Johannes Petrus Pretorius, e2f4

Is your surname Pretorius?

Research the Pretorius family

Johannes Petrus Pretorius, e2f4's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Johannes Petrus Pretorius, e2f4

Notas deur David Abraham Swanepoel

Hy was slegs 24 toe hy en sy gesin by Tregardt se trek aangesluit het.

Voorts dui SAF 2018 ‘n eerste huwelik en heelwat meer nasate aan:

f4 b3c1d9e2f4 Johannes Petrus (Jan) * 26.2.1809 ≈ Graaff-Reinet 7.5.1809, trekboer saam met Louis Trichardt † Delagoabaai ca. 1838 x Maria Johanna STRAUSS xx Cradock 7.6.1829 Gerbrecht Elisabeth Maria (Breggie) ALBERTS * 20.10.1810 † “Patrollies-fontein”, dist. Molteno 21.10.1889 d.v. Gerrit Alberts en Clara Isabella Kotze (sy x ca. 1843 Christiaan Daniel Aucamp)

Eerste huwelik van b3c1d9e2f4

g1 b3c1d9e2f4g1 Maria Johanna * 2.10.1827 ≈ Graaff-Reinet 3.2.1828 g2 b3c1d9e2f4g2 Johannes Cornelis (Klein Jan) * 23.12.1830 ≈ Cradock 6.2.1831, boer † Gariep, dist. Hay 25.2.1893 x Anna Maria Magdalena MYNHARDT † “Rondawel”, dist. Albert 10.4.1858 d.v. Tobias Mynhardt en Embrentie Fredrika Pretorius xx Burgersdorp 29.11.1858 Christina Maria Etresia KRUGER * “Beschuit-fontein”, dist. Burgersdorp, Junie 1841 † “Bosch-poort”, dist. Hay 28.1.1912 (sy x Sarel Jacob Venter) Tweede huwelik van b3c1d9e2f4

g3 b3c1d9e2f4g3 Gert Johannes * 11.3.1832 ≈ Colesberg 1.4.1832, boer “Kalkfontein”, dist. Boshof † aldaar 8.10.1905 x Margaretha Johanna GREYVENSTEIN * “Strypoort”, dist. Cradock 7.11.1838 † “Wonderhoek” 6.11.1856 d.v. Johannes Jacob Greyvenstein en Margaretha Johanna Pretorius xx Burgersdorp 13.9.1858 Alida Jacoba Susanna GREYLING * 11.12.1832 † “Kalkfontein” 8.7.1909 SK VAB P2341 d.v. Barend Christiaan Greyling en Johanna Adolphina Buurman

Hy verskil van die ander gesinshoofde in sekere opsigte. Hy het nog nie tieners op die trek nie, wat by baie konflik betrokke is. Hyself rand egter Louw Albach aan en skop 'n rib van Louw se pa af. Hy en Albach raak op 'n ander keer ook handgemeen, maar Albach besluit om eerder die aftog te blaas.

Waar die ander vaders tot verskillende mates tekens van sukkelary toon, is hy selfversekerd - eintlik oormatig. Hy is ook geletterd, ten minste tot dieselfde mate as Tregardt.

Hy word ongeveer 140 keer vermeld in Tregardt se dagboek, met die spelling Pretorus en Pretorius. Dit is duidelik dat hy nie ‘n lui man was nie en oneffektiwiteit nie kon verdra nie.

Preller beskryf hom as eiesinnig, Grobler as agterbaks [4].. Hy het Hendrik Botha se wa vir dae lank teen ’n berghelling laat staan het nadat Botha hom uitgehelp het (DB 1837:14, 15 en 17 November).Op ‘n stadium vorm hy sy eie trek (Aug 1836) maar deur intervensie van die weduwee Scheepers keer hy druipstert terug. By aankoms te Delagoabaai in 1838 gee hy te kenne dat hy op sy eie is en dat Tregardt nie sy leier is nie.

Hy sterf egter binne dae van aankoms aan malaria. 'n Opmerking kom voor op p. xci in Preller se inleiding. Dit staan nie in die dagboek nie, so Preller het seker 'n ander bron gehad.

Bronne:

1. J.E. Visagie. Jan en Breggie Pretorius van die Tregardt-trek. Source : Kronos : Journal of Cape History, Volume 13, Issue 1, Jan 1988, p. 14 – 22

2. Louis Tregardt se dagboek 1836-1838 - vertaling en aantekeninge deur Jackie Grobler. Litera, 2013.

3. Louis Trichardt; Gustav Schoeman Preller. Dagboek van Louis Trichardt, 1836-1838. Kaapstad : Nasionale Pers, 1938. Ons geskiedenis-serie. https://repository.nwu.ac.za/handle/10394/8774

4. Grobler, Jackie. Louis Tregardt se dagboek as ’n historiese bron. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 53 No. 3: September 2013. Pp 465-480. Intyds beskikbaar: http://www.scielo.org.za/pdf/tvg/v53n3/14.pdf

Inligting verskaf as Oop Toegang onderhewig aan lisensie CC BY-NC-ND 4.0 - Creative Commons https://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/legalcode

Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf.

view all

Johannes Petrus Pretorius, e2f4's Timeline

1809
February 26, 1809
May 9, 1809
Graaff Reinet, South Africa
1830
September 23, 1830
Burgersdorp, Drakensberg District, Eastern Cape, South Africa
1832
March 11, 1832
1833
July 24, 1833
1835
March 24, 1835
Brakrivier
1838
1838
Age 28
(Delagoabaai), Maputo, Mozambique