Historical records matching Michiel Adriaan Oberholster
Immediate Family
-
daughter
-
daughter
-
daughter
-
daughter
-
daughter
-
daughter
About Michiel Adriaan Oberholster
UIT: DIE SUID-AFRIKAANSE BIOGRAFIESE WOORDEBOEK, DEEL V
Oberholster (Oberholzer), Michiel (Michael, Michil) Adriaan (ged. Kaapstad, 14.4.1782 - † Schietmekaar, dist. Fauresmith, 15.6.1845), leier van die trekboere noord van die Oranjerivier, was die derde kind en tweede seun van die ses kinders van Michiel Oberholster en sy vrou, Gerharda Visagie.
O. het in die veldkornetskap Winterberg, Colesberg, geboer waar hy later veldkornet geword en as spreekbuis van die boere by die koloniale owerheid opgetree het. Vanweë die aanwas van die bevolking, voortdurende droogtes, sprinkane en trekbokke kon die boere nie 'n bestaan op hul plase maak nie, en op grond van O. se veldkornetsverslae aan die siviele kommisaris in Kaapstad het Andries Stockenström toestemming gegee dat hulle tydelik oor die Oranjerivier mag trek vir beter weiveld.
Vanaf ongeveer 1825 het sporadiese trektogte oor die Oranjerivier plaasgevind. In 1827 het O. vanweë die droogte dieselfde gedoen en in 1829 is hy algemeen as die leier van die trekboere erken.
Alhoewel hulle by geleentheid na die Kaapkolonie teruggekeer het, het dit spoedig geblyk dat vanweë swak toestande aldaar, 'n groot aantal trekboere glad nie weer teruggekeer het nie. Dit het WC van Ryneveld in 1834 beweeg om 'n bevel uit te reik dat hulle moes terugkeer. Hulle het hulle egter nie daaraan gesteur nie. O. het slegs 'n betuiging van lojaliteit teenoor die kolonie gemaak en as veldkornet voortgegaan om belastings van die boere te vorder en aan die Kaap oor te betaal.
Onder leiding van O. het die trekboere reeds in 1828 'n ooreenkoms met die Griekwas onder Adam Kok II gesluit waarvolgens grond ten noorde van Philippolis aan hulle verhuur is. Die jaar daarna het Kok by die koloniale owerheid beswaar aangeteken teen hul teenwoordigheid in sy gebied. Aanvanklik het O. hom langs die Rietrivier gevestig, maar in 1834 was hy genoodsaak om vanweë die droogte en besware van Kok na die Modderrivier te verskuif. Die verhoudinge tussen die trekboere en die Griekwas het egter gespanne gebly.
In 1837 het O. vanweë swak gesondheid as veldkornet uitgetree. Hy het egter steeds aktief gebly en is in 1840 deur Adam Kok III as leier van die trekboergemeenskap erken. Hulle het ook 'n ooreenkoms aangegaan waarvolgens die trekboere Griekwagrond vir 'n lang termyn kon huur in ruil vir beskerming aan die Griekwas.
'n Nuwe ontwikkeling het in die gebied gevolg nadat republikeinsgesindes hulle in 1841 onder leiding van Jan Mocke tussen die Modder- en Vetrivier gevestig het. Toe twee burgers in 1842 gearresteer is vir oortreding van die Cape of Good Hope Punishment Bill, het Mocke besluit om 'n republiek uit te roep. O., wat nog steeds 'n lojalis was, het regter W Menzies oor Mocke se planne ingelig, en alhoewel Menzies op 22.10.1842 die Britse vlag by Allemansdrif gaan hys het, is die stap op 3.11.1842 deur Sir George Napier gerepudieer.
Pogings van Mocke om by die Republiek Natalia, en na die anneksasie daarvan in 1843 by die Burgerraad in Potchefstroom in te skakel, is heftig deur O. geopponeer. Hy en sy volgelinge het steeds verkies om onder Britse bestuur te bly.
Spanning tussen die trekboere en die Griekwas het in 1844 steeds opgelaai vanweë die Verdragstaatstelsel van 1843 en die uitoefening van Kok se sogenaamde jurisdiksie oor die Blankes. Vyandighede het in April 1845 by Touwfontein uitgeloop op 'n gewapende botsing tussen Kok en O. se mense tesame met die republikeinsgesindes.
Op 30.4.1845 het Sir Peregrine Maitland O. en die ander ontevrede burgers by Zwartkoppies verslaan en tot orde geroep. Daarop het O. en sy volgelinge die wapens neergelê en hulle by hernuwing aan Britse gesag onderwerp.
Gaandeweg, namate die getalle van die republiekeinsgesindes toegeneem het, het O. se invloed afgeneem. Waar hy voor 1842 kon reken op die steun van 350 man, was dit daarna slegs 200 families. Sy standpunt was voortdurend dat dit onchristelik sou wees om die gesag van die owerheid te verwerp, en hy het dan ook telkens sy lojaliteit by wyse van memories aan die koloniale owerheid bevestig.
In sy tyd was hy 'n omstrede figuur vanweë sy samewerking met die Britse owerheid terwyl baie van sy tydgenote nie te vinde was vir sy versoenende optrede nie en sy standpunt verwerp het dat die gemeenskap in die Vrystaat te klein was om hul onafhanklikheid te handhaaf.
O. was getroud met Maria Magdalena Smit. Na haar dood in 1842 is hy getroud met 'n weduwee Cloete. Een van sy seuns, Michiel Oberholster, is in 1848 verkies tot veldkornet en later kommandant van die wyk Rietrivier, Fauresmith. O. is op sy plaas Schietmekaar in die distrik Fauresmith oorlede.
Michiel Adriaan Oberholster's Timeline
1781 |
May 23, 1781
|
't Land van Waveren, Cape Province, South Africa
|
|
1782 |
April 14, 1782
|
Nederduits Gereformeerde Kerk, Cape Town, Cape Province, South Africa
|
|
April 14, 1782
|
|||
1809 |
January 12, 1809
|
Graaff-Reinet, Western District, Eastern Cape, South Africa
|
|
1810 |
December 15, 1810
|
||
1812 |
December 7, 1812
|
||
1819 |
September 1819
|
South Africa
|
|
October 6, 1819
|
|||
1822 |
November 17, 1822
|