Maria Magdalena Swanepoel

Is your surname Swanepoel?

Research the Swanepoel family

Maria Magdalena Swanepoel's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Maria Magdalena Swanepoel

Maria Magdalena Swanepoel (Bezuidenhout - +(’’’Death Notice’’’) – 1883-08-15 added by AR Swanepoel

Boedel / Estate No. VAB MHG B708

__________________________________________________________

Notas deur David Abraham Swanepoel

Volgens haar jare terugbereken van haar sterfdatum en ouderdom, is sy in 1789 gebore. Sy trou op 21 jarige leeftyd en sterf op 94, beide tye uitsonderlik in daardie tyd.

Sy trou op 28 Oktober 1810 met David Christiaan Christoffel Swanepoel. Die geboortedatum van hulle oudste kind, Maria Magdalena, later Van Eeden is 8 Mei 1805. Die van Willem Jacobus Swanepoel, kind no 2, is 3 Desember 1810. Hy is dus ook voor die huwelik al verwek. Die laat troue word dus deur die kinderverwekking uitgekanselleer. Vir haar het dit op 15 begin.

Volgens AJ Swanepoel [1] is sy eers op 22 jarige leeftyd te Graaff-Reinet gedoop, dus na die huwelik. Haar man is ook laat gedoop aangesien sy ouers nie een van hulle kinders laat doop het nie. Dit wil voorkom of hierdie generasie Swanepoels en hulle maats hulle nie veel aan konvensies gesteur het nie en eers onder druk die nodige gedoen het.

Oor haar tweede naam is daar verwarring. Sy teken David Christiaan Christoffel se sterfkennis as Susanna. Dit gebeur ook met sommige van hul kinders se doop, die 2de naam is as ‘Susanna’ in die doopregister geskryf [1]. CH Swanepoel [2] gebruik ook die vorm Susanna. In ander dope is sy Magdalena by implikasie en haar oudste dogter is ook Maria Magdalena.

Om sake verder te kompliseer, beweer SAG 12 [3] dat die moeder van die oudste dogter, ene Maria Magdalena de Jager is. Het ons 2 persone, Maria Magdalena de Jager en Maria Susanna Bezuidenhout? SAG 12 moes hulle inligting van ‘n dokument gekry het. Haar eie sterfkennis stel duidelik: Maria Magdalena Bezuidenhout, maar sy is nie daar om dit na te gaan nie. Sy onderteken haar man se sterfkennis as Maria Susanna Bezuidenhout. Dit kan wees dat sy De Jager se dogter as haar eie grootgemaak het, nadat die die ma oorlede is tydens of na kindergeboorte. Die eerste naam van Maria by beide kon verwarring geskep het. Of, dis bloot een persoon. Met lg scenario is die opmerkings in die tweede paragraaf hierbo steeds geldig, andersins moet aanpassings gemaak word. Dis ‘n tameletjie wat waarskynlik nie oplosbaar is nie.

Mens wonder wat haar verwantskap met tydgenote Frederik en Johannes Bezuidenhout van Slagtersnek-faam was. Ongelukkig is haar ouers se name nie bekend vir navorsing nie. Sy word nie aangedui as ‘n dogter van Maria Catharina Bezuidenhout (Eckard), bruin lewensmaat van Cornelis Frederik Bezuidenhout, b4c6d8, die persoon by wie die Slagtersnek-rebellie begin het nie.

Die naam Bezuidenhout kom van die Haagse Hout, ‘n bos waarvan ‘n stukkie nog in Den Haag bewaar word. “Hout” is ‘n argaiese woord vir ‘n bos, in moderne Nederlands beteken dit ook bloot hout as materiaal. Ek het in Den Haag ook ‘n Benoordenhoutseweg gesien, die 2 strate Benoordenhoutseweg en Bezuidenhoutseweg beflank die bos. Daar is ook gelyknamige woonbuurte langsaan. Die stamvader Wynand Leendertsz Bezuidenhout moes van hier gekom het, alhoewel dit nie met 'n dokument bewys is nie.

Haar sterfplek, Glen Rosa, Rouxville is vermoedelik die plaas wat vandag in Zastron se distrik is: 30°30'02.3"S 27°08'38.2"E / -30.500638, 27.143955. Dis redelik naby die Oranjerivier.

Bronne:

1. A.J. Swanepoel in medewerking met Aletta Maria Swanepoel. 1999. n Geslagregister van Swanepoel-families in Suid-Afrika. Pretoria: A.J. Swanepoel. CD weergawe, 2015

2. Swanepoel, Christiaan Hendrik. 2003. 'n Tak van die Swanepoel-familie in Suid-Afrika, 1699 tot 1999: 'n genealogiese en kultuurhistoriese studie. MA tesis, Universiteit van Stellenbosch. Gratis aflaaibaar by: http://scholar.sun.ac.za/handle/10019.1/53526

3. South African Genealogies. Compiled, augmented and edited by GISA from the original notes of J.A. Heese and other contributors. Vol 12, 2005.

Inligting verskaf as Oop Toegang onderhewig aan lisensie CC BY-NC-ND 4.0 - Creative Commons https://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/legalcode

Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf. Die inbring van ras is om konteks te genereer en het nie 'n politieke oogmerk nie.

view all 12

Maria Magdalena Swanepoel's Timeline

1789
1789
Cape Colony
1805
May 8, 1805
Cape Colony
1810
December 3, 1810
1815
February 10, 1815
1819
November 12, 1819
Boesmansrivier, Cape, South Africa
1822
November 4, 1822
Uitenhage, Port Elizabeth, Eastern Cape, South Africa
1824
December 29, 1824
1826
December 29, 1826
1830
December 19, 1830
Swartruggens, Bojanala, North West, South Africa