Jan Hermann Pottgeter/Potgieter

Is your surname Potrgeter?

Research the Potrgeter family

Jan Hermann Pottgeter/Potgieter's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Jan Hermann Potgieter (Potrgeter)

Also Known As: "Johannes", "Ossenjan", "Kettel Johan", "Nesen"
Birthdate:
Birthplace: Nordhorn, NDS, Germany
Death: 1635 (29-30)
Germany
Immediate Family:

Son of Hermann Nesen Potgeter/Potgieter and Tryne Arents
Brother of Hermann Potgeter/Potgieter; Gert Potgeter/Potgieter; Jan 'Ossenjan' Potgieter and Essen Lambert Pottgeter/Potgieter

Managed by: Megan Harris
Last Updated:

About Jan Hermann Pottgeter/Potgieter

Sien die volgende van https://www.wikitree.com/wiki/Nesen-1

Die Potgieter-voorouers is deur Patrick van Griethuisen en Dr Ludwich Edel nagevors en teruggevolg tot by Bernd Potgeiter wat trou met 'n dogter van Heinrich Keteler. Hy kom van Essen, op die Ruhr, na Nordhorn wat in die Graafskap van Bentheim, Duitsland geleë is. In 1546 is sy naam in die Burgerboek daar ingeskryf en in 1577 word hy nog daar in 'n akte genoem. Sy skoonpa, Hynrich Keteler, of ook Kettel Hinrik genoem, woon omstreeks 1500 tot 1537 in Ossenhoek.

Dr Jordaan Potgieter volg die Potgieter naam selfs verder terug in sy navorsing tot by Hermann (1463), sy seun Gerhard (1493) en kleinseun Diederik (1541). Diederik sou dan ook die vader van Berndt hierbo wees.
Essen (in Duitsland) is tot vandag toe nog beroemd vir die Ysterwerke en was in daardie tyd ook reeds baie bekend vir die pot- en ketelgieters wat daarvandaan kom. Dit gee waarskynlik vir ons 'n goeie leidraad na die oorsprong van die van Potgieter.

Barend het sover bekend 3 kinders gehad. Kettel Hinrich Potgeter, of ook Kettelhinrich genoem, wat trou met Fenne Hillerinck wat van Hesepe kom. Na wat bekend is het hulle geen nageslag gehad nie. Sy tweede seun was Kettel Hermann Potgeter. Hulle enigste bekende dogter was Kettel Grete Potgeter wat getrou het met Albert Rolowes.

Kettel Hermann Potgeter, of ook Kettelhermann genoem, was getroud met Agnese Scholten, 'n dogter van Scholten von Bimolten, wat van Bimolten afkomstig is. Hulle woon op Ossenhoek, maar in die oorlogtyd woon hulle by sy stiefouers by die Scholten-boerdery. Agnese was ook Nese of Gese genoem. Slegs een kind uit hierdie huwelik Nesen Hermann Pottgeter wat in ongeveer in 1590 gebore is, is bekend.

Hermann Pottgeter, hy word ook genoem Nesen Hermann, waarskynlik so vernoem na sy moeder, Nese (Agnese). Hermann is in ongeveer 1590 gebore en in 1667 word sy naam in Nordhorn aangetref as Hermann Pottgeter, burgermeester van Nordhorn. Hy het reeds voor die dertigjarige oorlog getrou met Tryne, die stiefdogter van Gerdt Arents. Hermann was ook lid van die Nordhorn skoenmakersgulde. Hulle het vier kinders gehad: Nesen Lambert Potgieter, wat die eienaar van 'n stuk grond in Pottkamp, Adeldorf was; Gert Potgeter, wat die eienaar van die "Faberhaus" in Schuttorf was; Hermann Pottgeiter, wat in 1648 trou met 'n dogter van Swenne von Lodden en Jan Potgieter.

Jan (of Johannes) Potgieter was gebore in Nordhorn, Wesfalen, Duitsland en trou in 1634 met Schwerne Lodden, die dogter van Swenne von Lodden van Frensdorf. Sy was ook in Nordhorn gebore in 1610. Jan was ook genoem Ossenjan of Kettel Johan. Ons stamvader Harmen Jansz Potgieter wat in 1635 in Nordhorn gebore is, was die enigste seun uit hierdie huwelik.

Harmen Janz was die seun van Jan Potgieter (gebore 1605) van Nordhorn, Duitsland, en Schwerne Lodden (gebore 1610), van Frensdorf, Duitsland. In 1670 verhuis Harmen na Amsterdam en tree daar in diens van die VOC as soldaat en kom na die Kaap van Goeie Hoop, waar hy met Isabella Fredericks (of Beeltjie), die weduwee van Claas Vechtman, trou. Hulle het 8 kinders gehad, wat een seun van Isabella se vorige huwelik insluit. Later verlaat hy die diens van die VOC en word vry-smit.

Noordhoorn is geleë in die Groningen provinsie, suid-wes van die stad Groningen. Die Potgieterfamilie het daar op 'n plaas gewoon met die families Steyn en Prinsloo as bure. Harmen was dan ook 'n lewenslange vriend van Douw Gerbrand Steyn. Sy dogter, Maria het later met Jacobus Steyn, die aangenome seun van Douw getrou en so die stammoeder van die Steyns in Suid-Afrika geword. Hy was een van die eerste bewoners van die nuwe nedersetting by die Eersterivier (Stellebosch), waar hy sy ambag as smit beoefen. Hy word deur De Wet gelys as smit 1674-1705. (de Wet GC, Die vryliede en vryswartes in die Kaapse nedersetting, p. 68). In 1688 het hy sy smitswinkel aan Lourens Verbrugge oorgedra vir die helfte van die wins (p. 107, verw 1STB 18/152 kontrak 1.12.1687).

Sources / Bronne:

  • Patrick van Griethuisen. - Stellenbosch - Drie eeue, geredigeer en saamgestel deur F Smith, Stadsraad van

Stellenbosch (1979), ISBN 0 620 03910-8. Artikel deur AM Hofmeyer.

  • Hugo AM, Die Kerk van Stellenbosch 1686-1963 (Tafelberg 1963)
  • Dr Carl Potgieter, Kommandant-general AH Potgieter
  • Die Swardt Joernaal No 2, 30 Junie 1999 (Eric Swardt familiebond)
  • (Die Potgieter familie in SA p12 -14) He was married to Isabella FREDERICKS on 8 May 1672 in Swellendam, Wes-Kaap.
  • {geni:about_me}
view all

Jan Hermann Pottgeter/Potgieter's Timeline

1605
1605
Nordhorn, NDS, Germany
1635
1635
Age 30
Germany