![](https://assets10.geni.com/images/external/twitter_bird_small.gif?1698169356)
![](https://assets12.geni.com/images/facebook_white_small_short.gif?1698169356)
Justus Cornelius Dirks (28 Februarie 1911 Volksrust - 15 Oktober 2000 Johannesburg), beter bekend as Cor Dirks, was 'n Afrikaanse skrywer van jeugboeke.
Cor Dirks was skrywer van 'n paar reekse gewilde boeke oor Die Uile van Kranskop, Die Otters en Joof. Hy word veral onthou vir Die Uile waarmee hy derduisende kinders aan die lees gekry het. Besonder gewild was Wadda van die Woestyn, die verhaal van 'n baba wat deur Boesmans grootgemaak word en waarna daar verwysings in Die Uile in die Kalahari is.
Benewens skrywer was Cor Dirks ook baie jare lank hoof van die Hoërskool Linden in Johannesburg. Hy was getroud met Elsje Christina van Niekerk "Ella" gebore 1 Oktober 1913 op die Fergusonmyn, Krugersdorp- hulle het mekaar ontmoet in Lourenço Marques. Hulle het twee kinders gehad - Justus *1943 en Elsje *1946.
Cor Dirks is oorlede as gevolg van foutiewe toediening van narkose vir 'n heupoperasie wat hy in Augustus 2000 in Johannesburg ondergaan het en waarvan hy nooit werklik herstel het nie.
Bronne:
Wikipedia: https://en.wikipedia.org/wiki/Justus_Cornelias_Dirks
Identitynumber.org het ook die spelling JuliAs, maar bevestig sy sterfdatum as 15 Oktober 2000, nie 2001.
David Abraham Swanepoel
1911 |
February 28, 1911
|
Volksrust, Eastvaal District Council, Mpumalanga, South Africa
|
|
2000 |
October 15, 2000
Age 89
|
Johannesburg, City of Johannesburg Metropolitan Municipality, Gauteng, South Africa
|