Nicolaus Laubscher, SV/PROG

How are you related to Nicolaus Laubscher, SV/PROG?

Connect to the World Family Tree to find out

Nicolaus Laubscher, SV/PROG's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Nicolaus Laubscher, SV/PROG

Also Known As: "Laubscher", "Loeser", "Lau(p)bscher", "Laupscher", "Loopser", "Loepser"
Birthdate:
Birthplace: Fräschels, See District, Canton of Fribourg, Switzerland
Death: before December 30, 1721
Stellenbosch, Cape Winelands, Western Cape, South Africa
Immediate Family:

Son of Benedicht Laubscher and Agnes Laubscher (Gnaegi)
Husband of Engeltjen Quint and Engela Laubscher
Father of Johannes Albertus Laubscher; Jan Albertus Loubser, b1; Aletta Faasen; Benjamin Loubser, b4; Jan Josua Loubser, b8 and 9 others
Brother of Maria Laubscher; Barbli Laubscher; Salome Laubscher; Bendicht Laubscher and Catharina Laubscher

Occupation: Farmer "Nooitgedacht"
DVN: SV/PROG
Managed by: Private User
Last Updated:

About Nicolaus Laubscher, SV/PROG

BRONNE & ERKENNING: Melt Vd Spuy Loubser Familienverband Laubscher www.familie-laubscher.deLaubscher-Familienverbandund Laubscher-Familienstiftung-der neue Internet-Auftritt Jörg Laubscher-Duitsland Pauline Holloway Swanepoel-FB

a(6) Nikolaus Lau(p)bscher, * c 1651 Fribourg, of Fräschels, Switzerland, ≈ 1651-12-21 Gereformeerde kerk, Kerzers, Switzerland. Getuies by doop: Niklaus Jöcchev, Margaret Rubli & Hans Mader [sommige bronne sê * 1645]. Die doopbewys van Nicklauss [Nikolaus] Laupscher is wel bevestig. Hy kom in die jaar 1676 of 1677 in die Kaap aan. [vlg C C de Villiers in sy “Geslacht-register der Oude Kaapsche Familien”, Deel 2, Kaapstad 1894, bl. 247] Burger te Stellenbosch waar sy beroep hier aan die Kaap, boer en wamaker was. Dit is waarskynlik eerder 1676 toe ons die eerste keer van hom kennis neem, toe hy ‘n eiendom wou aanskaf. Hy [naam aangegee as Claes Loopser] x 1685-12-16 Stellenbosch (Kaapse kerk) [http://www.eggsa.org/sarecords/index.php/church-registers/cape-town...; https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3QS7-89ML-49TB-9?i=47&c...], Engeltje Quint, van Leersum, Gelderland, naby Utrecht, ≈ 1668-11-09. [vlg testament kom sy van Leersom in't Stigt van Uijtregt", d.i. “in die bisdom Utrecht", d.w.s. van Leersum, provinsie Utrecht. Die oudste registers dui aan dat sy deur die Rotterdamse Kamer as weesmeisie vanaf Amsterdam, een van sewe weesmeisies van Amsterdam, in 1685 na die Kaap gekom het. Dan is daar ook die bronne wat aandui dat sy as diensmeisie van ‘n Amptenaar van die Kompanje vanuit Nederland hier aangekom het. [“Engeltjie may well have arrived here, like Alexander Blanck’s wife, as a servant to some Company official”, http://www.swissroots-za.ch/history/download/the_swiss_in_sa_1652-1...]. [Vlg Geni op internet [Engelina Quint] is sy * 1662-11-19. Die dogter van“een Hugonoot”, “a horseman with the Dutch cavalry”: Jan Edouart Quint [Edouard] [Johan Quint] x 1660-12-30 Amerongen [hr https://www.archieven.nl/nl/zoeken?mivast=0&mizig=310&miadt=39&miae...] [Wilhemiena] Willemiena Verwey [Wilhelmina Jans Verweij] [Wilhemiena] Willemiena Verwey [Wilhelmina Jans Verweij], hierdie inligting is moontlik verkeerd agv ‘n verwarring met iemand anders volgens die volgende bron: https://sites.google.com/site/genealogieadamblok/Home/jan-sinninghe...]. Hier aan die Kaap gebruik sy die naam Engela. Engeltjie xx 1721-08-10 Jan Tempel, ‘n “Adsistent van Amsterdam”. Sy † c 1726 (64 jaar oud) "Gedult", Stellenbosch. Die opbrengs van haar halwe boedel [Inventaris 8/4 nr 122] [http://www.geni.com/documents/view?doc_id=6000000026239813399&] is gelykop verdeel tussen die vier seuns van Jan Albert, die dogter en seun van Eduard en twee seuns van haar dogter (Aletta). Vlg die Inventaris besit sy o.a. die plaas “Geduld” in die Stellenbosch-distrik. Nege kinders is uit die huwelik gebore, waarvan net die oudste twee seuns, Jan Albert en Eduard,‘n Laubscher-nageslag nagelaat (sewe kleinkinders) het. Hulle het ook vier kleinkinders by hulle oudste dogter; 11 kleinkinders in totaal dus. Hy † einde 1720, of vroeg 1721, ongeveer 70 jaar oud. Hulle eerste gesamentlike testament is geregistreer 1716-06-25 en die tweede 1719-02-03. Derde gesametlike testament geregistreer 1720-08-15. [bron: de kock-doc] Sy boedel word geregistreer 1721-03-07. Die Inventaris 8/4 no 35, is gedateer 1721-12-31 [http://www.geni.com/documents/view?doc_id=6000000026239813399&]. Daar word nêrens gemeld waar hy Ω is nie, maar dit is met redelike sekerheid bekend dat hy aan huis van die wed. van sy oudste seun, Jan Albert, naamlik Sibilla Laubscher, op die plaas Nooitgedacht, Bottelary oorlede is. Van sy vernaamste besittings word aangedui as: 'n huis in die Heerengracht (Adderleystr), waarde 8000 gulde; 'n huis in Boven Bergstr, waarde 5500; 'n huis in Bergstraat (St. George's Straat), waarde 2800; en 'n plaas by die Soutrivier genaamd, "Buijten Post", waarde 1200. Hy boer ook op Lo(b)venstein aan die Tygerberg. Vgl ook die boek "/slaves and the Free Blacks at the Cape 1658-1700" deur dr Anna Boeseken en "Familia" (1980:XVII:3/4; 1988:XXV:2). Die verwysings na die eiendom Oranjezicht as sou dit aan hom behoort het, is foutief soos uitgewys deur Johan van Breda. [Bron: transportakte] Aangaande die spelling van die van Laubscher/Loubser: Laubscher is met stelligheid die regte spelling. Die AU van Laubscher word weens sy Duitse agtergrond uitgespreek OW soos in OWL. In Nederlands word OU ook uitgespreek as OW en so het die gebeur dat die "Duitse" Laubscher's se van aan die Hollandse Kaap deur Hollanders geskryf is as Loubser. In die skrywery van die van (waar die persoon dikwels nie self kon skryf nie) het Predikante en Landdroste 'n groot rol gespeel soos blyk uit argiefstukke. Soos blyk uit die onderstaande register het daar verskeie vorme ontwikkel. Van die vier kinders van Nicolaas se oudste seun (Jan Albert) het twee geslagslyne doodgeloop. Die nageslag van Pieter (die derde kleinseun) spel konsekwent hulle van Laubscher. Die nageslag van die tweede seun van Nicolaas (Eduard) spel oorwegend hulle van Loubser. Hier kom egter Loubser, Laubscher, Loubscher en Laubser voor selfs binne een familielyn. Die enigste riglyn om onderskeid te maak, is deur die gebruikmaking van die huweliksregister wat verlang is vanaf 1834, deur die Britse bewind, waar die een wat trou die register moes onderteken. Die teken " ^ " is gebruik waar die spelling vasgestel kon word d.m.v. die registers. Die van moet egter nie verwar word met Losper nie. Navorsing deur Boonzaaier het getoon dat daar op 1792-06-06 'n nie-blanke, genaamd Christiaan, gebore is op die plaas van 'n Laubscher in die Koeberggebied. Hy x 1815-04-19 te "Brakheuvel", met Helena Einenberg [Eysenberg] en uit die huwelik is tien kinders gebore. Hulle is 'n tweede keer getroud in die Groote Kerk, Kaapstad op 1840-02-24 [hr: https://familysearch.org/pal:/MM9.3.1/TH-267-11580-118417-83?cc=147..., beide teken met kruisie as merk]. Toe hulle Kaap toe getrek het het ses van hulle kinders geleef, vyf dogters [vgl ook: https://familysearch.org/pal:/MM9.3.1/TH-266-12320-193882-1?cc=1478...; https://familysearch.org/pal:/MM9.3.1/TH-266-12320-195002-53?cc=147...; https://familysearch.org/pal:/MM9.3.1/TH-266-12320-195002-53?cc=147...; https://familysearch.org/pal:/MM9.3.1/TH-266-12320-193731-33?cc=147...; https://familysearch.org/pal:/MM9.3.1/TH-266-12320-193687-16?cc=147...] en een seun, Christiaan Petrus (jnr). Christiaan (snr) het die van Laubscher aangeneem. Christiaan (jnr) se seuns en hulle nageslag, het hulleself egter Losper genoem en het in die Hopefield distrik gevestig..

About Nicolaus Laubscher, SV/PROG (English (default))

view all 22

Nicolaus Laubscher, SV/PROG's Timeline

1645
1645
St Callen, Kirchberg, Switzerland
1651
December 21, 1651
Fräschels, See District, Canton of Fribourg, Switzerland
December 21, 1651
December 21, 1651
Kerzers, Fribourg, Switzerland
1676
1676
- 1677
Age 24
1686
September 29, 1686
Utrecht, Netherlands
1688
June 13, 1688
Stellenbosch, Breede River DC, Western Cape, South Africa
1690
September 10, 1690
Cape Town, Cape, South Africa
1694
August 1, 1694
Cape Town, Cape, South Africa