Kmdt. Johan Adam Enslin

How are you related to Kmdt. Johan Adam Enslin?

Connect to the World Family Tree to find out

Kmdt. Johan Adam Enslin's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Kmdt. Johan Adam Enslin

Hy was die leier van die sg. Jerusalemgangers.

Daniël Jacobs berig op SAGen en Buiteposten:

In "Die Jerusalemgangers, met besondere verwysing na JA Enslin" maak prof. JP Claassen, met verwysing na Jan Enslin, die volgende opmerking: "Rondom hierdie man en sy geesgenote ontvou die vreemde verhaal van ’n aantal mense wat ’n plan opgevat het om oor Afrika te trek tot by Jerusalem. Hulle was vas oortuig dat die gevaarvolle reis oor die berge en vlaktes van die donker onbekende Afrika hulle sou bring by die glansende velde en ligtende hemel van Jerusalem. So sou hulle dan Jerusalem, die hervormde Paradys, vir hulleself en hulle nageslag verseker."

Dr. William Robertson, predikant van Swellendam, het hierdie begeerte om na verafgeleë plekke te trek ook vroeër by o.a. die De Beers in die wyk Swartberg teëgekom. Enslin en verskeie van sy volgelinge het familiebande met hierdie mense gehad... Afgesien van die geestelike dryfvere het Enslin ook gemeen dat so ’n trek na Jerusalem hom en sy volgelinge van Engelse oorheersing en die voortdurende konflik met die swartes sou bevry.

Enslin het in 1837 die kolonie as Voortrekker verlaat en was in 1838 in Natal. Hy het hom later in die Winburg-omgewing gevestig en in 1848 was hy een van die kommandante by die Slag van Boomplaats. Ná die Boere se nederlaag het hy hom in Marico gevestig op sy plaas wat hy Meseg genoem het. Die plaas se naam is ontleen aan Psalm 120 vers 5, een van die bedevaartsliedere wat ’n Israeliet op sy reis na Jerusalem gesing het.

Enslin was in voortdurende konflik met sy mede-burgers. Hy het o.m. na aanleiding van Openbaring 12:3--4 gesê hy sien hoe Andries Wessel Pretorius deel uitmaak van die sterre of engele wat deur Satan in sy uiteindelike val meegsleur word. Dr. Andrew Murray het ná Enslin se dood in 1852 verskeie deputasies na die groep gelei. In ’n stadium wou sommige van Enslin se volgelinge selfs vir dr. Murray stenig omdat hulle hom as in diens van die Antichris” (Engeland) beskou het.

Terwyl hulle besig was met voorbereidings vir die tog na Jerusalem, het ’n malaria-epidemie in die somer van 1851--1852 die lewens van verskeie lede van die groep, waaronder ook dié van Jan Enslin, geëis. Van sy volgelinge het nou ter wille van selfbehoud uit die Marico gevlug en in die Waterberg-distrik aangekom waar hulle die breë biesie-omsoomde rivier die Nyl genoem het en die dorpie Nylstroom tot stand gebring het.

Bronne:

Claassen, J.P. : Die Jerusalemgangers, met besondere verwysing na JA Enslin, Pietersburg, 1981



Bekend as Kommandant Jan. Trek met voortrekkers deur Natal, vesting in Winburg en later Marico


https://af.wikipedia.org/wiki/Jerusalemgangers

https://af.wikipedia.org/wiki/Johan_Enslin

A farmer and commander-in-chief. He is best remembered as the leader of the Jerusalemites , an eccentric sect or grouping among the Voortrekkers in the Transvaal , sometimes described as fanatical and fanatical, with peculiar views that consisted of a strange mixture of political and religious beliefs.

In 1846 Enslin was elected Commandant-General and participated in Battle of Boomplaats on 29 August 1848.

view all 16

Kmdt. Johan Adam Enslin's Timeline

1800
June 12, 1800
Cradock, Stormberg District, Eastern Cape, South Africa
1826
January 2, 1826
Cradock, Stormberg District, Eastern Cape, South Africa
1827
September 22, 1827
Somerset East, Western District, EC, South Africa
1829
November 6, 1829
Somerset East, Western District, EC, South Africa
1831
May 24, 1831
Cradock, Stormberg District, Eastern Cape, South Africa
1833
January 2, 1833
WC, South Africa
1834
June 24, 1834
Potchefstroom, Southern DC, North West, South Africa
1836
May 25, 1836
1838
June 9, 1838