Matching family tree profiles for Johannes Petrus Wapenaar
Immediate Family
-
wife
-
father
-
sister
-
brother
-
sister
-
brother
-
brother
About Johannes Petrus Wapenaar
Hy was tydens die Tweede Vryheidsoorlog ‘n krygsgevangene in Ceylon, nadat hy homself op 9 Augustus 1900 op Harrismith oorgegee het aan die Militêre Mag onder bevel van Genl. Rundle. Hy het na die oorlog teruggekeer na Winterton, Natal. Hier het hy en sy eggenoot vir ‘n jaar die onderrig van Nederlands waargeneem aan die Moruja skool. Hy was mede-verantwoordelik vir die eerste artikel in Afrikaans wat in 1905 in die Natal-Afrikaner, onder redaksie van Jan Rabie verskyn het.
Kort na Unie in 1910 het hy hom in Harrismith gevestig, waar hy ‘n aanstelling as Skoolraadsekretaris aanvaar het.
In 1920 het hy die artikel: “Is Dit Ons Erns” in die Landstem geskrif, nadat hy die parlementêre stigting in Kaapstad bygewoon het.
Na aftrede het hy by sy seun, Hermanus Georg, in Rustenburg gaan woon. Hy het later saam met sy seun op die plaas Cyferwater in distrik Frankfort geboer.
Hy het ‘n aandeel in die Frankforter gekoop en as redakteur opgetree onder die naam Wapenaar en du Preez. Hy het ‘n boekwinkel op Frankfort geopen en het dit bedryf tot die ouderdom van 87.
Op hierdie stadium het hy en sy eggenote saam met hul seun Hermanus Georg na die plaas Vaalbank in die distrik Reitz getrek, waar sy seun geboer het en ook later ‘n besigheid geopen het. Tot op die ouderdom van 93 het hy die boeke van hierdie besigheid gedoen, waarna hy finaal afgetree het.
Hy was bekend as Jan Wapenaar en is in die ouderdom van 98 jaar en 5 maande oorlede.
Johannes Petrus Wapenaar's Timeline
1858 |
March 3, 1858
|
Ladismith, WC, South Africa
|
|
1891 |
July 7, 1891
|
||
1894 |
April 26, 1894
|
||
1897 |
April 10, 1897
|
Harrismith, Free State, South Africa
|
|
1957 |
August 19, 1957
Age 99
|
Reitz, FS, South Africa
|
|
???? | |||
???? |
Reitz, FS, South Africa
|