Commissioner Jan Eloff

Is your surname Eloff?

Research the Eloff family

Commissioner Jan Eloff's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Commissioner Jan Eloff

Also Known As: "Ryk Jan Eloff"
Birthdate:
Birthplace: Cape Town, Cape Town, Western Cape, South Africa
Death: July 10, 1939 (79)
Pretoria, Pretoria, Gauteng, South Africa
Immediate Family:

Son of Kmdt-Genl Sarel Johannes Eloff, b1c3d2 and Susanna Cornelia Jacobsz
Husband of Catharina Cornelia Eloff, a2b3
Father of Leo de Ridder Eloff; Johan Sarel Eloff; Sarel Johannes Eloff and Martha Maria de Ridder
Brother of Susara Maria Eloff, b1c3d2e1; Martha Catharina Du Plessis, b1c3d2e2; Private Secretary Frederik Christoffel Eloff; Susanna Catharina Cornelia Kruger, b1c3d2e4; Michiel Christiaan Eloff, b1c3d2e5 and 4 others

Occupation: Mining commissioner of the ZAR-Transvaal
DvN: b1c3d2e7
Managed by: J Herman Potgieter
Last Updated:

About Commissioner Jan Eloff


Jan Eloff (plaas Waterkloof, distrik Rustenburg, Transvaal, 19 Julie 1859 – Pretoria, Unie van Suid-Afrika, 10 Julie 1939) was die tweede mynkommissaris van Johannesburg en die man na wie Eloffstraat genoem is, die eerste straat wat met die opmeting van die stad ’n naam gekry het. Mettertyd is 12 strate in die groter Johannesburgse gebied na hom genoem. Hy was ook een van die getroue steunpilare van Pres. Paul Kruger.

Eloff was die sewende van die 10 kinders van Sarel Johannes Eloff, kommandant van Rustenburg van 1864 tot 1889, en sy vrou, Susanna Cornelia Jacobsz, en 'n jonger broer van F.C. (Ryk Freek) Eloff, skoonseun van Pres. Paul Kruger deur sy huwelik met Paul en Gezina Kruger se dogter Elsie.

Jan Eloff ontvang sy eerste onderwys tuis op sy geboorteplaas van 'n privaat onderwyser en besoek later die skool van die Hermannsburgse Sendinggenootskap op die plaas Morgenzon naby Rustenburg. Van jongs af lewer hy al bewys van besondere ondernemingsgees. Op 20-jarige leeftyd het die groot wêreld ingetrek en besluit om handelaar te word. Op Graaff-Reinet het hy waens gekoop en daarmee na Transvaal teruggekeer, waar hy hulle teen 'n redelike wins van die hand gesit het. As jongman dien hy in die Eerste Vryheidsoorlog (1880-’81) onder sy vader, een van die kommandante van die ZAR en vir ’n ruk waarnemende kommandant-generaal van Transvaal.

Ná die vrede word Jan Eloff klerk in die kantoor van die staatsprokureur in Pretoria. Hy vergesel die derde deputasie (volgens prof. P.J. Nienaber die Tweede Vryheidsdeputasie) na Europa (1883-’84) as privaat sekretaris van pres. Kruger en kry die geleentheid om Brittanje en nog talle Wes-Europese state te besoek. Die ander lede van hierdie sending was ds. S.J. du Toit (Totius se vader) en genl. Nicolaas Smit. In 1884 word hy benoem tot eerste siviele kommissaris van die republiek in Pretoria en doen in dié hoedanigheid regstreekse kennis op van die gebeurtenisse insake die goudontdekking en van die ontplooiing van die Witwatersrandse goudveld. In September 1886 het hy openbare aanklaer en klerk van kaptein Carl von Brandis in Johannesburg geword en Von Brandis in November opgevolg as mynkommissaris van die goudveld.

In 1886 was Eloff reeds voorsitter van die Delwerskomitee wat uit sewe lede bestaan en toe die Delwerskomitee in 1887 deur 'n Gesondheidsraad vervang word, was hy een van sewe lede. Die Gesondheidsraad het in beheer van plaaslike sake gebly tot die instelling van die eerste stadsraad in 1897. Op 2 November 1889 het hy die hoeksteen gelê van die tweede gebou wat die Johannesburgse Beurs huisves het. Eloff het mynkommissaris gebly tot einde Desember 1892 en so intiem gemoeid geraak met die ontstaan en groei van Johannesburg en van die vroeë ontwikkeling van die Witwatersrandse goudveld. Met die uitmeet van Johannesburg deur landmeter Josias de Villiers is die eerste straat na Eloffstraat genoem. Oor die naam Eloffstraat het hy later self verklaar: “Die landmeter van die stad was Willem de Villiers (volgens Nienaber het bedoel Josias de Villiers). Destyds was alles nog in 'n warboel en een dag toe De Villier sy eerste straat klaar opgemeet het, het hy in ons tent (opgeslaan op die plek waar die huidige stadsbiblioteek staan) en, terwyl hy die plan op 'n leë whiskey-kis, ons tafel, neersit, sê hy: ‘Jan, ek het jou naam op hierdie kaart neergeskrywe sodat ek nie deurmekaar kan raak met die standplase nie.’ Op die wyse is my naam aan die eerste straat van Johannesburg gegee.”

Ná sy verblyf in Johannesburg het Eloff hom in die distrik Standerton op die boerdery toegelê. In 1897 het hy met sy gesin na Switserland en Duitsland vetrek, maar ná skaars 'n jaar met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog (1899-’1902) na die republiek teruggekeer om hom by die Rustenburgse kommando aan te sluit. Ná die vredesluiting op 31 Mei 1902 het hy hom as boer gevestig op sy geboorteplaas, Waterkloof, waar hy vir hom 'n huis soos 'n kasteel laat bou het. In 1912 het hy met sy gesin weer na Switserland vetrek, waar hulle tydens die Eerste Wêreldoorlog (1914–’18) vasgekeer is. In 1919 kom hy terug om hom vir goed in Pretoria te vestig, waar hy sy oudag geslyt het.

Jan Eloff is in 1888 getroud met Catharina Cornelia de Ridder, dogter van ds. Johannes de Ridder van die Gereformeerde kerk Rustenburg, wie se kleinseun die Gereformeerde argitek Johan de Ridder onder meer Rustenburg se huidige Dopperkerk ontwerp het. Uit dié huwelik is drie seuns en twee dogters gebore.

Bron: https://af.wikipedia.org/wiki/Jan_Eloff


view all

Commissioner Jan Eloff's Timeline

1859
July 19, 1859
Cape Town, Cape Town, Western Cape, South Africa
1889
July 4, 1889
1890
August 1, 1890
1891
October 20, 1891
1896
April 15, 1896
1939
July 10, 1939
Age 79
Pretoria, Pretoria, Gauteng, South Africa
????