 - 36

Baken 20 van die Voortrekkerbegrafplaas in Pietermaritzburg bevat die grafte van 2 van die bekendste figure van die Groot Trek, Erasmus Smit en sy vrou Susanna Maritz. Op die grafte is nie dadelik 'n grafsteen opgerig nie. Eers in 1939 het die Saamwerk Unie 'n gesamentlike grafsteen laat oprig. Erasmus Smit S/V) *28/8/1778 † 3/8/1863 is in Nederland gebore. Op 8 jarige ouderdom word hy in 'n weeshuis in Amsterdam geplaas. In 1801 word hy as sendeling deur die Nederlandsche Zendelinggenootschap in Rotterdam opgelei. In September 1802 word hy ge-orden om sendelingwerk onder nie-blankes te doen maar was nie daarop geregtig om sakramente (doop en nagmaal) te bedien nie. In 1804 om hy na die Kaap en doen op verskeie plekke sendingwerk. Op 26/6/1813 trou hy met die 13 jarige Susanna Catharina Maritz. Susanna Catharina Maritz *28/8/1799 ≈ 26/2/1800 † 27/7/1863 tree op die ouderdom van 13 jaar in die huwelik met Erasmus Smit wat in Nederland gebore is. Sy was die dogter van Salomon Maritz ( 1770- ) en Maria ELizabeth Oosthuizen(1778-1846). Haar broer was die bekende trekeleier Gerrit Maritz en in Desember 1836 vertrek hulle na Natal. Smit was die enigste predikant wat die trekkers vergesel het. Omdat hy nooit georden was nie het baie trekkers hom nie aanvaar nie en was hom selfs vyandig gesind. Na die trek vestig hy hom in Pietermaritzburg. Omdat die Kerkraad geweier het dat hy in die Geloftekerk kon preek het hy sy eie dienste en die bediening van die sakramente, in weerwil van die kerk, in sy eie huis aangebied. Erasmus was ook 'n alkoholis en sieklik. Ten spyte hiervan het hy 'n groot versameling liturgiese boeke besit wat hy bestudeer het. Hy en sy vrou het hul laaste jare in armoede deurgebring, Sy grootste bydrae was die dagboek wat hy tydens die Groot Trek bygehou het. Die dagboek is in 1896 deur Ds. H F Schoon en weer in 1920 deur Gustav Preller uitgegee. Susanna Maritz was 'n besonderse vrou in die geskiedenis gewees. Sy het 'n sterk Calvinistiese en Puriteinse opvoeding van haar ma ontvang, wat haar ook in hierdie huwelik gedwing het. Waar sy dagboek hoofsaaklik gehandel het oor daaglikse gebeure, weerspieël hare meer persoonlike ervarings soos drome, gesigte en gedigte. Sy was 'n vrou met 'n baie sterk persoonlikheid wat haar baie ouer man, totaal oorskadu het. Met die anneksasie in Natal in 1843 deur die Britte het sy 'n vroue-optog gelei om hul misnoë met die Britte te toon. Sy het openlik verklaar dat vroue eerder kaalvoet terug oor die Drakensberge sou gaan as om onder Britse gesag te staan. Die ironie was dat sy en haar man nie kon bekostig om Pietermaritzburg te verlaat niie en uiteindelik in armoede gesterf het. Hulle het 2 seuns gehad.

Bruikbare bronne:

Erasmus Smit; Gustav Schoeman Preller; Merwe Scholtz. Joernaal van 'n trek : uit die dagboek van Erasmus Smit. Kaapstad : Tafelberg, 1988. Sien inleiding.

De Jongh, P. S Die lewe van Erasmus Smit. Proefskrif (D. Phil.) -- Universiteit van Stellenbosch, 1975. Sal in die toekoms gedigitiseer word by http://scholar.sun.ac.za/handle/10019.1/70180. Dis ook gepubliseer.

view all

Erasmus Smit, SV/PROG 3's Timeline

1778
August 28, 1778
Buiksloot, The Netherlands
1814
July 10, 1814
1816
May 30, 1816
Colesberg, Bo-Karoo, Northern Cape, South Africa
1825
April 7, 1825
1863
August 3, 1863
Age 84
Pietermaritzburg, Indlovu DC, KwaZulu-Natal, South Africa
1863
Age 84
Voortrekkerbegraafplaas Pietermaritzburg Baken 20 Perseel 1J, Pietermaritzburg, Indlovu DC, KwaZulu-Natal, South Africa