![](https://assets13.geni.com/images/external/twitter_bird_small.gif?1680546547)
![](https://assets10.geni.com/images/facebook_white_small_short.gif?1680546547)
Hy was een van die eerste boere in die Oos-Rietrivier wyk onder Somerset. Die voorheen neutrale gebied tot aan die Koonap Rivier wat in 1825 vrygestel is vir grensboervestiging. Hulle situasie het onseker gebly en boere uit die gebied was die eerstes om te Trek. Volgens Jan Visagie se navorsing was hy en sy gesin waarskynlik in 1836 al op trek. Die feit dat sy seun George Diederik Petrus later getroud is met n dogter van Johannes Jacobus Hamman skep 'n sterk vermoede dat hulle minstens op hierdie stadium by die Potgieter trek aangesluit het en selfs deel was van die Slag van Vegkop en Mosega. Daar is later sterk verbintenis met Sarel Celliers, waar hy dan ook na die Trek albei in die Kroonstad omgewing gevestig het. Dit is dus ook waarskynlik, of minstens moontlik dat hy ook deel was van die Slag van Bloedrivier. Sy seun Georg Diederik Petrus is waarskynlik na Bloedrivier weer verder saam met die Potgieter Trek waar hy saam met sy skoonvader JJ Hamman naby Orighstad/Lydenburg en later Wildebeesfontein, Middelburg gevestig het, voordat hy weer vertrek het deur die Dorsland as trekleier, Landros en later ook President van Upingtonia, by Grootfontein.
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Voortrekkerstamouers 1835 - 1845 deur Jan C. VISAGIE (Afrikaans). Protea Uitgewers, Pretoria, 2011. Tweede uitgawe, derde druk 2011. ISBN 978-1-86919-372-0
Bladsy 399
PRINSLOO, Hendrik Frederik - b3c3d4e6 gedoop 25/12/1788 X Graaff-Reinet 15/10/1809 Maria Gesina GEERE, b5c2, gedoop 16/3/1790 † Kroonstad 7/10/1859.
Woonplek: Oos-Rietrivier, Somerset
Vertrekdatum: Moontlik Augustus 1836.
Trekgeselskap: H. P. MALAN (?)
Aanvanklik het hulle in Natal gewoon, maar later na die Transoranje verhuis.
Bygevoeg deur Y. DROST op 3 DES 2022
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------
1788 |
October 25, 1788
|
Graaff-Reinet, Western District, Eastern Cape, South Africa
|
|
December 25, 1788
|
|||
1810 |
June 7, 1810
|
||
1813 |
May 19, 1813
|
Somerset East, Western District, Eastern Cape, South Africa
|
|
1817 |
February 19, 1817
|
||
1819 |
July 6, 1819
|
Cradock, Stormberg District, Eastern Cape, South Africa
|
|
1820 |
September 23, 1820
|
||
1821 |
May 19, 1821
|
Cradock, Stormberg District, Eastern Cape, South Africa
|
|
1827 |
June 4, 1827
|
Western Cape, South Africa
|