Petrus Gerhardus Booysen

Is your surname Booysen?

Connect to 2,820 Booysen profiles on Geni

Petrus Gerhardus Booysen's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Petrus Gerhardus Booysen

Also Known As: "b3c4d5e8"
Birthdate:
Birthplace: Graaff-Reinet, Cape Colony, South Africa
Death: November 19, 1897 (86)
Reitz, Oranje Vrij Staat, South Africa
Immediate Family:

Son of Jan Jonathan Booysen and Judith Cornelia Theresia Booysen
Husband of Johanna Frederika Booysen and Fanny Elizabeth Erasmus, Booysen, b2
Father of Jan Jonathan Booysen; Cornelia Etrecia Kruger, e8f2; Johanna Susanna Viljoen, e8f4 and Petrus Gerhardus Booysen
Brother of Jan Hendrik Booysen, e1f5; Magdalena Waldeck; Hester Aletta Brown; Anna Susanna Waldeck, f5e5; Judith Cornelia Ethrezia Viljoen and 5 others

Occupation: Farmer, Landbouer "Vechtkop", Heilbron
Managed by: Hester Maria Christina Marx
Last Updated:

About Petrus Gerhardus Booysen

Baptism: https://www.familysearch.org/ark:/61903/1:1:6VR5-2NLT

Death/Probate: https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:S3HY-69D7-QGV?cc=304053...

In Oktober 1836 is die gebede van 35 weerbare manne, vrouens en kinders onder die bevel van Hendrik Potgieter en Sarel Cilliers verhoor, en die oorwinning behaal oor duisende Matabeles.

Hierdie kop is Vechtkop, die geskiedkundige natuurmonument ongeveer 20 km suid van Heilbron. Dis die kop op die plaas wat deur minister Grobler vir bewaring vir nasionale doeleinders gekoop is.

Van die geskiedenis van hierdie plek wis ons nie veel meer as dat die geveg in Oktober 1836 daar plaasgevind het nie, en dis daarom dat ‘n bietjie navorsing gedoen is. In die Aktekantoor te Bloemfontein blyk dit uit dokumente dat die eerste eienaar van Vechtkop daar geregistreer is ongeveer 12 jaar (1848) na die slag van Vechtkop. Die naam van die eienaar was Pieter Abraham Cilliers, broer van Sarel Cilliers. Op Heilbron het gewoon mev. Kolonel J.H. Boshoff, die eggenote van die persoon van wie die regering die plaas aangekoop het. Ook sy is ‘n dogter van ou Vader Cilliers, die eerste eienaar van Vechtkop.

Uit die dokumente blyk dit dat die oorspronklike plaas 4313 morge groot was en dat P.A. Cilliers dit deur okkupasie in die hande gekry het. Okkupasie beteken dat hy van sonop tot sononder met sy perd gery het, en sover hy ry sy bakens kon afsteek. Gevolglik kan aangeneem word dat die naam Vechtkop deur hierdie P.A. Cilliers aan die plaas gegee is. In 1850 het ou vader Cilliers die plaas aan ‘n sekere Wesse Uys verruil vir ‘n merrie met ‘n vul. Die koopskat vir die hele plaas was geskat volgens die onderstaande verklaring op 7 pond 10 sjielings.

VERKLARING

Ik, Wessel Uys, plegtiglijk en vertrouwelijk verklaar dat die somma van seven ponden en tien sjielings sterling het volle koopschat is door my aan Pieter Abraham Cilliers voor de plaas Vechtkop, gelegen aan de Rhenoster Rivier, No 169 van de Vaal rivier door my van hem gekocht, en ik verklaar dat ik gemelde plaats gekocht heb op den vyftiende dag van April 1850.

Wessel Uys het die hele plaas ongeveer 1853 verkoop aan Dirk Cornelius Uys vir die bedrag van 50 pond. In 1855 het Dirk Uys dit aan ‘n sekere Marius Cauvin vir die bedrag van 100 pond verkoop. In 1858 het Cauvin die hele plaas aan Petrus Gerhardus Booysen verkoop vir die bedrag van 175 pond. P. G. Booysen het die helfte van die plaas onderworpe aan sekere serwitute verkoop aan sy seun Jan Jonatan Booysen vir 200 pond. Die jaartal ontbreek hier. Ongeveer 1911 is ses honderd morge van die plaas deur J.J. Booysen aan kol. J.H. Boshoff, skoonseun van P.A. Cilliers, die oorspronklike eienaar, verkoop vir 3 pond 5 sjielings per morg en uiteindelik het die regering 324 morge van die plaas aangekoop vir die bedrag van 3,888 pond (R7,776). Hier mag net genoem word, toe die grond in staatshande oorgegaan het, kol. Boshoff nie meer daar gewoon het nie, maar sy seun P.A. Boshoff, genoem na sy oupa Cilliers die oorspronklike eienaar.

Later was die NG Kerk Heilbron die eienaars van die historiese deel Emmanuel,

Vegkop-Oos en Geskenk (ongeveer 100 ha). Met restourasie het dit weer oorgegaan na die staat, wat dit in 1996 teruggegee het aan die gemeenskap van Heilbron. ‘n Artikel 21 Maatskappy is gestig -- die Vegkop Slagveld Mpy. ‘n Nie winsgewende maatskappy met 15 direkteure.

view all

Petrus Gerhardus Booysen's Timeline

1811
March 15, 1811
Graaff-Reinet, Cape Colony, South Africa
March 24, 1811
Graaff-Reinet, Cape Colony, South Africa
1842
January 1, 1842
Pietermaritzburg, Natal, South Africa
1843
July 24, 1843
Pietermaritzburg, uMgungundlovu, KZN, South Africa
1845
July 7, 1845
1847
1847
Natal Colony, South Africa
1897
November 19, 1897
Age 86
Reitz, Oranje Vrij Staat, South Africa