Jacobus Philippus Moolman, b1c2

Is your surname Moolman?

Connect to 2,352 Moolman profiles on Geni

Jacobus Philippus Moolman, b1c2's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Jacobus Philippus Moolman, b1c2

Jacobus Phillipus Moolman (sr) is gebore 23 November 1783 en is op 28 Augustus 1803 getroud met Judith Margaretha Odendaal. In 1814 het hulle nog op Zolderkraal aan die Breërivier, Swellendam gewoon maar later verhuis hulle na die plase Dieprivier (mond) en Zeekoeirivier in die wyk Gamtoosrivier, Uitenhage. In 1834-35 aangestel as ‘n lid van die Uys verkennings kommissie van vier na Natal, om deur die “kaffer area” te Port Natal te reis in voorbereiding tot die trek. 11 Hy was lid van die Uys trek wat in April 1837 noordwaarts getrek het. In Natal het hy die plase Vaalkop en Rietfontein in die distrik Kliprivier besit.

In April 1838, het Piet Uys en Potgieter probeer wraak neem op die Zulus en ‘n teenaanval geloods. Hulle is verslaan deur die Zulus by Italeni. Hierdie aanval is natuurlik ook meegemaak deur Jacobus Philippus en Petrus Lafras Moolman.

Die feit dat Jacobus Philippus in die laer was by Bloedrivier word bevestig deurdat sy besonderhede verskyn op die naamlys van manskappe in die Bloedrivier Laer op 16 Desember 1838. ‘n Broerskind van hom, Petrus Lafras Moolman, was laerkommendant by die slag van Bloedrivier. 16

Na die slag van Bloedrivier het Jacobus Philippus dan ook die vermoorde Piet Retief se olifantgeweer in Dingane se stat gekry wat buit gemaak is tydens die moord op Piet Retief op 6 Februarie 1838. 17

11. http://www.groottrek.co.za/uys_01.htm

16. www.south-african-tours-and-travel.com/great trek

17. www.pmbhistory.co.za/?showcontent&global

DIE MOOLMANS IN DIE ANGLO BOERE OORLOG 1899 tot 1903

Hoewel die detail nog nie gevind kon word nie, is daar tog sterk aanduidings dat die Moolmans ook betrokke was by die Anglo Boere Oorlog. Volgens die aangehegte dokumente is Jacobus Philippus Moolman op 1 Augustus 1901 in die Landros hof op Entonjeni skuldig bevind aan

hoogverraad en tot ‘n boete van 20 pond of 6 maande gevangenisstraf gevonnis. Hy is ook ‘n

vorige keer op 16 Januarie 1901 skuldig bevind aan hoogverraad en in die Landroshof te Newcastle tot ses maande gevangenisstraf gevonnis. Die klagstaat het gelui dat hy in Desember 1899 by die boere aangesluit het. Op 5 Desember 1899 vertrek hy saam met die Newcastle Kommando om diens te gaan doen op die Zululandse grens.21

21. Appendix A: Details of the Natal Afrikaners convicted of high treason during the anglo boer war.

view all 13

Jacobus Philippus Moolman, b1c2's Timeline

1783
November 23, 1783
Cape Town, Cape Town, Western Cape, South Africa
November 23, 1783
Stellenbosch, Cape Winelands, Western Cape, South Africa
1804
September 2, 1804
1806
December 25, 1806
1809
August 6, 1809
Stellenbosch, Breede River DC, Western Cape, South Africa
1811
October 6, 1811
1814
April 2, 1814
Uitenhage, Port Elizabeth, Eastern Cape, South Africa
1816
1816
1819
April 30, 1819
Uitenhage, Port Elizabeth, Eastern Cape, South Africa
1822
October 10, 1822