Johannes Daniel Jacobus de Necker

Is your surname de Necker?

Connect to 819 de Necker profiles on Geni

Johannes Daniel Jacobus de Necker's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Johannes Daniel Jacobus de Necker

Johannes (Jan) Daniel Jacobus de Necker - Sterfkennis

Jan Daniel Jacobus is gedoop Johannes D.J op 4 Junie 1803 te Swellendam. Hy is vernoem na sy oupa Jan Daniel Jacobus van Coller. Hy is getroud te Swellendam op 8 April 1827 met Elizabeth Maria Beukes. Haar ouers was Gerhardus Johannes Beukes en Elizabeth van Wyk. Die jong egpaar het gewoon op Melkhoutkraal, Veldkornetskap onder Duiwehoksrivier, Swellendam. Uit hulle huwelik is 6 kinders gebore

1. Elizabeth Jacoba 15 Nov 1827 2. Elsabe Maria 20 Sept 1829 3. Pieter Hendrik 2 Okt 1831 4. Gerhardus Johannes 2 Aug 1833 5. Johanna Margaretha 25 Feb 1838 6. Pieter Eliza Hendrik 14 Jun 1839

Volgens oorlewering het Pieter Hendrik (1831) en Gerhardus Johannes (1833) as seuntjies in die Duiwehoksrivier by Prinsdrif verdrink. Hulle is, so word vertel, deur 'n Hotnot van die wa afgestamp in die vol rivier. Familielede het die lykies uit die water geduik. Hulle geskokte moeder wou graag 'n bossie hare van elkeen gehad het as aandenking. Sy was verwagtend en haar te vroeggebore baba het die lewenslig op 14 Junie 1839 gesien, maar sy bedroefde moeder is 5 dae later oorlede op 19 Junie 1839. Daarom die kind se naam Pieter Eliza Hendrik. Dit verdien genoem te word dat, volgens sy huweliksertifikaat was sy naam Pieter Eliza Hendrik en aan die einde van sy lewe was hy net Pieter Hendrik. Hy was nie gediend met die naam Eliza nie.

Wewenaar Jan Daniel Jacobus het sy seuntjie en die ander kinders by sy broer Adriaan, sy skoonsuster Martha Hermina en sy dogter Elizabeth gelaat en na die Vrystaat getrek, dit was net 'n jaar na die slag van Bloedrivier.

Hy het egter weer teruggekeer en op 2 Desember 1844 is hy in Georgestad distrik hertroud met Petronella Johanna Serfontein Volgens die huweliksertifikaat was die bruidegom van Swellendam en die bruid van Oliphantsrivier (waar die olifantsrivier en die Gamkarivier inmekaarvloei word dit die Gouritzrivier) Dit is nie bekend wannneer J.D.J verhuis het vanaf Melkhoutkraal nie, maar hy het later gewoon op de Hoop in die Langkloof, nie ver van Uniondale nie. Uit sy huwelik met Petronelle Johanna Serfontein is 5 kinders gebore.

1. Anna Susanah 23 Nov 1845 2. Christiaan Jocobus 23 Nov 1846 3. Petronella Johanna 11 Des 1848 4. Alette Jacobs 5. Jan Daniel Jacobus 16 Julie 1854

Jan Daniel Jacobus is ook getroud 24 September 1855 met 'n derde vrou Judith Jacoba Raubenheimer(weduwee van Matthys Hendrik Hugo) te George, uit hulle huwelik is 1 seun gebore

1. Adriaan Francois Daniel 28 Junie 1857

In sy testament van 1 Aug 1881 word sy kinders as gelyke erfgename van sy besittings aangewys J.D.J is oorlede op 28 Oktober 1883 op sy seun Christiaan se plaas, Vogelstruisfontein, distrik George en daar begrawe. Hy het siek geword op pad na Riversdale. Hy het juis gegaan om 'n vierde huwelik aan te knoop toe hy siek geword het, sy seun het hom gaan haal en hy het in Chrisjan se huis gesterf

view all 18

Johannes Daniel Jacobus de Necker's Timeline

1803
June 4, 1803
Swellendam, WC, South Africa
June 4, 1803
1827
November 15, 1827
1829
September 20, 1829
Swellendam, Overberg District Municipality, Western Cape, South Africa
1831
October 2, 1831
1833
August 2, 1833
1838
February 25, 1838
1839
June 14, 1839
Distrik Swellendam
1845
November 23, 1845