Petronella Aletta Booysen

Is your surname Prinsloo?

Connect to 5,000+ Prinsloo profiles on Geni

Petronella Aletta Booysen's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Petronella Aletta Booysen (Prinsloo)

Birthdate:
Death: September 14, 1879 (21)
"Wonderboom"
Place of Burial: present - unknown, as her remains were not accounted for when the cemetery was closed to make way for the Wonderboom Junction shopping centre.
Immediate Family:

Daughter of Erasmus Daniel Jacobus "Rasmus" Prinsloo, b3c3d6e7f5 and Princina Willemina Prinsloo
Wife of Cornelius Hermanus Zacharias Booysen
Mother of Jan Jonathan Booysen; Princina Petronella Aletta Booysen and Willem Booysen
Sister of Maria Elizabeth Booysen

Managed by: Catharina Johanna Cecilia Wolvaa...
Last Updated:

About Petronella Aletta Booysen

Notas deur David Abraham Swanepoel

Hierdie persoon was begrawe in ‘n begraafplaas op die oorspronklike plaas Wonderboom. Die begraafplaas is in 2004 deur eGGSA gefotografeer. (http://www.graves-at-eggsa.org/main.php?g2_itemId=1022832). Die begraafplaas is verskuif toe die Wonderboom Junction winkelsentrum gebou is. Persone is herbegrawe in die Heatherdale begraafplaas en in die Pretoria-Noord begraafplaas. Die blad vir die ou begraafplaas word steeds as ‘n eenheid behou.

Dit moes volgens die oorsigfoto langs die oos-wes pad wat Lavenderweg en Paul Krugerstraat verbind (deel van Lavenderweg) gelê het. Volgens die koordinate op rekord geneem, is dit waar daar vandag (2019) 'n Steers kitskosrestaurant is, sowat 70m oos van die hoofingang. Dis ongeveer 170m, direkte lyn, effens noordwes van die beroemde Wonderboom self. Op 8 April 2019 het ek die toneel besoek en is van mening dat hierdie inligting korrek is. Ek het die hoek vanwaar die foto geneem is probeer rekonstrueer deur na die helling van die berg agter te kyk. Ek kan ook onthou dat ek die begraafplaas gesien het synde ek naby werk, maar het toe nog nie belanggestel nie. Dit was nie baie opsigtelik as mens bestuur nie en waar om in te gaan was ook onduideik.

Hierdie persoon is egter een van 2 mense, waarvan daar nie van die nuwe rusplek rekenskap gegee kan word nie, die ander ene Jaffet van der Wel.

Die oppervlak waarop die Steersgebou opgerig is, is 2-3 meter onder die straatvlak - die grond is weggeneem om 'n gelyk oppervlakte te skep en dit geld vir ruim rondom die gebou. Die voormalige diepteligging van die begraafde kiste is vandag op die oppervlak of selfs iewers in die lug. Daar is geen moontlikheid dat iets kon agterbly nie.

Sterfkennis: https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS92-879B-S?i=124&...

Nog 'n weergawe: https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS92-8791-8?i=125&...

Lg bevat ook 'n testament,  inventaris en inligting oor haar man se aanstelling as voog van haar kinders asook ene Herman. Ek het nie veel gelees nie want die handskrif is baie onleesbaar. 

Haar sterfdatum is dieselfde as haar dogter Princina Petronella Aletta Booysen se geboortedatum, dis dus 'n bevallingsterfte. Die lewe en die dood het haar maar sleg behandel, want na haar lewe op 21 kortgeknip is, gaan haar oorskot ook verlore meer as 'n eeu later!

Inligting verskaf as Oop Toegang onderhewig aan lisensie CC BY-NC-ND 4.0 - Creative Commons https://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/legalcode

Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf.

view all

Petronella Aletta Booysen's Timeline

1858
March 31, 1858
1878
January 1878
Distrik Pretoria
1879
September 14, 1879
September 14, 1879
Age 21
"Wonderboom"
????
????
1879- c2005: Wonderboompoort, farm cemetery, present - unknown, as her remains were not accounted for when the cemetery was closed to make way for the Wonderboom Junction shopping centre.