Matching family tree profiles for Petrus Pieter van der Spuy
Immediate Family
-
daughter
-
daughter
-
daughter
-
mother
-
brother
-
sister
-
brother
-
brother
About Petrus Pieter van der Spuy
Petrus van der Spuy is op 23 November 1722 in Kaapstad gebore. Hy het teologie in Nederland studeer en op 22 Augustus 1746 het hy hy as leraar in diens van die N.G. gemeente Kaapstad getree. Hy was predikant in Kaapstad vanaf 1746 tot 1752 en was die eerste predikant in die Kaapkolonie wat in die Kaapkolonie gebore is.
Op 21 Julie 1748 het hy die sakrament van die doop bedien aan 'n dogter van ene Carel Atleda, destyds direkteur van die Goewermentsslawehuis en die Houtpakhuise. Die kind het die naam van Maria Elizabeth ontvang. Daar word vertel dat na die doopbediening, die predikant die ouers grappenderwys gevra het om die dogter vir hom groot te maak om 'n huisvrou te wees. Ds. van der Spuy was 60-jaar oud, toe hy met die einste meisie getrou het.
In 1753 word Ds. van der Spuy na die N.G. gemeente Drakenstein in die Paarl verplaas, waar hy in 1771 in 'n jarelange kerktwis betrokke raak waarin ouderling TA Theron en Thieleman Roos die hoofbetrokkenes was. Van der Spuy het aanvanklik neutral gebly, maar is later gedwing om op te tree deur die beswaardes onder sensuur te plaas. 'n Klag van pligsversuim teen hom, is toe ingedien. Die politieke raad het bevind dat die klag ongegrond was. Die langdurige stryd het hom egter uitgeput en hy aanvaar in 1781 sy emeritaat, waarna hy hom op Stellenbosch vestig. Daar het hy sy dienste as geneesheer gratis aangebied.
Die vervolging uit Drakenstein het egter nie opgehou nie. Op Sondag 21 Augustus 1785 het hy in die kerk op Stellenbosch 'n kindjie gedoop en na afloop van die diens het twee persone, Daniël Joubert en Jacobus Roux, wat nou verwant was aan sommige van die Drakensteinse mense wat so heftig getwis het, op straat lawaai gemaak oor hierdie doopbediening en allerhande haatlikhede teen ds. Van der Spuy kwytgeraak. Dit was so erg dat die owerheid hulle daaroor moes aanspreek.
Op Sondag 26 Maart 1786 was ds. Van der Spuy by ds. Aling in die kerk op Drakenstein en sou op versoek van ds. Aling die doopbediening waarneem. Maar nadat die formulier gelees en ds. Van der Spuy na die preekstoel gekom het om te doop, het die grootvader van die kind geweier om hom deur ds. Van der Spuy te laat doop en moes ds. Aling dit doen. Dit het 'n konsternasie veroorsaak en volgens 'n blykbaar vooraf gereëlde plan het verskillende persone by wyse van demonstrasie uit die kerk geloop.
Maria Elizabeth, eggenote van ds. Van der Spuy, het in 1791 gesterf, na 'n huwelik van slegs 10 jaar.
Ds. van der Spuy sterf op 4 Maart 1809 op Stellenbosch.
Hy is begrawe in die tuin van die N.G. moedergemeente van Stellenbosch se kerkgebou.
Petrus Pieter van der Spuy's Timeline
1722 |
November 23, 1722
|
Stellenbosch, Breede River DC, Western Cape, South Africa
|
|
1769 |
1769
|
Stellenbosch, Cape Colony, South Africa
|
|
1783 |
November 30, 1783
|
Cape Town, Cape Town, Western Cape, South Africa
|
|
1787 |
July 22, 1787
|
Stellenbosch, Cape Winelands, Western Cape, South Africa
|
|
1789 |
August 2, 1789
|
Stellenbosch, Western Cape, South Africa
|
|
1809 |
March 4, 1809
Age 86
|
Stellenbosch, Breede River DC, Western Cape, South Africa
|