Johan Coenraad Steyl

Is your surname Steyl?

Connect to 766 Steyl profiles on Geni

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Johannes Coenraad Steyl

Birthdate:
Birthplace: Cape Colony, South Africa
Death: December 28, 1829 (49)
George, Kaapkolonie, Suid Afrika
Immediate Family:

Son of Johannes Steyl, SV/PROG and Maria Christina Muller, b2 SM/PROG
Husband of Elsje Steyl and Susanna Elisabeth Steyl (Coetzee)
Father of Susanna Elizabeth Maria Steyl, b1c1; Hendrika Johanna Steyl, b1c2; Maria Catharina Elisabeth Stander, b1c3; Johannes Coenraad Steyl, b1c4; Susanna Elizabeth Meyer, b1c5 and 17 others
Brother of Johannes Lodewyk Douw Steyl, b2; Dorothea Maria Steyl, b3; Maria Hermina Buchner (formerly Schnetler), b4 SM; Susanna Elizabeth Steyl; Amerenthia Jacoba Steyl Bredenhann, B6 and 7 others

Managed by: Brett Evan Smith
Last Updated:

About Johan Coenraad Steyl

Johannes Coenraad Steyl was die eerste kind van Johannes Steyl en is gebore in 20 Feb 1780, vyf jaar nadat Johannes in Suid-Afrika aangekom het.

In Johan Maree Steyl se stamboek word daar getoon dat Johannes Coenraad Steyl met Petronella Cornelia Scheffer getroud was en al wat oor hulle nageslag bekend is, is dat hulle twee seuns gehad het nl Johan Martinus (1802) en Petrus Wilhelm (1804). Die inligting word bevestig uit De Villiers en Pama se Geslagregisters van ou Kaapse Families. Ek dink hierdie inligting is moontlik foutief. Doopregisterrekords toon aan dat Petronella Cornelia Schoffer (ek dink dit moet Scheffer wees) getroud was met ‘n Johan Conrad Stijn. en dat hulle in 1802 ‘n seun P Wilhelm gedoop het. In 1804 toon die doop rekords dat Petronella Sophia Scheffer saam met ‘n Johan Coenraad Angus Jurgens vir Petrus Wilhelm Jurgens doop. Die twee vrouens wat laat doop het is duidelik nie dieselfde persone nie. Al wat in ooreenstemming is, is dat hulle mans se name Johan Conrad of Coenraad was. Ek dink die name het aanleiding tot verwarring gegee en in my opinie is hierdie gedeelte van die oorspronklike stamboek nie korrek nie.

Volume 12 van die Suid-Afrikaanse Geslagregisters toon dat Johannes Coenraad Steyl met Susanna Elizabeth Coetzee in 1807 in Swellendam getrou het. Hulle het 12 kinders gehad. 8 dogters en 4 seuns wat tussen 1808 en 1828 gebore is. Die eeste drie kinders is dogters en ek weet nie of die eerste dogter getroud is nie. Die tweede en derde dogters trou beide met broers van die Stander familie. Die 4de kind is ‘n seun en trou met ‘n Boshoff. Haar ouers is Hendrik Louis Boshoff en Magdalena Hendrina Stander. Die agste. Negende en tiende kinders, almal dogters trou almal met Boshoff broers van dieselfde familie. Die Steyl, Stander en Boshoff families moes dus baie noue kontak gehad het. Heelwat van hierdie mense se beroep word aangedui as bosbouers en hulle het dalk in issolasie gewoon en min kontak met ander families gehad.

Johannes Coenraad Steyl (b1) se 4de kind is ‘n seun en hy kry sy pa se name. Hy het 4 kinders waarvan die laaste ‘n seun is. Hy is gedoop Hendrik Louis Boshoff Steyl en is in 1850 in George gedoop. Ek het geen inligting oor sy nageslag nie.

Die 6de kind is in 1817 in George gedoop as Jacobus Hendrik Steyl. Ek het geen verdure inligting oor hom nie.

Die 7de kind is weer ‘n seun en hy word in1819 op George gedoop as Jan Christiaan Steyl. Hy trou met Margaretha Oosthuizen en hulle het twee seuns en ‘n dogter. Hulle eerste seun word Coenraad Johannes Steyl gedoop en hy leef vanaf 1856 tot 1900. Johannes trou met Clara Thorpe wat veroorsaak dat sy nageslag verengels. Hy en Clara het 11 kinders, 4 seuns en 7 dogters. Die seuns se name is John Melton, James Henry en William Henry Steyl. Hierdie Steyls is omtrent almal op George gedoop en het in die Kaap gebly, maw hulle was nie deel van die 1830 trek nie. Interessant genoeg is John Melton Steyl se eerste seun in 1907 gedoop as Cecil John Steyl, Cecil John Rhodes het geleef in 1853 tot 1902. Geen van Coenraad Johannes Steyl en Clara Thorpe se kinders dra familiename nie.

Soos sy broer trou Jan Christiaan Steyl se tweede seun, Jacobus Johannes Steyl met ‘n Engelse vrou, Hester Jemima Jackson. Hester se pa is Richard Henry Jackson en haar ma Cecillia Elizabeth de Vos en ek neem aan dit is hoekom Jacobus Johannes se familie nie heeltemal verengels het nie. Hulle het vier seuns, Richard John, Coenraad Johannes, James en Daniël Frederick Steyl. James Steyl is gebore in 1895 in Port Elizabeth en hy sneuwel in Kondoa Irangi in Tanzanië in Oos-Afrika tydens die Eeerste Wereldoorlog. (http://en.wikipedia.org/wiki/Battle_of_Kondoa_Irangi)

Johannes Coenraad (b1) se laaste kind is ‘n seun wat in 1828 gebore is en as Jacobus Hendrik Martinus Steyl gedoop. Hy trou met Johanna Hendriena Boshof en hulle het 14 kinders, 9 dogters en 5 seuns. Van die dogters trou weer met Standers. Die seuns word gedoop Johannes Coenraad, Hendrik Louis, Jacobus Hendrik, Jan Christiaan en Barend Frederick Steyl. Volgens my informasie is al hierdie kinders in George gebore en in die omgewing begrawe.

Dit is opvallend dat Johannes Coenraad (b1) se nageslag meestal in George of Kaapstad gebly het. In 1793, 13 jaar later word Johannes Coenraad se 3de broer, Johannes Christiaan Steyl gebore. Hy het hom op die plaas Wegwysersrivier in die Riversdal distrik gevestig. Sy nageslag het tussen Prince Albert en Laingsburg geboer. Slegs een van sy kinders dra die naam Coenraad Johannes Jacob Steyl wat dalk ‘n vernoeming kan wees na Johannes Coenraad Steyl(b1). In die geval van Johannes Coenraad Steyl(b1) se nageslag is daar geen seun wie se name Lodewyk of Douw is en dit is vir my ‘n aanduiding dat die broers (b1 en b7) nie veel kontak met mekaar gehad het nie. Laastens weet ons dat die tweede broer as Johannes Lodewyk Douw Steyl (b2) gedoop is. Ek het geen rekord aangaande hierdie broer se nageslag nie maar weereens is geen van die oudste broer se kinders vernoem na sy tweede broer nie.

Tov Johannes Coenraad Steyl is al my informasie bekom uit die Suid-Afrikaanse Geslagregisters. Ek het nog geen lewendige afstammelinge van die oudste seun gekry nie maar ek weet daar is heelwat Engelse Steyl’s in die Kaap en hoop om een te kry wat die boom sal voltooi.


1780 = Baptism of Johannes Coenraad Steyl = URL link: https://familysearch.org/ark:/61903/1:1:VRLS-NJM
1807 = NGK Swellendam Marriage Register: Marriage to Susanna Elizabeth COETZEE = URL link: https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSK6-79XZ-8
1810 = Baptism of Hendrica Johanna STEYL = URL link: https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSK6-CS1D-Y
1849 = Death notice for Maria Christina Steyl (born MULLER) = URL link: https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSQX-MSKG-X

view all 27

Johan Coenraad Steyl's Timeline

1780
February 20, 1780
December 28, 1780
Cape Colony, South Africa
1808
June 27, 1808
Swellendam, Overberg DC, Western Cape, South Africa
1810
April 20, 1810
Swellendam, Overberg District Municipality, WC, South Africa
April 20, 1810
Swellendam, Cape Province, South Africa
1812
March 27, 1812
Swellendam, Cape Colony, South Africa
March 27, 1812
Swellendam, Overberg District Municipality, WC, South Africa
1814
January 6, 1814
Swellendam, Overberg , Kaapkolonie, Suid Afrika
January 6, 1814
Swellendam, Overberg District Municipality, WC, South Africa