Kmdt. Jacobus Christoffel Potgieter

How are you related to Kmdt. Jacobus Christoffel Potgieter?

Connect to the World Family Tree to find out

Kmdt. Jacobus Christoffel Potgieter's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Kmdt. Jacobus Christoffel Potgieter

b7c8d6e4 Jacobus Christoffel Potgieter ‘Koos Grootvoet’, Kommandant en Voortrekkerleier. Provisionele Veldkornet van die Tarka gebied in die Kaap Kolonie 1831 - 1833 en toe Kommandant. Vanaf sy plaas Beestekraal, Tarka, voor hy sy eie trekgeselsskap in 1837 Natal toe. Voortrekkerleier. By die Slag van Bloedrivier 1838 was Koos 2de in bevel, saam met Piet Uys. Koos neem deel aan die Slag van Veglaer. Hy het later deelgeneem aan die Beeshaal Kommando. Koos het op 'n ekspedisie om buskryt vanaf die Kaap te gaan haal toe die Britse magte Natal aanval. Koos het Natal verlaat toe Britanje Natal annekseer. Koos Grootvoet het sy familie in die Piet Retief omgewing van die Oos-Transvaal gevestig 1843.

Bronnelys:

1. From the land of the Zulu Kings - bl.77 - J.L. Smail - 1979

2. Andries Pretorius: lewensbeskrywing van die voortrekker ... - bl.58 - G.S. Preller - 1937

3. Die Doppers in Suid-Afrika, 1760-1899 - bl.89 - B. Spoelstra - 1963

4. Voortrekkerstamouers, 1835-1845 - bl.170 - J.C. Visagie - 2000

5. Van die Tarka na die Transgariep: die emigrasie uit die ... - bl.67 - G.D.J. Duvenage - 1981

6. Parbury's oriental herald and colonial intelligencer - bl.296 - 1838

-=-=-=-=-=-=- Inligting verskaf deur Alex Armenis -=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=

(Potgieter: b7c8d6e4/1.7.8.6.4) : Potgieter, Jacobus Christoffel (Koos Grootvoet) - b7c8d6e4 = 22.3.1801, Veldkornet van die wyk Tarka in die Kaapkolonie ca. 1831-1834, Voortrekkerleier en Voortrekkerkommandant. Woon "Beestekraal", Tarka, Somerset, vertrek in die tweede helfte van 1839 as leier van sy eie trekgeselskap. Hy vestig hom in Natal waar hy 'n groot rol in die Voortrekkergemeenskap gespeel het. JC Potgieter se laer en ook ander laers is by Wagendriftdam naby Escourt op 13 en 14 Augustus 1838 deur die Zulu-krygers aangeval.

Bron: Voortrekkerstamouers 1835-1845, Jan C Visagie, p 367

-=-=-=-=-=-=- Inligting van Dr Jordaan Potgieter -=-=-=-=-=-=-=-=-=-=

1.7.8.6.4. Jacobus Christoffel POTGIETER, gedoop 22 Mrt 1801 in Kaap de Goede Hoop,15 verw. nr. b6c8d6e4. (Koos Grootvoet).

Provisionele veldkornet van Tarka en voortrekkerleier en kommandant. Hy woon op Beestekraal, Tarka voordat hy laat in 1837 sy eie trek lei na Natal. Hy het in die geveg by veglaer deelgeneem en veg in die slag van Bloedrivier as kommandant, en neem later ook deel aan die Beeshaal kommando. Toe die Engelse Natal inval het hy op 'n tog gegaan om buskryt te gaan haal in die Kaap. Nadat die Engelse Natal geanekseer het velaat hy Natal (1843) om in die Oos-Transvaal in die Piet Retief omgewing te gaan vestig.

Hy trou Geertruida Maria STEENKAMP, trou 7 Des 1817 in Graaff-Reinet,18 (dogter van Jan Harmse STEENKAMP en Johanna Helena DU PLESSIS) gedoop 25 Nov 1801,1 verw. nr. b7c2d9.

-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-Inligting van Louw du Plessis =-=-=-=-=-=-=-=-=-=-

b7c8d6e4 1 JACOBUS CHRISTOFFEL POTGIETER (Koos Grootvoet) ≈ 22.3.1801 Kaap De Goede Hoop † Apiesrivier Dist Pretoria x 7.12.1817 te Graaff Reinet met GERTRUIDA MARIA STEENKAMP ≈ 25.11.1801 (dogter van Jan Harmse Steenkamp en Johanna Helena du Plessis) Koos was Provinsiale Veldkornet van Tarka (Cradock) en Voortrekkerleier en Kommandant. Hy woon op Beestekraal Tarka. Laat 1837 lei hy en Jan du Plessis ≈ Graaff Reinet 28.10.1804 †Harrismith x Susanna Geertruyda Jordaan sv d10 Barend Christoffel du Plessis ≈1782 x Anna Elizabeth Steenkamp ≈1785 (kleinseun van ab7c1 Jan du Plessis ≈7.9.1732 x 3.12.1758 Vrou 1. Johanna Helena BEKKER ≈18.3.1742 xx 27.10.1771 Catharina BOTHA 16 kinders) die sogenaamde Dubbel Trek uit die Tarka na Natal. Hy (Koos) het in die geveg by Veglaer deelgeneem en veg toe in die slag van Bloedrivier as Kommandant, en neem later ook deel aan die beeshaal-kommando.Gedurende 1840 was hy ‘n lid van Volksraad te Pieterrmaritzburg.Toe die Engelse Natal inval het hy op ‘n tog gegaan (1842) om buskruit by Colesberg te gaan haal. Nadat die Engelse Natal geannekseer (Junie 1843) het, verlaat hy Natal om in die Oos Transvaal in die Piet Retief/Utrecht omgewing te gaan vestig. Hy het vermoedelik later teen die Apies rivier Dist Pretoria gaan woon, waar hy ook oorlede is. (Koos Grootvoet-hulle se dogter f3 Maria Margaretha Pot *29.8.1821 x 19.10.1838 tydens die Groot Trek met Jan Harm Steenkamp *11.6.1817 Cradock. Daarna trou Jan H en Maria M se tweede dogter Gertruida (Truia) Maria Margaretha* 27.6.1843 met Lourens Marthinus Du PLESSIS *11.6.1840 Leier van die Tweede Dorsland Trek)

-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=- WikiTree Profile : http://www.wikitree.com/wiki/Potgieter-472

view all 16

Kmdt. Jacobus Christoffel Potgieter's Timeline

1801
March 22, 1801
Cape Town, Western Cape, South Africa
March 22, 1801
Cape Town, Western Cape, South Africa
1818
1818
Graaff-Reinet, Western District, Eastern Cape, South Africa
1819
March 30, 1819
Cradock, Stormberg District, EC, South Africa
1821
August 29, 1821
Kaapkolonie, Suid-Afrika
1824
1824
1826
March 15, 1826
1828
June 2, 1828
Cradock, Cape Colony, South Africa
1831
June 13, 1831
Cradock, Stormberg District, Eastern Cape, South Africa