JK (Ouboet) van der Merwe

Is your surname van der Merwe?

Research the van der Merwe family

JK (Ouboet) van der Merwe's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About JK (Ouboet) van der Merwe


Jan Karel (Ouboet) is in Ladybrand, Vrystaat gebore op 9 Oktober 1906 as John Carl. Hy trek saam met sy ouers na Suid Rhodesië in 1908, en vestig hulle op die plaas Serene in Headlands. Hulle trek later na die plaas Chinika ook in Headlands.

Daar is groot verwarring met die pos aangesien albei JC was, en Oom Ouboet verander toe sy naam na Jan Karel.

Hy en Oom Isak koop saam die plaas Claremont en die broers boer toe elkeen op hul eie deel van die plaas.

Jan Karel (Ouboet) ontmoet en trou op 11 Julie 1933 met Engela Maria Lombard (gebore op 4 Augustus 1913 in Carolina, Transvaal).

Daar is 4 kinders ('n broer en 3 susters) uit hierdie huwelik gebore. Die oudste Kalie (Jan Karel) is op die ouderdom van 12 in 1946 oorlede aan breinvliesontsteking tydens 'n gesins vakansie by Hot Springs. Die drie susters is Philipina Wilhelmina Bezuidenhout, Cecile Johanna Pienaar en Engela Amalia Joubert.

Oom Ouboet verkoop sy deel van Claremont aan Oom Isak en koop Selous Nek Estate, geleë tussen Mrewa en Mtoko redelik na aan die Nyasaland (Malawi) grens. Hy boer suksesvol met tabak, mielies en beeste.

In 1948 trek Oom Ouboet Salisbury (Harare) toe en woon by Kew Drive 18, Highlands, waarvandaan hy steeds op 'n afstand die bedrywighede op Selous Nek dop gehou en daar geboer, deur gereeld besoek af te lê. Hy koop ook Guernsy plaas naby Salisbury waar hy begin boer het met Afrikaner stoet beeste. Hy het nie net met hierdie beeste by al die verskillende stede geskou nie, hy was ook 'n beoordeelaar en was beskou as een van die grootste kenners van hierdie beesras.

Oom Ouboet was ook een van die stigters van die eerste Afrikaanse koerant in Rhodesië, "Die Volksgenoot", en dien op die Universitas Raad as Voorsitter.

Hulle verkoop die woonhuis in Kew Drive en koop huis op Gun Hill waar hulle 'n geruime gewoon het voor hulle alles verkoop het en Suid-Afrika toe getrek het in 1982.

Tydens hul verblyf in Salisbury vanaf 1948 tot 1982, was Oom Ouboet goed ondersteun deur sy vrou, Engela Maria, en het hy op verskeie besighede se rade gedien, insluitend die Raad van Bothashof (enigste Afrikaanse skool in Rhodesië) wat eers ontstaan het as "Daisy Field", 'n weeshuis naby Bulawayo en verskyf Salisbury toe. Hy was ook vir baie jare Diaken en Ouderling by Salisbury se NG Kerk.

In 1982 verkoop Oom Ouboet alles en trek Kaapstad toe waar hulle in Parow-Noord gevestig het. Vyftien jaar later sterf Oom Ouboet aan 'n beroerte op 3 Oktober 1997, 6 dae voor sy 91ste verjaarsdag. Tannie Engela het daarna vinnig agteruit gegaan en sterf op 14 Maart 1999 op die ouderdom van 86 jaar. Albei was veras en is in Durbanville tot ruste gelê.

view all

JK (Ouboet) van der Merwe's Timeline

1906
October 9, 1906
Ladybrand, Oranje Vrystaat, Suid Afrika
December 20, 1906
NG Kerk, Ladybrand, Oranje Vrystaat
1934
April 25, 1934
Headlands, Southern Rhodesia
1939
February 23, 1939
Headlands, Southern Rhodesia
1997
October 3, 1997
Age 90
Cape Town, Weskaap, Suid Afrika9