Johannes Stephanus Henning, b1c6d6e1

Is your surname Henning?

Research the Henning family

Johannes Stephanus Henning, b1c6d6e1's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Johannes Stephanus Henning, b1c6d6e1

Also Known As: "Oom Hans"
Birthdate:
Birthplace: Stolskraal, Rouxville, Free State, South Africa
Death: 1972 (100-101)
Rouxville, Free State, South Africa
Immediate Family:

Son of Jan Hendrik Rudolf Henning, b1c6d6 and Baltrina Hendrika Botha, b1c7d1e9f4g5
Husband of Petronella Aletta Henning, b4c2d7e3f2g5h4
Father of Jan Hendrik Rudolf Henning; Cornelis Francois Henning, b1c6d6e1f2; Johannes Stephanus Henning and Hendrik Jacobus Henning
Brother of Susara Wilhelmina Henning, b1c6d6e3; Jan Hendrik Roedolf Henning, b1c6d6e4; Stephanus Josias Henning, b1c6d6e5; Theunis Jacobus Petrus Henning, b1c6d6e7; Pieter Hendrik Henning, b1c6d6e8 and 1 other
Half brother of Pieter Hendrik Henning

Managed by: Private User
Last Updated:

About Johannes Stephanus Henning, b1c6d6e1

Genealogiese/Genealogical #: b1.c6.d6.e1

Vroeg in 1871 word Johannes Stephanus op die plaas Stolskraal, distrik Rouxville gebore. Hierdie klein Johannes Stephanus Henning was bestem om honderd jaar oud te word - die eerste Henning wat dit behaal het. Die honderdtal is opsigself al uniek vir die mens. Maar rondom oom Hansie Henning van Houtkop, Rouxville se honderdtal was nog meer wat hom uniek gemaak het, naamlik die manier waarop hy op honderd nog geleef en opgetree het. Hy het soos 'n sterk man in sy laat sestiger of vroeë sewentiger jare daaruit gesien toe hy die dag honderd jaar oud was. As sodanig was hy byna 'n "besienswaardigheid", werklik 'n genetiese wonder! Op sy honderdste verjaarsdag is 'n reuse verjaardagfees in die stadsaal van Rouxville vir hom gehou. Dit was geen "bejaarde ou oom" wat daar aangebring is en wat uit 'n motor gehelp en gedra is tot voor in die stadsaal nie; dit was 'n flink bewegende skralerige oompie wat self met sy eie motortjie daar aangekom het, flink uitgeklim het en net so flink die stadsaal se trappe bestyg het. Trouens oom Hansie en sy motortjie was 'n bekende gesig op pad vanaf die plaas, dorp toe om by sy kuierplekkies smiddae koffie te drink. In die stadsaal was alles in rep en roer. Die seremoniemeester, 'n kleinkind van 'n suster van oom Hansie en skoolhoof op Rouxville, Olof Henning (b1.c3.d10.e4.f6.g1.) was gereed met 'n vollengte program van heildronke, toesprake, sang en musiek. Daar was koek en tee en baie gaste; telegramme van Staatspresident Fouche en Eerste Minister Vorster. Een van die nommers op die program was die plegtige oorhandiging van oom Hansie se bestuurderslisensie aan die plaaslike verkeersbeampte. Op 'n gegewe oomblik het oom Hansie die seremoniemeester dringend nader gewink en hierdie oorhandiging van sy rybewys gekanselleer, omdat hy "nog 'n bietjie wou ry". Onvoorbereid het hy het hy 'n skitterende toespraak, uit die vuis, gelewer, wat so uniek, sprankelend en spitsvondig was, dat 'n mens eenvoudig nie jou ore kon glo nie, veral as in ag geneem was dat die spreker een hele eeu oud was. Met verbysterende behendigheid het hy erns afgewissel met sprankelende humor; hy het die meer as 200 gaste dan geboei, dan weer laat skater van die lag. Die strekking van sy toespraak was min of meer soos volg: "Ek is verheug om julle almal hier te sien. My lang lewe is in die eesrte plek te danke aan die genade van die Here". Hierop het hy 'n lang tyd uitgebrei en toe vervolg: "My lang lewe is ook daaraan te danke dat ek 'n kalm mens was. Ek kan nie mooi onthou of ek ooit 'n keer kwaad of baie opgewonde was nie. Daarby was ek altyd baie gesond en fiks. Ek het kort gelede nog van Houtkop af na my seun Jan se plaas Ebenhaezer gestap, sonder 'n kierie. (Die plase is ongeveer 6 km van mekaar). Ek het ook nie agter geraak by die tyd nie. Ek het die ossewa-tyd belewe en geniet, ek het in 'n Boeing gevlieg en ek glo die maanlanding van die ander dag. Ek sal hierdie kierie wat julle my vandag gegee het bêre en hom eendag gebruik, as ek oud is (geskater van die gehoor). Miskien kan ek hom maar solank vir my vier seuns leen. Kyk daar sit hulle al vier: grysaards!" (geskater van die gehoor). Hy het verder in sy toespraak oor die vreugde wat die boerdery hom besorg het, uitgewei en die gemeenskap van Rouxville geloof vir die gesonde gees van kameraadskap tussen die mense van die Suid-Oos Vrystaat, en weereens die erns van die godsdiens en erkenning teenoor die Skepper gestel. Aan die einde van sy toespraak het hy met 'n teatrale swaai van die hand gesê: "Weduvrouens! Hulle is my lewe!" (Groot geskater van die gehoor). In dieselfde jaar (1971) het oom Hansie 'n lenteloop van ongeveer 200 lede wat gestap het, gelei vir die eerste entjie. Toe sy broer Faan (b1.c6.d6.e5.) gedurende 1967 begrawe is, het hy gesê dat hyself nooit lank siek sal wees nie, maar sommer sal gaan lê en doodgaan. Nege maande na sy interessante 100-ste verjaardag het oom Hansie inderdaad effens siek gevoel, gaan lê, vinnig verswak en gesterf. Hy sal altyd onthou word as 'n genetiese wonder, wat tot op 100-jaar so merkwaardig sterk en gesond en flink gebly het.

view all

Johannes Stephanus Henning, b1c6d6e1's Timeline

1871
February 3, 1871
Stolskraal, Rouxville, Free State, South Africa
1900
January 9, 1900
Rouxville, Xhariep, Free State, South Africa
1905
October 13, 1905
Twellsdale, Wepener, Free State, South Africa
1908
August 27, 1908
1913
March 18, 1913
1972
1972
Age 100
Rouxville, Free State, South Africa