Ds Johannes Jacobus Ackermann, b8c5d1e4f3

Is your surname Ackermann?

Connect to 5,580 Ackermann profiles on Geni

Ds Johannes Jacobus Ackermann, b8c5d1e4f3's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Ds Johannes Jacobus Ackermann, b8c5d1e4f3

Ds Johannes Jacobus Ackerman getroud Martha Jacoba Pienaar Aug 1887

2 Julie 1887 bevestig Cathcart West (Boetsap)

Kinders:

Dawie Ackerman, pa van Srpingbok rugby speler Dawid Schalk Pienaar Ackerman

Martha Jacoba x Marthinus Johannes Janse van Rensburga eerste skoolhoof op Reivilo

Krygsgevangene Sep 1901 vrou na Victoria Wes met 2 kinders, bly by haar broer

6 Junie 1912 Klein Boetsap vertrek na Ugie

Boetsap / Reivilo

Op 2 Junie 1883 word die Ned. Geref.Gemeente Cathcart-Wes op die skoolplaas Boetsap gestig. Die gemeente is vernoem na sir George Cathcart, ’n voormalige goewerneur aan die Kaap. Die nuwe gemeente het ook die inwoners van die Vaalrivier ingesluit. Metdie besoek van die ringskommissie aan Boetsap word ds. JD Kestell as eerste konsulent van Cathcart-Wes benoem. In 1888 keur die sinode goed dat die naam van die gemeente naBoetsapverander. In 1890 gee die ring van Colesberg toestemming dat dit na Klein- Boetsap verander.

Prop. JJAckermann is op 2 Julie 1887 in die gemeente bevestig. Ds. Ackermann beskryf sybediening aan die delwers langs die Vaalrivier as volg: “Nou was daar nog ’n deel van die gemeentelangs die Vaalrivier wat diamante gedelf het. Op Delportshoop, Longlands enBarkly-Wes ongeveer sewe uur te perd van Boetsap geleë, waar ook gereeld dienstegehoue en Nagmaal bedien was”.

Ds. AJ Olivier word op 22 Augustus 1914 as tweede leraar van Boetsap bevestig. Die gemeente het toe bestaan uit die huidige gemeentes Reivilo en Barkly-Wes. Die kerkraad van Klein Boetsap besluit om die gemeentesentrum na Bruinjieshoogte te verskuif, omdat dit meer sentraal geleë was. Op 3Oktober 1919 besluit die kerkraad dat die nuwe dorp en gemeente Reivilo sal wees. “Dit was onuitgesproke tot eer van ds. Olivier – Reivilo agterstevoor gespel Olivier”. Ugie Ugie is 'n dorpie in die destydse Noordoos-Kaap aan die suidelike voet van die Drakensberg, 21 km suidwes van Maclear. Dit het uit 'n sendingstasie, wat by Gatberg in 1863 deur die sendeling eerw. William Murray opgerig is en deur hom vernoem na die Ugierivier in Skotland, waar hy gebore is, ontwikkel. Die dorp is in 1885 gestig en verkry 'n bestuursraad in 1916. Die dorpie is bekend om sy groot, nie-kerklike weeshuis wat in 1918 hier deur ds. M.T.R. Smit gestig is na aanleiding van die Griep-epidemie om sorg te beid aan kinders wat deur die epidemie wees gelaat is. Die gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk is op 14 Februarie 1903 van Umtata, nou Mthatha, afgestig. Die nuwe gemeente het bestaan uit Ugie, Maclear, Tentkop, Mount Fletcher en Gubenxa. Die ledetal was maar klein en die gemeente het sy eiesoortige probleme gehad. Die paaie was ook so sleg dat huisbesoek per perd gedoen moes word. Die eerste leraar was ds. A. Ahrbech, wat in Maart 1903 bevestig word. Hy moes egter reeds in 1905 weens swak gesondheid aftree. Die hoeksteen van die kerk is tydens die vierde leraar, ds. J.N. Vlok, se dienstydperk op 23 Julie 1910 gelê. Ds. Vlok is opgevolg deur ds. J.J. Ackermann en hy op sy beurt deur ds. M.T.R. Smit wat eers koshuise vir arm en verwaarloosde kinders in 1918 opgerig het en daarna die Ugie-weeshuis in 1922. Een van die bekende ouddirekteure van die weeshuis is die skrywer ds. Solly Ozrovech van 1958 tot 1965. Die hoeksteen van die nuwe kerkgebou is in 1953 gelê. Until 1959, the orphanage housed 120 girls per year, thereafter, until 1962, the establishment was utilized to home boys. March 1962, under the guidance of Rev. Solly Ozrovedh, the new orphanage was completed, and all the children were relocated to the new orphanage. 1937, the Orphanage of Ugie was registered, the biggest orphanage in the Eastern Cape. During 1961, the orphanage name was changed to the M.T.R. Smith Childrens Haven

Hier was in 1972, 333 volwasse lidmate en met die weeshuis twee keer soveel kinders. In 1978 het die volwasse lidmate 348 getel, in 1994 210 en in 2006 123. Die gemeente kon darem nog sy eie leraar bekostig.

Bronne • Raper, P.E., Dictionary of South African Place Names, Lowry Publishers, Johannesburg, 1987. • Olivier, ds. P.J., Ons gemeentelike feesalbum, N.G. Kerk-uitgewers, Kaapstad en Pretoria, 1952. • Rosenthal, Eric, Encyclopaedia of Southern Africa, Juta and Company Limited, Kaapstad en Johannesburg, 1978

Navorsing: Manus Steyn

view all

Ds Johannes Jacobus Ackermann, b8c5d1e4f3's Timeline

1860
February 26, 1860
Richmond, South Africa
1889
June 17, 1889
1893
April 9, 1893
Boetsap, Noord-Wes, South Africa
1900
May 9, 1900
North West, South Africa
1902
September 24, 1902
Boetsap, South Africa
1909
January 26, 1909
Boetsap, South Africa
1940
December 13, 1940
Age 80
Reivilo, South Africa
????
Aliwal North, South Africa