John Gray / Jan Grey

Is your surname Gray?

Connect to 69,081 Gray profiles on Geni

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About John Gray / Jan Grey

http://www2.lib.uct.ac.za/mss/bccd/Person/10414/Jan_Grey/

Sy naam was John Gray, is in SA verander na Jan Grey

Skotse afkoms. Ouers waarskynlik John Gray, kaptein van ‘n skip en Margaret, ter see oorlede. Van drie kinders keer Margaret en Elizabeth terug na Skotland en John ongeveer 9 jr. oud in pleegsorg. In 1848 is hy as boer op plaas Weltevrede, aan Zwartberg. In 1861 verhuis gesin na plaas Witpoortjie, by huidige Lewisham en na 1887 na Doornfontein, Distrik Potchefstroom.

x Riversdale 25.12.1848 Anna Maria (Magdalena) Vrey * 28.10.1832 dv Jacobus Marthinus Vrey en Johanna Helena van Wyk † Witpoortjie 15.05.1885

xx 1887 Isabella Jacomina van Tonder (wed. Kok) * 1829 † 8.12.1897

Lees asseblief verder: (Tydens verdere navorsing gedoen deur Elsie Vorster (Grey ) en Ria Swart (Grey) is die volgende inligting in die argiewe opgespoor. Met hierdie inligting wil ons nie die inligting soos vervat is in die Greyboek verkeerd bewys nie, maar moet dit as aanvullend tot die boek gesien word. Verder moet die inligting tot hulp wees om van die aannames in die boek toe komplimenteer en te korrigeer. Inteendeel sommige van die aannames reg of verkeerd het gehelp om van die inligting te kan opspoor.

Die sterf datum van John Gray (Jan Grey) se vader John Gray is ook opgespoor en dui aan dat hy op 16 Oktober 1836 oorlede is en in die St George's kerkhof begrawe is. Dus weet ons nou wanneer hy gesterf/ begrawe is en dat dit nie ter see was nie. Die afskrif is ook in ons besit. Inligting vervat in Margaret Gray se testament toon aan dat John Gray nie n skeepskaptein was nie maar n skeepsbouer (shipwright). Ons weet ook nou dat John Gray van 26 Rosestraat die mede eienaar was van “Cape town Shipwright” soos aangedui op dokumente wat in die argief oopgespoor is.

Die doodsertifikaat, testament en boedeldokument van Margaret Gray is opgespoor en waarvan afskifte van al drie dokumente in ons besit is. Margaret het op 13 Januarie 1848 haar testament laat optrek waarin sy in die testament vemeld dat sy die eggenote is van die afgesterwe John Gray (of Cape Town Shipwright) . Verder vermeld die testament dat 4 kinders as efgename aangewys word. Die naam van Mary Gray word nie vermeld nie. Janet Gray married to Charles Kirby- Margaret Gray married to Alexander Thomas - John Gray- Elizabeth Gray

Margaret is op 24 Junie 1848 oorlede op die ouderdom van 53 jaar. Ten tye van haar dood het sy in nommer “26 Rose Street in Cape town “ gewoon. Verder op die doodsertifikaat word die volgende inligting vermeld. Geboorteplek: Onbekend - Die name van haar ouers : Charles Threadgold en Janet Threadgold. - Die name van die Gray kinders Janet Gray (mayor) was 28 jaar oud - Margaret Gray (mayor) was 24 jaar oud- John Gray (age 19 years)- Elizabeth (age 17 years)

Hierdie inligting dui dus aan dat Margaret nie ter see gesterf het nie. Verder toon die inligting vervat in haar testament aan dat John Gray nie n skeepskaptein was nie maar n skeepsbouer (shipwright) en dus aanvaar moet word dat ook hy nie ter see gesterf het nie. Ons weet nou ook dat John Gray van 26 Rosestraat die mede eienaar was van “Cape town Shipwright” soos aangedui op dokumente wat in die argief oopgespoor is.

Die onsekerheid oor die kinders is dus ook nou opgelos en die inligting toon dat daar vier oorlewende kinders was en nie drie kinders soos wat aangedui is nie. Die twee oudste dogters is ook nie terug Engeland toe nie, maar het in Suid- Afrika bly woon. Dit word gestaaf omdat:

Janet Gray is met Chales Kirby getroud en die huwelik is op 13/01/1845 in die St. John’s Church Wynland voltrek deur Rev. B Maitland. Die huwelik word ook bevestig in Margaret se testament. Charles Kirby en Janet Kirby het op13 Mei 1862 hulle testament laat opgestel en was op daardie stadium in Claremont woonagtig. Die afskrif is ook in ons besit. Geen kinders word in die testament vermeld nie.

Margaret Gray is met Alexander Thomas getroud en die huwelik word ook in Margaret se testament bevestig. Alexander Thomas en Margaret Thomas het veskeie kinders gedoop en op 7 Julie 1846 ‘n dogter Jannet Elizabeth gedoop wat vernoem was na haar twee susters.

Mary Gray is op 4 April 1826 gebore en op 30 April 1826 gedoop geen verdere inligting kon nog oor haar opgespoor word nie . En sy word ook nie in Margaret se testament vermeld nie.

John Gray later bekend Jan Grey is gebore op 22/10/1828 in Cape Town en gedoop op 7/12/1828. Sy nageslag is saamgevat in die Greyboek.

Elizabeth Gray is in 1849 met William Shugg getroud en hulle het in 1854 na Australie verhuis waar sy op 30 Augustus1875 op 44 jarige ouderdom oorlede is.Ten tye van haar dood was daar 4 oorlewende kinders. Ons het met van hulle nasate kennis gemaak en is tans besig om meer inligting uit te ruil. Weereens word op haar doodsertifikaat vermeld dat John Gray n skeepsbouer (shipwright) was.

Lowies Grey (b11c8d1) 28/05/2013

John Gray
Son
M

Name John Gray
Sex Male
Birth Date 3 Oct 1828
Father's Name John Gray
Father's Sex Male
Mother's Name Margaret Gray
Mother's Sex Female
Event Type Baptism
Event Date 7 Dec 1828
Event Place Cape Town, Cape Province, South Africa

view all 29

John Gray / Jan Grey's Timeline

1828
October 22, 1828
Cape Town, Cape Town, Western Cape, South Africa

John
Baptised: 7 Dec 1828
Born: 03 Oct 1828
Parents: John and Margaret GRAY
Additional notes: born in Cape Town
Source: Cape Town, English Church (from 1847 St George's Cathedral) (Anglican), Cape Town, Western Cape. Baptism register, 1826-1849. Repository: Western Cape Archives, 72 Roeland Street, Cape Town. Transcribed by Charles Fison. Scans of this register are available on the Wits University Web site, up to April 1834 (last 5 files), 1834 to 1848.

December 7, 1828
Cape Town, Western Cape, South Africa

John
Baptised: 7 Dec 1828
Born: 03 Oct 1828
Parents: John and Margaret GRAY
Additional notes: born in Cape Town
Source: Cape Town, English Church (from 1847 St George's Cathedral) (Anglican), Cape Town, Western Cape. Baptism register, 1826-1849. Repository: Western Cape Archives, 72 Roeland Street, Cape Town. Transcribed by Charles Fison. Scans of this register are available on the Wits University Web site, up to April 1834 (last 5 files), 1834 to 1848.

1849
November 30, 1849
Weltevrede, Cape Town, Western Cape, South Africa
1851
April 3, 1851
Weltevrede, Swartberg, South Africa
1852
October 6, 1852
Swartberg
1854
May 18, 1854
1855
July 24, 1855
Weltevrede, Swartberg, Ladismith, South Cape DC, Western Cape, South Africa
1856
1856