Johannes "Die Gemaskerde Wonder" van der Walt

Is your surname van der Walt?

Connect to 10,591 van der Walt profiles on Geni

Johannes "Die Gemaskerde Wonder" van der Walt's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Johannes van der Walt

Also Known As: "Die gemaskerde wonder"
Birthdate:
Birthplace: "Witkoppen", dist.Johannesburg, Transvaal Colony, South Africa
Death: March 25, 1943 (34)
Johannesburg, Transvaal Province, Union of South Africa (Gunshot wound)
Place of Burial: Johannesburg, Ekhurhuleni, Gauteng, Republic of South Africa
Immediate Family:

Son of Jan Hendrik van der Walt and Levina Johanna van der Walt
Husband of Hester Hendrina Kruger
Father of Hester Hendrina van der Walt
Brother of Andries Johannes van der Walt; Levina Johanna Kruger; Private; Jan Johannes Hendrik van der Walt; Francina Jacoba Scheepers and 5 others

Occupation: Wrestler, Professional Wrestler
Managed by: Vernon John Pestana
Last Updated:

About Johannes "Die Gemaskerde Wonder" van der Walt

9 November 1908 | Die Gemaskerde Wonder gebore

Johannes van der Walt (die Gemaskerde Wonder of “Masked Marvel”) is op hierdie dag op die plaas Witkoppen, distrik Johannesburg, gebore.

In sy kort leeftyd het hy hom onderskei as kampioenstoeier en hoof-generaal van die Ossewabrandwag (OB) aan die Witwatersrand. Hy word beskryf as die “groot Afrikanersportheld van die jare dertig”.

Van der Walt het hom deurgaans met Afrikaner-ideale vereenselwig. Gedurende die Simboliese Ossewatrek van 1938 is hy gevra om een van die leiers van ’n perdekommando te wees.

Hierdie gebeurtenis het ’n onuitwisbare indruk op hom gemaak, want skielik was hy nie meer net ’n stoeiheld nie, maar leier van ’n perdekommando wat besig was om hulde te bring aan ’n stoere voorgeslag.

Ná die stigting van die OB begin 1939 het hy hom daarby aangesluit en gevorder tot hoof-generaal vir die Witwatersrand. Die OB se eerste leier was kol. J.C. Laas.

Dié beweging het Afrikaners se verbeelding aangegryp en 'n menigte het aangesluit. In die loop van 1939, en veral ná die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog in September, het die Stormjaers, die militante vleuel van die Ossewabrandwag, die oorlogspoging en regering aktief begin teenstaan met voorvalle van sabotasie met vernuftige brandbomme en handgranate wat lede tuis vervaardig het.

Van der Walt het weldra ’n generaal in die Stormjaers geword. Waarskynlik as gevolg van die toenemende steun wat hy van die jeug ontvang het, het hy ’n gevaar vir die Suid-Afrikaanse regering onder genl. Jan Smuts ingehou. Middel 1941 het die OB en Nasionale Party se weë geskei en in Februarie 1942 het die NP al sy ampsdraers verbied om lid van die OB te wees.

Op 15 Desember 1941 is Van der Walt in hegtenis geneem en daarvan aangekla dat hy in besit was van 'n ongelisensieerde pistool (of rewolwer) en patrone.

Hy is aanvanklik op borgtog vrygelaat, maar twee dae later weer in hegtenis geneem en aangehou in die polisieselle op Marshallplein (die latere John Vorsterplein), Johannesburg, waaruit hy vyf dae later ontsnap het.

Op 23 Maart 1942 het die polisie die opstal op die plaas Rietfontein omsingel waarin hy naby Krugersdorp geskuil het, en toe hy wou vlug, het ’n polisiekoeël sy rugmurg deurboor en hom so permanent verlam. Hy is onsuksesvol geopereer.

Ná baie lyding tuis in Westdene waartydens hy weggekwyn het tot 'n gewig van net 40 kg, is hy byna 'n jaar later oorlede en begrawe uit die Gereformeerde kerk Johannesburg-Noord, waarvan sy vader ouderling was.

Die diens is gelei deur prof. Joon van Rooy, destyds voorsitter van die Afrikaner-Broederbond. Die begrafnisstoet na die Wespark-begraafplaas het uit sowat 40 000 mense bestaan en word beskryf as ’n “volksaamstrek”.

Sy stoflike oorskot is op die ossewa van Louis Trichardt uit die Simboliese Trek van 1938 vervoer. Enkele maande ná sy dood is ’n grafsteen aangebring op sy graf in die Wesparkse begraafplaas, Johannesburg.

Die firma South African Monumental Works was vir die oprigting van die nagenoeg 3 m hoë suil verantwoordelik. Op sy grafsteen staan: “Ek het geval op die pad van Suid-Afrika.”


view all

Johannes "Die Gemaskerde Wonder" van der Walt's Timeline

1908
November 9, 1908
"Witkoppen", dist.Johannesburg, Transvaal Colony, South Africa
1930
October 8, 1930
1943
March 25, 1943
Age 34
Johannesburg, Transvaal Province, Union of South Africa
March 29, 1943
Age 34
Wespark, Johannesburg, Ekhurhuleni, Gauteng, Republic of South Africa