Johannes Burger Jacobus Kotzee

Is your surname Kotzee?

Research the Kotzee family

Johannes Burger Jacobus Kotzee's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Johannes Burger Jacobus Kotzee

Brother of Nicolaas Jacobus Kotzee who owned the farm Kotzeesvlei in the Winburg district. Both brothers and their children and spouses stayed on the farm. They lost everything on the farm during the war.

“Dit was die swaarste dag van my lewe,” het die bevelvoerder van die vuur-peloton wat dié vier joiners moes teregstel, ses dekades later nog gesê.

’n Mens staan verslae voor die volle omvang van dié tragedie. ’n Bittereinderpa se twee verraaierseuns is gefusilleer deur burgers van dieselfde kommando waaraan hy behoort het. Dit moes ’n hartverskeurende toneel gewees het toe hy hulle voor die teregstelling gaan groet het. Wat dit verder vererger, is dat hul jong penkopboetie die trauma saam met sy pa deurgemaak het.

Die tragedie het sy begin met vyf Afrikaners, almal van die Winburgse distrik, wat by die Burgher Police aangesluit het. Dit was ’n plaaslike korps van gewapende joiners wat in die Vrystaat deur die Britse militêre owerhede tot stand gering is. Die Burgher Police is in verskillende afdelings verdeel, wat meestal in hul eie gebiede opgetree het, hoewel die lede soms gids vir die Britse kolonnes was. Daardie joiners het vyf sjielings per dag as soldy ontvang. By geleentheid het hulle ook die Boere se vee help buit, waarna ’n gedeelte van die opbrengs aan hulle uitbetaal is. Dit het van hulle vrybuiters gemaak.

Dit was vroeg in September 1901 toe die vyf joiners van die Burgher Police naby Smaldeel (destyds ’n spoorweghalte in die Winburgse distrik en tans die dorp Theunissen) deur burgers van kmdt. J.S. Theron se kommando gevang word. Die aand het hulle saam met ’n Britse kolonne uitgetrek met die doel om vee te buit. Die volgende dag onderskep die burgers hulle sowat twee myl buite Smaldeel. Die Britse soldate het op die vlug geslaan, maar die vyf joiners se perde was nie sterk genoeg om van die burgers weg te kom nie en hulle is van agter ingejaag en gevange geneem.

Die broers Nicholaas (soms Nicolas gespel) Jacobus en Johannes Burger Jacobus Kotzee van die distrik Winburg was deel van ’n gesin van tien kinders. Hul pa, Nicolaas Jacobus Kotzee, was die eienaar van die plaas Kotzeevlei in die wyk Vetrivier waar sy broer met sy agt kinders ook gewoon het. Van daardie kinders was getroud, wat beteken die plaas het met die uitbreek van die oorlog verskeie gesinne gehuisves.

Die mans van die Kotzee-familie verteenwoordig ’n merkwaardige kaleidoskoop van verraaiers/joiners wat daadwerklik by die Britte aangesluit het en teen hul eertydse volksgenote geveg het, asook hendsoppers wat beskerming in die konsentrasiekampe gaan soek het, waar hul eintlik maar gaan wegkruip en passief gebly het, maar ook bittereinders wat hul wapens eers na die vredesluiting neergelê het.

Die oorlog het sy volle woede op die groot Kotzee-familie uitgestort. Baie van die familielede het in die konsentrasiekampe omgekom, terwyl twee broers die hoogste tol vir hul verraad betaal het. Die meeste van die oorlewende Kotzees was na die verwoesting van die oorlog boonop brandarm.

Die terugstelling het waarskynlik die oggend van 29 Oktober 1901 op ’n plaas wes van Hoopstad plaasgevind.

Daar is die onbeskryflike aandoenlike toneel van die Kotzee-broers wie se pa en 14-jarige boetie Willem hulle voor die teregstelling groet. Die pa en steun was self deel van die Winburg-kommando. Waarskynlik het Willem as penkop saam met sy pa op kommando gegaan en so die konsentrasiekamp vrygespring. Die ervaring van die teregstelling van sy twee ouer broers moes blywende letsels gelaat het. Dit is onverstaanbaar waarom hy daaraan blootgestel moes word.

Die tragedie word jare later deur ’n ooggetuie en burger van die kommando, P.J. Marx, in sy herinneringe weergegee: “Die naarste van dit alles hulle vader 1 Broer was by ons ou oom Niklaas Kotzee en Willem hulle het die gevangenes gaan groet met die teregstelling vir die vader was dit te vreeslik om te aanskou hoe sy 2 seuns doodgeskiet word sy vrou en al sy kinders is in die kamp oorlede sy plaas Kotzeevlei is ook als verbrand en verwoes hy moes na die vrede opnuut begin.”

Die lyding van die Kotzee-broers se pa was lank nie verby nie. Die oorlog eis die lewens van ses van sy tien kinders, Behalwe sy twee seuns wat tereggestel is, kom vier van sy ander kinders, asook twee kleinkinders, in die konsentrasiekamp op Brandfort om. Uiteindelik sterf ook sy 50-jarige vrouw, Maria Christina Francina (gebore Maree), op 20 Januarie 1902 daar aan maagkoors.

Minder as drie weke voor haar dood teken sy nog self die sterfkennis van haar sesde kind wat deur die oorlog geëis word. Die 21-jarige Maria Margaretha Kotzee, wat ook aan maagkoors dood is, was getroud met haar neef Johannes Burger Jacobus Kotzee. Hy was as krygsgevangene in Indië, onbewus van die tragedie wat sy gesin in sy vaderland getrek het. In 1903 maak hy ’n beëdigde verklaring oor die waarde van sy vrou se boedel aan die weesheer in Bloemfontein, waarin sy verlies en ’n deel van sy verslaentheid weerspieël word: “When I returned from India in December 1902 I found that my wife and children were all dead and all my property taken away.”

’n Jaar na die einde van die oorlog het die pa van die tereggestelde Kotzee-broers twee eise by die kompensasieraad ingedien vir verliese wat sy twee seuns weens oorlogsplundering op die plaas Kotzeesvlei gely het. Die raad was bewonder toegeeflik in die ander gevalle waar eise deur die naasbestaandes van tereggestelde joiners ingedien is. Hendsoppers wat hulself onder sekere omstandighede oorgegee en onder Britse beskerming geplaas het, is ook so bevoordeel.

Tog word albei die eise van die tereggesteldes se pa afgewys omdat hy “an oath breaker” was en weer op kommando gegaan het. Die pa was boonop ’n bittereinder en het eers in Junie 1902, na die vredesluiting, die wapen neergelê. Dit het alles bygedra tot die besluit van die amptenare om die eise af te wys. Omdat nie een van die tereggestelde broers getroud was nie, wou die kompensasieraad verhoed dat enige voordeel die pa toekom.

Hierdie tragedie en eintlik die hele afgryse van oorlog word gereflekteer in die antwoord wat een van die ander oorlewende Kotzee-mans van die plaas Kotzeesvlei na die oorlog gee toe die Britse amptenare hom om bewyse vir sy kompensasie-eis vra: “All the witnesses who could prove that this property was taken by the troops, are dead…”

Extract from Boereverraaier - Albert Blake; http://www.tafelberg.com/Books/10853

view all 11

Johannes Burger Jacobus Kotzee's Timeline

1846
April 6, 1846
Winburg, Lejweleputswa, Free State, South Africa
1870
December 25, 1870
Age 24
Winburg, Lejweleputswa, Free State, South Africa
1882
March 1882
Age 35
1884
1884
Age 37
Winburg, Free State, South Africa
1887
September 4, 1887
Age 41
1912
October 19, 1912
Age 66
Winburg, Free State, South Africa
????
????
????
????