Olof Godlieb de Wet, b6c5

Is your surname de Wet?

Connect to 6,643 de Wet profiles on Geni

Olof Godlieb de Wet, b6c5's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Olof Godlieb de Wet, b6c5

Tree in diens van die H.O.I.K. as assistent in die weeskamer; 1768 adjunk-fiskaal met die rang boekhouer; 15 September 1772 sekretaris van die weeskamer; 1775 onderkoopman; 24 Maart 1778 lid van die Raad van Justisie; 15 Desember 1778 Landdros van Stellenbosch (volg Marthinus Adrianus Bergh op); Febrarie 1782 Pakhuismeester; 29 November 1785 Sekretaris van die Politieke Raad en vendumeester (in die plek van Olof Martini Bergh); 1787 President van die Raad van Kommissarisse van Siviele en Huweliksake; 1 Julie 1791 President van die Raad van Justisie en gedurende 1793 kry hy bykomstige posisie tot laasgenoemde, naamlik Ontvanger van Inkomste en lid van die Politieke Raad. Vir die periode 16 September 1795 tot 28 Maart 1803, gedurende die eerste Britse besetting van die Kaap, bly hy aan as president van die Raad van Justisie en met die tweede Britse bewind was hy van 6 Februarie 1807 tot Maart 1809 Hoofregter. Hy was ’n vrymesselaar en stigterslid van die eerste losie aan die Kaap in 1772; ook diaken en later ouderling van die Kaapse kerk. In 1778 vergesel hy Goewerneur Joachim van Plettenberg op sy reis na die Noord-oostelike landstreke. Hy tree as Joernaalskrywer op en teken daagliks feite aan ten opsigte van klimaat, geografiese toestande, ens. Sy opmerkings oor inboorlinge en gebruike getuig van skerpsinnige waarnemingsvermoë. In 1792 word van die burgers toegelaat om van hulle produkte in eie skepe te vervoer. Hy koop ’n boot ’De Zeenimph’ vir die doel vir 15 000 gulden. Ongelukkig vir hom vergaan die skip in ’n storm. Hy word gedurende April 1795 deur Kommissaris-Generaal A.J. Sluysken aan die hoof van ’n sending na Graaff-Reinet gestuur om ’n klagstaat van die burgers teen landdros Maynier te ondersoek. Die burgers het drastiese optrede geëis teen die Xhosa, terwyl Olof G. oorlog wou vermy. Hy het ook geweier om die grens te besoek waar die Xhosa en Hottentotte skade aangerig het. Deur sy optrede word hy en sy kommissie deur die burgers as ’amptenare kliek’ beskou en beveel om op 16 Junie 1795 die distrik te verlaat. Met die eerste Britse oorname, was Olof G. as lid van die Politieke Raad, mede-ondertekenaar van die oorgawedokument. Hy gaan twee keer na Engeland - in 1803 en 1806. Die laaste besoek was onder andere om sy enigste dogter, Sara, en haar kinders in Glasgow te besoek.



Death - https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSVH-99JL-Q?i=748

http://www.national.archsrch.gov.za/sm300cv/smws/sm30ddf0?201106211...

DEPOT KAB SOURCE NCD TYPE LEER VOLUME_NO 1/4 SYSTEM 01 REFERENCE 266 PART 1 DESCRIPTION NOTARIAL PROTOCOL. NOTARY, JJF WAGENER. WILL. OLOFF GODLIEB DE WET AND MAGDALENA BOTTIGER. STARTING 17980000 ENDING 17980000

view all

Olof Godlieb de Wet, b6c5's Timeline

1739
October 11, 1739
Cape Town, Western Cape, South Africa
1739
Cape Town, Western Cape, South Africa
1762
April 30, 1762
Cape Town, Western Cape, South Africa
1811
December 6, 1811
Age 72