Johannes Stephanus Marais Rabie, b3c6d2e2f15

Is your surname Rabie?

Connect to 1,147 Rabie profiles on Geni

Johannes Stephanus Marais Rabie, b3c6d2e2f15's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Johannes Stephanus Marais Rabie, b3c6d2e2f15

3 Februarie 1868 | Johannes Rabie in die distrik Fauresmith gebore

Johannes Stephanus Marais Rabie is op hierdie dag op die plaas Groenkloof gebore. Hy was ’n joernalis, stigters- en erelid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en jare lange raadsvoorsitter van die Grey-universiteitskollege.

Volgens prof. dr. P.J. Nienaber was hy "op verskeie ander terreine van die opvoedkundige en volkslewe . . . ’n opbouende faktor van betekenis" en is die stryd vir Afrikaans in Natal ten nouste aan sy naam verbonde as "die eerste oortuigde pleitbesorger en gangmaker vir ons taalregte in die Tuinprovinsie (Natal)".

Van 1892 tot 1893 was hy verslaggewer by Ons Land in Kaapstad, maar in laasgenoemde jaar verhuis hy na Bloemfontein waar hy aansluit by die redaksie van die tweetalige (Hollands en Engels) nuusblad De Express en ná Nico Hofmeyr se vertrek, volg hy hom op as redakteur van die Hollandse gedeelte van dié blad.

Nadat Bloemfontein in 1900 tydens die Driejarige Oorlog deur die Britte ingeneem is, het Rabie by die Boerekommando's aangesluit en deelgeneem aan die gevegte by Paardeberg, Abrahamskraal (Poplar Grove) en Sannaspos.

In Julie 1900 word hy gevange geneem by die oorgawe van genl. Marthinus Prinsloo en na Ceylon verban, waar hy onderwys aan die krygsgevangenes gegee en meegewerk aan hul kampkoerante De Strever en De Krijgsgevangene. In die kamp te Diyatalawa het hy klas gegee aan penkoppe en grysaards en die skrif van die Singalese taal aangeleer.

Ná die oorlog het hy agtereenvolgens die redakteurskap waargeneem van Land en Volk (Pretoria, 1903), De Natalse Afrikaner (Pietermaritzburg, 1904-06) en De Vriend des Volks (Bloemfontein, van 1906 af).

Hy het egter sy betrekking by laasgenoemde koerant in Julie 1915 neergelê omdat hy hom nie as Afrikaner gedurende die Eerste Wêreldoorlog, en veral tydens die Rebellie, met die voorgeskrewe politiek van hierdie blad kon vereenselwig nie.

Daarna het hy die joernalistiek vaarwel toegeroep en ’n amp beklee in die provinsiale administrasie van die OVS, tot by sy aftrede einde 1931. Agt jaar later is hy oorlede.

Wat vir ons van belang is, is dat Rabie in September 1918 getroud is met Johanna Postma (gebore Slijkhuis), die weduwee van prof. Stephanus Postma, ’n seun van ds. Dirk Postma.

So het die Afrikaanse skryfsters Rikie en Hilda Postma sy stiefdogters en prof. Ammi Postma sy stiefseun geword. Hy het geen eie kinders gehad nie en is eers laat in sy lewe vir die eerste keer getroud.

view all

Johannes Stephanus Marais Rabie, b3c6d2e2f15's Timeline

1868
February 3, 1868
Fauresmith, Free State, South Africa
March 29, 1868
Fauresmith, Free State, South Africa
1939
December 31, 1939
Age 71
Bloemfontein, Free State, South Africa