Jacob Marthinus Gouws b3c4d1e4f5g2

Is your surname Gouws?

Research the Gouws family

Jacob Marthinus Gouws b3c4d1e4f5g2's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Share

About Jacob Marthinus Gouws b3c4d1e4f5g2

Jacob Marthinus se Zoeloenaam was Madangamane. Hy het aan die Slag van Majuba deelgeneem en aanvanklik ongeveer 16km wes van Amersfoort gewoon voordat hy die plaas Middelpunt, ongeveer 10/20km vanaf Dullstroom aan die Belfast-kant gekoop het vir k900 en daarheen verhuis het. (Transportakte 1883)

Sommige van die besonderhede ten opsigte van Jacob Marthinus se kinders is voorsien deur sy 12de kind Petronella Susanna (1891-1971) wat dit aangeken het op 7 November 1911 op die plaas Middelpunt, Dullstroom. Die ses kinders wat volwasse geword het, het die plaas geerf - elk ongeveer 600 morg.

'n Interresantheid in verband met sy 5de en 7de seuns, Jacob Marthinus (1878/9) en Johannes Petrus (John ook Hans genoem) (1882) is dat hulle gedurende die Engelse Oorlog naby Lakensvlei teen die Engelse geveg het en 'n Lady Roberts-kanon en ietwat ammunisie buitgemaak het. Die ammunisiewa het egter in 'n vlei vasgesit weens die haas aan die operasie verbonde. Die kanon is deur die Boere by T(J)antesberg (na T(J)ante) vernoem) afgegooi, maar die Engelse het die ammunisie weer afgeneem. Jacob Marthinus het die Engelse soldate glo, met die afneem van die kanon "heluit geneuk". Willie Booysen, vriend van oom Ben Gouws (die 6de seun van Jozef Johannes (Oom Roy) Gouws, en later "kolonel", het in die sending belanggestel. Hy was die dag een van die kanonniers en het beweer dat die Boere 'n Long Tom vol dinamiet gepak het, weggejaag het en laat ontplof het om dit nie in Engelse hande te laat beland nie.

Willie Booysen het, nadat hy van St Helena af teruggekom het, sendeling geword en hom die res van sy lewe in die Noordwes Kaap, naby die kus, as sendeling gevestig. Met die vernietiging van die Long Tom of die afneem van die Lady Roberts kanon, het 'n Engelse soldaat glo, toe die Boere weggejaag het, vir Willie geskree: Stop you bloke, I want to shoot you!"

view all 17

Jacob Marthinus Gouws b3c4d1e4f5g2's Timeline

1845
May 29, 1845
1872
April 19, 1872
Age 26
1874
December 11, 1874
Age 29
1876
July 11, 1876
Age 31
July 22, 1876
Age 31
1879
July 19, 1879
Age 34
1880
August 10, 1880
Age 35
1882
July 24, 1882
Age 37
1884
October 22, 1884
Age 39