Ваша фамилия Prinsloo?

Исследование фамилии Prinsloo

Поделитесь своим генеалогическим древом и фотографиями с людьми, которых вы знаете и любите

  • Стройте своё генеалогическое древо онлайн
  • Обменивайтесь фотографиями и видео
  • Технология Smart Matching™
  • Бесплатно!

Petrus Zacharias Prinsloo

Псевдоним: "Pieter PRINSLOO"
Дата рождения:
Смерть: после 1950
Ближайшие родственники:

Сын Willem Jacobus Prinsloo, a1b7 и Johanna Magdalena Catharina Suzanna Prinsloo, a1b1
Брат Johanna Magdalena Prinsloo; Marthinus Johannes Prinsloo; Maria Adriana Pelzer; Willem Jakobus Prinsloo; Pn Prinsloo и ещё 1

Менеджер: Private User
Последнее обновление:

About Petrus Zacharias Prinsloo

GETUIGSKRIF VIR PETRUS ZACHARIAS PRINSLOO

Heil die Leser

Hiermee wens ek die ondergetekende te verklaar dat Petrus Zacharias PRINSLOO 'n seun is wat my goed bekend is vir die laaste 6 jaar. Hy was 'n flukse en gehoorsame skolier gewees, en het altyd met getrouheid sy werk uitgevoer.

Sy ouers is voorbeeldige mense en die invloed waaronder die seun groot geword het kan nie anders dan 'n weldadige uitwerking hê op hom.

Op sy gedrag is daar niks aan te merk nie, sover my bekend. Ek meen sekerlik dat hy tevredenheid sal gee aan diegene by wie hy in diens gaan.

Geteken Henning GREEFF

Hoof - Ottoshoop Skool

11 NOV 1935

-------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Koevert:

Op Diens

Mnr. W. J. PRINSLOO, P. K. Ottoshoop, Oor Zeerust, Transvaal

Datumstempel Ottoshoop, 29 APR 1943

Brief:

Pte. P. Z. PRINSLOO, 36451 B. Cay, F. F. B. Inf. wing, S. A. A. C, Kafferskraal, 26/4/43 [26 APR 1943]

Liewe ouers en Broer,

Met die gesondheid nog helemaal gaaf deur die wil van die liewe Heer, en ek hoop om die selfde weer van moeder hulle te ontvang.

Moeder ek het nog nie veel nuus om van te skryf nie, want ek het maar gister eens in die kamp gekom.

Ai mens maar dit het lekker hier gereën toe ons die dag van die huis af is het dit op Swartruggens begin reen, en dit het aangehou tot gister aand op Swartruggens het dit gehaël ook, maar gelukkig dit was nie groot haël nie.

Het pa toe gaan kyk na die ploeg, en hoe lyk die ploeg nog, stuur net vir Ivy 'n telegram vir die geld, dan kan sy dit vir pa stuur.

Moeder suster Maraaitjie het die Donderdag saam met ons gekom tot by tant Miemie, sy het daar gaan kuier vir die naweek.

Moeder Jimmy was die aand op die stasie om ons daar te kry.

Wel ouers daar die nuus my ontbreek sal ek nou maar sluit met beste groete aan moeder Vader en broer.

Van moeder en Vader se verlangende kind.

Pieter met liefd

x x x x x x x x x x x 1000

--------------------------------------------------------------------------------------------------

показать все

Хронология Petrus Zacharias Prinsloo

1929
11 ноября 1929
1950
1950
Возраст 20