Marthinus Aegidius Theunissen, SV/PROG

Is your surname Theunissen?

Connect to 2,881 Theunissen profiles on Geni

Marthinus Aegidius Theunissen, SV/PROG's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Marthinus Aegidius Theunissen, SV/PROG

Also Known As: "BAAS THEUNS"
Birthdate:
Birthplace: Aambij naby Maastricht, Limburgh, Nederland (Netherlands)
Death: May 23, 1828 (86)
Stellenbosch, Breede River DC, Western Cape, South Africa
Immediate Family:

Son of Marthinus Petrusz Theunissen and Anna Maria Theunissen
Husband of Anna Maria Theunissen, b5 SM
Father of Anna Aletta Johanna Holzhausen (Theunissen); Marthinus Wilhelmus Theunissen; Johanna Magdalena van Wielligh, b3; Wilhelmus Hendricus Theunissen; Anna Alida Geertruy Theunissen and 5 others
Brother of Jacobus Marthinus Theunissen

Occupation: Posthouder Caledon, POSTHOUDER, CALEDON
Managed by: Nicolaas Philippus (Nico) Stoffb...
Last Updated:

About Marthinus Aegidius Theunissen, SV/PROG

Marthinus Aegidus THEUNISSEN (in G.R. genoem Jan Marthinus), is in 1744 gebore, seun van Marthinus THEUNISSEN en Anna Maria SLIJPER. Hy het in 1764 of 1765 uit Maastricht (Nederland) in die Kaap aangekom as soldaat in diens van die H.O.I.K. Omtrent drie jaar na sy aankoms het hy in die huwelik getree met Anna Maria LOURENS.

KINDERS

(1) Anna Alida Geertruij (1782),

(2) Johannes Hubertus (1785) en

(3) George Nicolaas (1790) ongetroud oorlede is. Die ander was:

(4) Aletta Johanna (1769), getroud met Theunis HOLTSHAUSEN.

(5) Marthinus Wilhelmus (1773), getroud 19.5.1793 met Sara Catharina MALAN; 15 kinders.

(6) Johanna Magdalena (1774), getroud met Mattijs VON WIELLIGH.

(7) Wilhelmus Hendricus (1777), getroud 5.11.1797 met Emerentia Elisabeth MALAN; 8 kinders.

(8) Eijda Christina Gesina (1783), getroud met Johannes Albertus LAUBSER.

(9) Johannes Frederik Hubertus (1787), getroud 1.3.1807 met Emerentia WENTZEL; 6 kinders.

(10) Jacobus (1791), getroud met Willielmina Susanna WIUM; 7 kinders.

(11) Sara Hendrina Qeloffina (1792), getroud met Pieter Gerhard WIUM.

(12) Nicolaas, getroud met Johanna HAMMAN; 5 kinders.

Die stamvader, Marthinus, is as poshouer na buiteposte van die H.O.I.K. aan die Riviersonderend en Buffeljagtsrivier gestuur. Die pligte van die poshouers was baie verantwoordelik en veelvuldig. Hulle moes toesig hou oor die bergwoude wat die H.O.I.K. in Kaapstad van timmerhout voorsien het, die vernietiging van die bosse verhinder, asook die omkap van bome reël. Hulle het beeste van die inboorlinge geruil om die Kompanjie van vleis te voorsien. Die poshouers was in sekere opsigte beter daaraan toe as baie vryburgers wat betref huise, meubels en vee.

Theunissen het sy pligte met soveel toegewydheid uitgevoer dat goewerneur Tulbagh hom aangestel het op die pos op ,,Zoet Melks Vlei”. Baie beroemde persone soos o.a. Lichtenstein, Thunberg, lady Anne Barnard, Latrobe, ens., het hom op ,,Soetmelksvlei” of op ,,Rietvlei” besoek, en almal van hulle het getuig van sy bekwaamheid en gasvryheid.

Tydens die Swellendamse opstand het Theunissen getrou gebly aan die H.O.I.K., maar die oorgawe van die Kaap het sekere veranderings van beleid meegebring wat hom in baie opsigte innig getref het. In 1813 het hy een van die oorspronklike erwe in Swartberg (tans Caledon) gekoop. Volgens die opgaafrol vir Caledon van 1821, het Theunissen en sy eggenote op ,,Het Zieken Huis over de Rivier Zonder End” vier uur van die setel van die magistraat gewoon. Theunissen is na ‘n romantiese loopbaan en ‘n ampsbekleding onder vier regerings op 23 Mei 1828 in die ouderdom van 84 jaar oorlede.

Bronne:

“Die AFRIKANER FAMILIENAAMBOEK & PERSONALIA” (1955) saamgestel deur J.H Redelinghuys

Bydrae:

Pieter Conradie pietc@iafrica.com

view all 13

Marthinus Aegidius Theunissen, SV/PROG's Timeline

1742
May 17, 1742
Aambij naby Maastricht, Limburgh, Nederland (Netherlands)
1769
1769
1772
December 21, 1772
Vergelegen Wine Estate, Cape Town, Cape Town, Western Cape, South Africa
1774
1774
1777
February 17, 1777
1782
1782
1783
December 25, 1783
Riviersonderend, Overberg DC, Western Cape, South Africa
1787
December 25, 1787
Stellenbosch, Cape Winelands, Western Cape, South Africa
1790
January 13, 1790
Stellenbosch, Cape, South Africa
1791
May 17, 1791
Soetmelkvlei, Swellendam, Overberg District Municipality, WC, South Africa