Johannes Hendrik Bekker

Is your surname Bekker?

Connect to 5,801 Bekker profiles on Geni

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Johannes Hendrik Bekker

Also Known As: "Hendrik Johannes Bekker", "Johannes Hendrik"
Birthdate:
Birthplace: Farm "Vaartwel", Swellendam district, Klein Karoo, Cape Colony, South Africa
Death: December 14, 1902 (96)
Greater Lydenburg district, Mpumalanga, South Africa
Place of Burial: Kliprivier 73JT, Steenkampsberg
Immediate Family:

Son of Jan Andries Becker and Maria Christina Bekker (Muller/Mulder)
Husband of Elizabeth Francina Bekker
Father of Andries Johannes Bekker, b5c1; Jozua Bekker; Maria Elizabeth Joubert; Maria Christina Steenkamp; Elizabeth Francina Kruger, c1 and 3 others
Brother of Andries Johannes Bekker, b1; Johannes George Bekker, b2; Theunis Johannes (Jan) Bekker, b3; Sibella Maria Elizabeth Kuun, b4 and Jan Janse Lourens Bekker, b6

DVN: b5
Managed by: Private User
Last Updated:

About Johannes Hendrik Bekker

In the NGK Swellendam Church Records (i.e. Marriage Register, as well as in the Baptism Registers in respect of his children), he is documented as 'Hendrik Johannes Bekker

Source: https://altathegenealogist.org.za/


GEDCOM Note

http://altathegenealogist.org.za/individual-surnames-family-lines/b...

Hendrik Johannes Bekker (1806 – 1902)

1. Sy kinderjare

Hendrik Johannes Bekker is op 9 September 1806 in Swellendam distrik gebore. Sy ouers, Jan Andries Becker (1775 – 1809) en Maria Christina Muller/Mulder (1774 – ?), was boere op die plaas Vaartwel in die Klein-Karoo aan die voetheuwels van die Zwarte Berg (nou bekend as die Groot-Swartberge) in die Swellendam distrik van die Britse Kaapkolonie. Hy het een suster en vier broers gehad.1-7 Volgens familie-oorlewering is hy "Hendrieck" genoem 8 – waarskynlik weens sy Deense vader se aksent en die aanvanklike invloed daarvan op die uitspraak van sy naam. Omdat die plase in die distrikte ver van mekaar geleë was, is hulle skoolopvoeding waarskynlik deur hul ouers behartig met die Bybel as die hoofsaaklikste bron vir instruksie. Toegang tot boeke oor diverse temas wat ook as leermateriaal gebruik kon word, was uiters beperk.9

NOTA: Hy is in sy vader se boeldeldokumente aangeteken as Johannes Hendrik Bekker, 3 jaar oud.3 1

2. Sy vrou

Die 25-jarige Hendrik het op 6 November 1831 in die Swellendamse gemeente van die Kaapse Gereformeerde Kerk – later bekend as Nederduits Gereformeerde Kerk (NGK) Swellendam – met die 19-jarige Elizabeth Francina Joubert in die huwelik getree. Hendrik se vrou was ook sy skoonsuster want sy oudste broer, Andries, het reeds vyf jaar tevore op 7 Mei 1826 met Maria Cornelia Joubert (1809 – 1901), Elizabeth se ouer suster, in die huwelik getree.2,10-12 Ten tye van Hendrik en Elizabeth se huweliksbevestiging was ds. Cornelis Mol die predikant wat die gemeente bedien het vanaf 1823 tot 1832.12-14 Hy het ds. Johann Heinrich von Manger opgevolg wat die eerste Gereformeerde kerkgemeente in Swellendam op 3 Mei 1798 gestig het; en dit eers 53 jaar nadat die dorp Swellendam tot stand gekom het.13,15 Voordat daar 'n amptelike gemeente met 'n sentrale kerkgebou was, is kerkdienste in die Drosdy gehou deur sieketroosters. Die eerste kerkgebou was 'n rietdak-kruiskerk wat in 1802 voltooi is. Die preekstoel in die kerk was van stink- en geelhout met panele van kasuarishout-finering, en is deur die bouheer, Christoffel Knoets gemaak. In hierdie kerkgebou het Hendrik en Elizabeth drie van hul kinders laat doop en nagmaal kom vier. Hierdie gebou is eers later in 1875 uitgebou en vergroot.13

Elizabeth was die vierde dogter (sewende kind) van Josua Joubert (˜16 Mei 1773 – ca 1827) en Maria Elizabeth van Tonder (˜13 Junie 1779 – 8 April 1849, Swellendam). Sy is gebore op 1 Junie 1817 en gedoop op 5 Julie 1818 in die NGK Swellendam. Haar broers en susters was Elizabeth Johanna (˜26 Augustus 1779), Gideon Jacobus (*19 Februarie 1803, ˜17 Junie 1804), Andries Johannes (*18 November 1804, ˜1 Desember 1805, †5 Julie 1852), Margaretha Elizabeth (˜5 April 1807 – 4 Februarie 1860, Ohrigstad), Maria Cornelia (*3 Januarie 1809, ˜ 5 Februarie 1809, †25 November 1901, Fraserburg, Britse Kaapkolonie), Jozua jnr. (*25 Januarie 1813, ˜27 Augustus 1814, †1882, Natal) en Cornelia Johanna (*12 Augustus 1819, ˜2 April 1820).10,11,16

Haar vader, Josua Joubert was die agterkleinseun van Pierre Jaubert (25 Mei 1663, La Motte d'Aigues, Provence, Frankryk – 30 Januarie 1732, Drakenstein) wat na die Kaap de Goede Hoop gekom het as Franse Hugenoot.10,11,17,18 Pierre het in Tafelbaai gearriveer op 4 Augustus 1688 met die skip China en het die stamvader van die Joubert-familie in Suid-Afrika geword. Hy het uiteindelik 'n prominente grondeienaar en suksesvolle wynboer in die Franschoek – en Stellenbosch omgewing geword, en het verskeie plase, o.a. La Motte, La Provence, La Roque, L'Ormarins en Bellingham, besit. Pierre Jaubert het ook geboer op die plaas De Plaisante in Het Land van Waveren (later herdoop na Tulbagh).2,10,11,17,19-22Elizabeth Joubert het op die plaas Het Goed Geloof (Goedgeloof) opgegroei waar haar vader geboer het.10,16 Hierdie plaas is geleë naby Kogmanskloof, 'n manjefieke poort in die Langeberge, ongeveer 180 km vanaf Kaapstad – ligging van Goedgeloof is tussen die hedengaadse dorpe Barrydale en Montagu (eers bekend as Agter Kogmanskloof).4,6,23 Elizabeth en Hendrik Bekker, wie se geboorteplaas ongeveer 80 km noord-oos van Het Goed Geloof was, het waarskynlik deur vriende of by 'n kerkbyeenkoms ontmoet.

Van Elizabeth se broers, ooms en neefs sou later met hul families aan die Groot Trek deelneem deur óf saam met die trekleiers Andries Hendrik Potgieter (19 Desember 1782 – 16 Desember 1852) of Pieter Mauritz "Piet" Retief (12 November 1780 – 6 Februarie 1838) tussen 1836 en 1837 te vertrek uit die Kolonie óf later in die vroeë 1840's as 'n familietrek die gebaande weë die binneland in, aandurf.9,15,24-28

3. Sy beroep

Hendrik Bekker was 'n trekboer, wat deur die loop van sy lewe uiteindelik sowat 1500 km saam met sy gesin afgelê het op soek na 'n beter lewe dieper die ongetemde binneland in.12,29,30 Die beweegredes vir sy besluit om die langpad te vat met die stadige, stampende ossewa – die algemeenste vervoermiddel van daardie tyd – weg uit die gevestigde Swellendam distrik na die spreekwoordelike Beloofde Land toe, is nie bekend nie. Dis heel waarskynlik dat Hendrik Bekker homself begin vereenselwig het met die sterk gevoel van marganilisering van die grensboere deur die Britse administrasie aan die Kaap en die ontwikkelende bewustheid van 'n nasionale missie met 'n behoefte vir 'n eie onafhanklike, self-regerende republiek wat onder hierdie boere posgevat het. Die politieke en ekonomiese druk op die grensboere sowel as die miskenning van hul griewe deur die Briste regering, het hierdie onafwendbare uittog tot gevolg gehad. Veelvuldige droogtes, peste en sprinkaanplae, voortslepende verlies of beskadiging van eiendom weens aanvalle deur inboorlinge, te min grond en gevolgik verhoogde grondpryse, skerp toename in inkomstebelasting, die daadwerklike verengelsing van die Kaapse staatskantore (Hollands is as voertaal afgeskaf), die NG Kerk (Skotse predikante is aangestel) en Boere gemeenskappe (Britse immigrante is van plase voorsien in die grensdistrikte), asook die antagonisme van Britse sendelinge en 'n ernstige tekort aan plaasarbeid weens die afskaffing van slawerny was alles griewe wat deur die grensboere geopper is. Die inwoners van die Swellendamse distrik het in 'n meer stabiele en veilige omgewing gewoon en was nie blootgestel aan die peste en droogtes kenmerkend van die grensdistrikte nie. Andersyds was die impak van verhoogde belasting, die afskaffing van die leningsplaasstelsel en gepaardgaande implimentering van die nuwe erfpagverhuringsisteem, so wel as die verengelsing van die Kaap egter genoegsame motivering vir menige burgers, insluitend Hendrik Bekker, om op te pak en te trek.9,15,24 Hendrik het die Swellendamse distrik met sy vrou en vier jong kinders iewers tussen laat 1839 en vroeg 1841, verlaat.12,29 Teen Februarie 1842, ongeveer 300 km verder, het die gesin hulle in Cradock distrik bevind, waar hulle hulself vir ten minste drie jaar gevestig het. Teen ca 1846 was die gesin weer oppad, hierdie keer in 'n doelbewuste poging om die Brits-beheerde Kaapkolonie agter te laat.29,31,32 Hulle het dus die Kaap verlaat aan die stertkant van die Groot Trek (1835 – 1845). Hoewel Die Trek afgeplat het na 1845, het Boere-families egter tot met 1854 uit die grensdistrikte van die Britse Kaapkolonie wegbeweeg.9,15,24 Saam met watter geselskap en onder wie se leierskap Hendrik en Elizabeth Bekker verder noord getrek het, is egter nie bekend nie, maar dit was waarskynlik saam met een van die Joubert-familietrekke wat gedurende daardie tydperk die Kolonie verlaat het.25,26 Hoeveel besittings en vee die Bekkers saamgeneem het, is ook 'n raaiskoot. Eweneens kon ook geen rekords tot op hede gevind word wat 'n aanduiding kan gee waar die Bekkers hulself vir die volgende paar jaar sou bevind nie. Hoogswaarskynlik het hulle deur die Republiek van Potchefstroom-Winburg (bestaanstydperk: 9 April 1844 – 3 Februarie 1848) getrek wat die hooftrekroete was na die noorde – dalk het hulle 'n paar maande daar oorgebly – waarna hulle uiteindelik vier jaar nadat die gesin die Kaap verlaat het, in ca 1849 tot rus gekom het in die omgewing van Andries Orieg Stad (nou Ohrigstad) waar daar reeds van hul verwante Joubert-families gevestig was.30,33 Nadat Hendrik Bekker se skoonmoeder, Maria Elizabeth Joubert op 8 April 1849 aan koors (waarskynlik malaria) gesterf het, het hy met sy gesin verhuis na Lijdenburg (Lydenburg) waar hul sewende kind in 1850 gedoop is.8,16,32 Daar het die 44-jarige Hendrik Bekker en sy familie nesgeskop en 'n nuwe lewe begin bou. watter plaas?????Die dorp Lydenburg is op 21 September 1849 gestig deur 'n groep Voortrekkers wat voorheen in 1846 die omliggende gebied betrek het onder leiding van Andries Hendrik Potgieter. Teen Maart 1848 het Potgieter en 'n groot groep van sy trekkergeselskap egter hul nedersetting, Andries Orieg Stad weens leierskapstruwelinge verlaat en na die noorde na die Zoutpansberg-gebied verhuis. Die res van die agtergeblewe trekkers moes 'n paar maande later in 1849 ook die nedersetting noodgedwonge verlaat weens 'n teisterende malaria epidemie wat genadeloos onder die trekkerfamilies gemaai het. In die hoër-liggende gebied bykans 50 km suid van Ohrigstad het hierdie trekkers 'n nuwe nedersetting, Lijdenburg/Lydenburg, tot stand gebring. Die naam Lydenburg verwys na die lyding en doodsmart wat die malaria veroorsaak het en waaraan geen enkele een van hierdie Voortrekkergesinne ontsnap het nie. 'n Onafhanklike maar kortsondige Republiek van Lydenburg, met Lydenburg as die hoofstad, is op 17 Desember 1856 deur die Lydenburgse Volksraad uitgeroep. In 1858 het die Republiek van Utrecht, wat in 1854 geproklameer is, met die Lydenburgse Republiek saamgesmelt om 'n groter Republiek van Lydenburg te vorm. In 1860 het dit aangesluit by die Republiek van Zoutpansberg en die Suid-Afrikaanse Republiek om die groter, saamgestelde Zuid-Afrikaansche Republiek [ZAR] (Suid-Afrikaanse Republiek) te vorm, wat deur Brittanje erken is.9,15,33-36

Op beide staatkundige en kerklike gebied was die Lydenburgse pioniergebied vanaf sy beginjare onbestendig en in die war. Daar was bykans geen sinkronisasie op politieke en kerklike vlak nie en dit was hoofsaaklik te wyte aan die geskille en soms heftige botsing tussen die onderskeie politieke, sowel as geestelike leiers.33,37 Inteendeel, die Lydenburgers herinner my aan die volgende grappie wat ek jare gelede gehoor het:Hoewel die staatkundige Lydenburg na 1860 as distrik van die ZAR groter stabiliteit ondervind het, was dit nie die geval met die Lydenburgse kerk nie. Aan die begin in 1849 is kerkdienste deur ouderlinge gelei. Gedurende 1849 en 1850 het ds. Andrew Murray jnr. (1828 – 1917) van NGK Bloemfontein in die Kaapse Kerk se Trans-Gariep Ring (in die Oranje-Vrystaat) die Christelike gemeentes in die noorde besoek. Op 7 Januarie 1850 het hy op Lydenburg 'n kerkdiens gehou het, en het 70 kinders gedoop en 12 jongmense het belydenis van geloof afgelê en daarmee as lidmate van die NGK aangeneem. In 1851 is met die bou van 'n permanente kerkgebou begin, en toe ds. Andrew Murray, vergesel deur sy swaer, ds. Johannes Henoch Neethling (1826 – 1904), weer in Oktober 1850 by die gemeente besoek afgelê het, was die gebou bykans klaar. Weer is 109 kinders gedoop en 29 jongmense aangeneem. Die gemeente was tussendeur darem nie heeltemal herderloos nie. Meester Poen, wat in Desember 1851 uit Nederland gearriveer het, het die kinders van die dorp geleer en meeste van die kerkdienste gehou, maar aangesien hy nie as predikant gelegitimeer was nie, kon hy nie die nagmaal of doop bedien nie. Ds. Murray se vierde en laaste besoek aan die Lydenburgse gemeente was in Maart 1852. Op 21 Oktober 1852 is hierdie Voortrekkergemeente by die Sinode van die Kaapse Kerk ingelyf. Die eerste nagmaal in Lydenburg is egter eers in Februarie 1854 bedien deur ds. Dirk van der Hoff, die eerste permanente predikant noord van die Vaalrivier, wat saam met die ZAR Volksraad 'n beduidende rol gespeel het in die totstandkoming van die Nederduitch Hervormde Kerk (NHK) in November 1853. Die NHK is uitgeroep as die staatskerk van die ZAR (met distrikte Potchefstroom, Rustenburg en Zoutpansberg ingesluit). Die NHK het sy eie outonome bestuur gehad en was staatkundig en religieus onafhanklik van die Kaapse Kerk (in die Britse Kaapkolonie, Britse Natal en Trans-Gariep [Oranje-Vrystaat]).33,37-40

Die NHK het nie die Lydenburgse gemeente se inlywing by die Kaapse Kerk erken nie, en dit daarom sonder voorbehoud onder bestuur van die NHK in die ZAR geplaas. In Oktober 1854, slegs agt maande nadat nagmaal vir die eerste keer bedien is deur ds. Van der Hoff, op daardie stadium toe die enigste NHK predikant in die ZAR, het die Lydenburgers egter van die NHK weggebreek, en hulself by die NGK se Natalse Ring gaan aangesluit. Hierdie verskeurdheid met die NHK sou uiteindelik twaalf jaar duur, met ds. Petrus Arnoldus Conradus van Heyningen wat vanaf 1859 geduldig onder die lidmate van NGK Lydenburg gearbei het en hulle uiteindelik gelei het tot 'n herversoening met die NHK. Wat meer tot hierdie kortstondige versoening bygedra het, was die beslissing van die Hoogsgeregshof in die Kaap in 1862 dat NGK-gemeentes noord van die Vaalrivier nie meer deel van die Kaapse Kerk mag wees nie. Gevolglik was Lydenburg dus ook uitgesluit uit die Ring van Natal; geïmplimenteer vanaf die begin van 1864. Op 12 September 1864 het die NGK Lydenburg weer met die NHK saamgesmelt om as NHK Lydenburg bekend te word. Hierdie twyfelagtige samesmelting was van korte duur. Slegs agtien maande later op 17 Maart 1866 het 'n bittere kerkskeuring plaasgevind, toe die Lydenburgse gemeente weereens weggebreek het van die NHK in die ZAR, om die NGK Lydenburg te vorm. Hierdie skeuring is doelbewus deur ds. Frans Lion Cachet – geassosieerde (maar nie-ingehuldigde) predikant van NGK Utrecht in die Natalse Ring – aangehelp deurdat hy die Lydenburgers teen die NHK opgemaak het. Cachet se uitgesproke doel was juis om meer NHK-onafhanklike NGK-gemeentes in die ZAR te stig, en hy dit ook met verloop van tyd reggekry. Die NGK in die ZAR het egter outonoom van die Kaapse NGK gefunksioneer, vanwee die Kaapse hofbeslissing in 1862, soos vroeër vermeld. Oorblywende Lydenburgse gemeentelede wat nie die afskeiding ondersteun het nie, en hulself steeds met die NHK geassosieer het, het die NHK Lydenburg gevorm. Hierdie gemeente het later as NHK Middelburg bekend geword, nadat die meeste van hierdie gemeentelede na die Middelburg omgewing uitgewyk het.33,39-42En hier was ons Bekker voorsate midde-in al hierdie politieke en kerklike skommelings! Wat ons arme voorvader, Hendrik Bekker van hierdie hele aan-en-af, kom-en-gaan, nou-is-ons-saam-en-nou-skei-ons mallemeule gedink het, daar waar hy 'n bestaan in Lydenburg probeer maak het, weet nugter. Waar het sy politieke en kerklike lojaliteite gelê? By wie het hy en sy gesin hulle geskaar? Wat het vir hom die swaarste geweeg in sy besluite?

Hoewel die gemeentelde van Lydenburg aan die begin 'n vurige begeerte na die dinge van God gehad het,37 wonder 'n mens onwillekeurig oor die egtheid en fokus van die Christelike geloofsoortuigings van die betrokke geestelike leiers, en die gemeentelede wat op die Lydenburgse Volksraad gedien het, in die lig van die bogenoemde verwikkelinge met verloop van tyd. Hoeveel het die bestaan van 'n eie kerklike denominasie geweeg teenoor die belang van die evangelie, geesvervuldheid en God as hoof van die kerk? Hoeveel het politieke oortuigings, eie belang of 'n sug na aansien of gesag tot die kerklike verwarring en uiteindelike bittere kerkskeuring bygedra? Want wanneer die kern van die NGK en NHK se geloofsbelydenisse ondersoek word, is daar bykans geen verskil nie. Hierdie twee Afrikaanse kerkdenominasies in Suid-Afrika funksioneer tot op hede steeds afsonderlik van mekaar.

Deur die loop van sy lang lewe het Hendrik Bekker dus baie beleef. Hy was deel van die uittog na die Beloofde Land, het gewerkskaf waar hy was in sy bydra tot die temproses van 'n ongetemde binneland, die totstandkoming van 'n onafhanklike Boere-republiek, naamlik die ZAR, aanskou, al die politieke woelinge wat daarmee saamgegaan het dopgehou, die dood van kinders (of hul eggenotes), kleinkinders en agterkleinkinders deurleef wat tydens die Eerste en Tweede Vryheidsoorloë gesneuwel of in konsentrasiekmape omgekom het, en moes uiteindelik, net 'n paar maande voor sy dood, die einde van hul onafhanklikheid in vlamme sien opgaan, toe die Britte opnuut hul stempel oor die "fiercely-independant" Boere kom afdruk het.15 Daar word gesê dat Hendrik visioene gesien het wat later waar uitgekom (gebeur) het.8 Details hieroor is ongelukkig nie beskikbaar nie. Maar dalk het Hendrik Bekker dit gesien kom?

4. Sy afsterwe

Hendrik Bekker, wat die woord "ich" gebruik het in plaas van "ek" – wat weereens dui op die invloed van sy vader se Deense taalagtergrond op hom – is op die hoë ouderdom van 96 jaar op 14 Desember 1902 oorlede en begrawe op die plaas Kliprivier (ZAR no. 1314, Transvaal no. 73 JT), in wyk Steenkampsberg, distrik Lydenburg in die Britse Transvaalkolonie (huidige ligging is naby Tonteldoos, ongeveer 30 km noord van Dullstroom, Mpumalanga). Hy was toe reeds 'n wewenaar gewees.3,4,8,43 Waar en wanneer Hendrik Bekker se vrou, Elizabeth oorlede is, is op hierdie stadium onbekend.

NOTA: In verwysing 3 word Hendrik Bekker twee maal aangedui as twee verskillende, onverwante indiwidue naamlik Hendrik Johannes Bekker (1806, Swellendam – ?) en Hendrick Johannes Bekker (1806, [Kattegat, Denemarke = foutief] – 1902, Kliprivier, Tonteldoos, Belfast), terwyl hulle in werklikheid een en dieselfde persoon is.

Kliprivier was die erfplaas van die Steenkamp-familie wat met verloop van tyd onderverdeel is om voorsiening te maak vir die onderskeie Steenkamp-kinders.4,44 Hendrik het sy laaste jare hier gespandeer waar sy dogter Maria Christina (sien 5.4) en haar man Willem Johannes Jacobus Steenkamp geboer het. Nadat albei oorlede is, is Hendrik Bekker verder op Kliprivier versorg tot met sy dood deur sy kleinseun Jozua Bekker (sien 5.1) en kleindogter, Maria Christina "Nonnie" Steenkamp (sien 5.4). Jozua en Nonnie was neef en niggie, en met mekaar getroud.8,45,46

Die Bekker- en Steenkamp-familie het 'n baie nou assosiasie met mekaar gehad. Heelwat huwelike het tussen hierdie twee families plaasgevind. Maria en Willem Steenkamp se dogter, Margaretha Maria Steenkamp is ook later getroud met haar neef Pieter George Bekker, seun van Andries Johannes (sien 5.1), oudste seun van Hendrik Bekker.47

view all 15

Johannes Hendrik Bekker's Timeline

1806
September 9, 1806
Farm "Vaartwel", Swellendam district, Klein Karoo, Cape Colony, South Africa
1806
1806
Capetown, Cape Colony, So. Africa
1806
Swellendam, Cape, South Africa
1832
1832
Swellendam district, Cape Colony, South Africa
1833
December 5, 1833
Swellendam, Overberg District Municipality, Western Cape, South Africa
1836
June 6, 1836
South Africa
1838
April 16, 1838
Cape Province, South Africa
1840
August 6, 1840
Cradock, Stormberg District, Eastern Cape, South Africa