Hermanus Stefanus Lombard

public profile

Hermanus Stefanus Lombard's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Hermanus Stefanus Lombard

Uit: "Sketse uit die lewe van Mens en Dier" deur Eugene Marais=

'n Voelvryverklaarde vir byna 'n halfeeu was Hermanus Lombaard, 'n merkwaardige persoonlikheid uit die troebele Suid-Afrikaanse geskiedenis van vyftig jaar gelede. In sy eie distrikte, beide in Transvaall en in die Vrystaat, is hy 'n welbekende, en die noem van sy naam word altyd gepaar met die verskriklike gebeurtenis wat vir 'n halfeeu oor sy lewe gehang het.

(Eugene Marais het hom per afspraak in Heidelberg ontmoet. Dit was op Hermanus se 90ste verjaardag.)

Hier volg sy (Hermanus) se verklaring:

"Ek is vandag negentig jaar oud. Binne 'n kort tyd, 'n baie korte, sal ek verskyn voor die Groot Krygsraad, waar valse verklarings geen mens sal baat nie. Die saak waarvan ek wil vertel, het voorgeval gedurende die Engelse oorlog van 1880. Ek was op verlof van my kommando op my plaas aan die Transvaalse kant van die rivier. Een more - dit was Desember 1880 - het ek 'n kar en twee perde van die kant van die rivier sien aakom. Toe dit by my kom vind ek dat daar twee Engelse in was - kaptein Lambert en kaptein Elliot. Lambert kon so 'n bietjie gebroke Afrikaans praat. Hy het my vertel dat hulle twee Engelse offisiere was van die regiment wat deur Frans Joubert op Bronkhorstspruit vernietig is. Hy het my 'n vrygeleide getoon van die Kommandant-generaal om na die Vrystaat deur te gaan oor die naaste drif. Hulle het my vertel dat die drif nie deurgaanbaar was nie, en gevra hoe die pad na Standerton gaan. Ek het hulle met die uitspan gehelp en hulle kos gegee. Ek het opgemerk dat daar heelwat stukkende plekke aan hul kar was en het dit reggemaak solank hulle geeet het. Ek het hulle toe.so goed ek kon, die pad na Standerton beduie. Ek het op daardie tydstip nie die terme van hulle parool geweet nie. Hulle het in die rigting van Standerton vertrek.

Drie dae later het ek dieselfde kar van die kant van Heidelberg sien aankom. Dit was ge-eskorteer deur gewapende manne. Daar was sewe manne; twee van hulle was offisiere: kommandant Roelf Nieuwenhuizen en veldkornet Adriaan van Niekerk. Nieuwenhuizen het aan my gese dat hierdie twee persone hul parool verbreek het. Hulle het geweier om die rivier te deurkruis en het na Transvaal teruggekeer. Hulle is gevang op 'n plaas dertig myl van Heidelberg. Hulle (die eskort) het bevele ontvang om die gevangenes te dwing om deur te gaan. As hulle weier, moes hulle as spioene doodgeskiet word. Ek het hom sy geskrewe instruksies gevra, en hy het my meegedeel dat hulle slegs woordelike bevele ontvang het.

Hy het my gekommandeer om saam met die eskort te gaan, daar ek die pad goed geken het, asook die drif. Ek kon sien dat die manne almal kwaad en opgewonde was, en ek was bang dat hulle die Engelse sou doodskiet en dan die lyke in erdvarkgate steek. Omtrent sononder het ons vertrek, en toe ons by die drif kom, was dit net aan die donker word. Daar was donker wolke en weerlig. Die rivier was kwaai, maar die drif was nog deurgaanbaar. Roelf Nieuwenhuizen se toe aan die Engelse: 'Daar is die drif, en julle moet dadelik deurgaan.' Die oomblik toe hulle in die water ingaan, het ek gesien dat hulle baie baar was in die hanteer van kar en perde. Ek se toe aan komdt. Nieuwenhuizen: 'Laat ek hulle deurneem. Ek kan terugswem deur die seekoeigat. Ek het dit baiemaal gedoen.' Nieuwenhuizen het geweier. Hy se dat ons geen reg het om deur te gaan na die Vrystaat toe nie. Dit sou net moeilikheid veroorsaak.

Ek was jammer vir die Engelse en het gehoop dat hulle teen enige prys oorkant sou kom, want ek het gevrees vir hule lewens as dit nie sou gebeur nie. Nadat hulle 'n paar tree gegaan het, het die perde vasgesteek. Die twee mans het omgekeyk, en ek het na die kant van die water gehardloop en hulle met my geweer gedreig. Hulle het 'n paar tree verder gegaan, toe die perde weer vassteek. Lambert skreeu toe aan die kommandant dat hulle gaan omdraai. Ek hoor toe dat Nieuwenuizen bevel gee om te skiet. Ek meen dat dit sy plan was om die mense bang te maak. Ek sien toe dat die perde stroom-af draai, en die stroom neem die kar na die seekoeigat. Ek het ook geskiet. Ek het my geweer in my regterhand gehou en die skoot somar in die lug afgetrek sonder om die kolf aan my skouer te bring. Voordat die kar verdwyn het, het ek Lambert indie water sien duik. Hy was uitgeklee - alleen in sy onderklere. Ek het Elloit nooit weer gesien nie. Ek het die wit onderhemp van Lambert vir 'n lang tyd gesien toe hy deur die kabbelings swem.

Die volgende dag het 'n klompie Vrystaatse burger op die rivierwal van Frankfort aangekom op soek na die lyk van die offisier. Hulle vind dit toe uitgespeol op 'n eiland. Ek het verneem dat hy gedood is deur 'n koeel in die rug. Ek het die lyk nie self gesien nie. Ek roep God tot getuie dat ek die Engelsman nie geskiet het nie; en ek het nooit na hulle geskiet nie; dat ek vir hulle jammer was en dat ek graag wou sien dat hulle moes deurkom. Later, na die vrede, het ek gehoor dat ons, lede van die eskort, verhoor sou word deur 'n Engelse krygsraad. Ek het my geweer gevat en gese: 'Nee, ek sal nie deur die Engelse verhoor word nie.' As hulle my sou vereker dat ek verhoor sou word deur 'n krygsraad van my eie mense, sou ek oorgee, maar andersins nie. Ek het verneem dat Nieuwenhuizen en die ander verhoor sou word. Ek het die land verlaat. Ek het na Mafeking vertrek en 'n grootwildjagter indaardie dele geword. Dit was in Betsjoeanaland dat ek die tyding gekry het dat Nieuwenhuizen en die ander verhoor en vrygespreek is. Toe wis ek dat dit klaarpraat met my sou wees as hulle my ooit in die hande sou kry. Ek sou die sondebok gemaak word. Maar ek het 'n kontrak met myself gemaak: as ek oor hierdie saak moes sterf, sou ek met die geweer in my hand sterf soos my vader voor my. Na 'n tyd het ek teruggekom na my plaas en familie. My naam het 'n spreekwoord onder die mense geword.

Die eerste nag, met my aankoms, het ek 'n kamer in die hotel op Frankfort gehuur. Ek eht gehoor dat die einaar aan 'n Engelsman in die bar se dat ek Hermanus Lombard was wat 'n Engelse offisier vermoor het. Ek het daardie nag nie geslaap nie. Ek het by die deur wag gehou. Dit was nie enigste nag dat ek ooit ongewapend na bed gegaan het. die volgende dag het ek 'n klein rewolwertjie gekoop en het nooit weer sonder my geweer gereis nie. Ek het geleer om baie min gedurende die nag en te enigertyd gedurende die dag te slaap. Ek het nooit lalnk op dieselfde plek gebly nie, en hierdie dinge het die gewoonte van my alledaagse lewe geword."

Gedurende die vredesonderhandelinge by Laingsnek aan die einde van die eerste Anglo-Boere-Oorlog is 'n spesiale uitsondering op die algemene amnestie deur die Britse Generaal, sir Evelyn Wood, voorgehou: dat die lede van die eskort aan die Republikeinse regering oorhandig moet word om verhoor te word deur die Hoe Hof in Pretoria. Dit is gedoen. Komdt. Gert Nieuwenhuzen, veldkornet Adriaan van Nierkerk en vyf lede van die eskrot het hul verhoor deurstaan en is onskuldig bevind.

Hermanus Lombard, die agtste man van die eskort, het geweier om homself oor te gee. Hy het 'n voorwaarde gemaak dat hy sal oorgee as hy 'n geskrewe belofte ontvang van die Driemanskap dat hy verhoor sal word deur 'n krygsraad van sy eie mense; hy het geweier om deur die 'Engelse Hof' verhoor te word. Hierdie voorwaarde kon nie deur die Regering aanvaar word nie, en Lombard het verdwyn. Na baie jare het heimwee hom teruggedryf na sy familie en plase aan die Vaalrivier. Ook hier het hy die lewe van 'n voelvryverklaarde volgehou. Nooit het hy ongewapend gegaan nie en nooit het hy op een plek langer as 'n paar dae gebly nie.

"Sterk Hermanus", soos hy altyd genoem is, kensketsende sy kragtige liggaamsbou, is baie blond, met 'n bloesende gelaatskleur, en ofskoon sy dik bos hare alreeds grys is, wys dit nog duidelik die skyn van die oorspronklike goudkleur. Hy loop nou 'n weining krom, maar in die fleur van sy jare was hy ses voet hoog, met bree skouers en verbasend ontwikkelde spiere. Die ou man dra sy hoe ouderdom besonder goed. dit word afdoende bewys deur die omstandighede van sy lewe. Hy dwaal voortdurend heeltemal alleen rond in sy kar tusssen Heidelberg en Frankfort, altyd met sy geweer langs hom en sy regterbaadjiesak vol los patrone. Hy deurkruis die rivier in alle vloedstadia, behalwe wanneer hy van die pont by Villiers gebruik maak.

Hy doen dikwels aanhalings uit die Bybel en altyd met merkwaardige gepastheid en nooit dweepagtig nie. Die uitstaande kenmerke van die karakter is, eerstens, ongelooflike hardkoppigheid, selfs in klein sakies, en ten tweede, die wonderbaarlike manier waarop gewoontes so ingewortel is daat hule oenskynlik normale gedragsuitings geword het.

Toe ek met die ou man in die Vrystaat op sy negentigste verjaardag kennis gemaak het, het ek hom twee vrae gestel. Die eerste was of die eskort aangehou skiet het op kapt.Lambert nadat hy in die water ingeduik het. Hy het dit te stelligste ontken. Hy se dat slags een sarsie afgevuur is en die nie eenskoot op Lambert geskiet is so lank hy aan die swem was nie. Hy se dat Lambert se verklaring verkeerd was en waarskynlik die geraas van die water se sterk kabbelings aangehoor het vir koeelslae.

Die tweede vraag was of hy nie dink dat dit beter sou wees om hom nou oor te gee nie. "Jy praat soos 'n kind. staan dit nie geskrywe nie: Oog om oog, ja, alles wat 'n man besit, sal hy gee vir sy lewe."

view all

Hermanus Stefanus Lombard's Timeline

1838
1838
1888
6, 1888
1893
April 10, 1893
1897
May 12, 1897
Orange Free State Boer Republic, South Africa
1930
May 10, 1930
Age 92