Philippus Snyman

Is your surname Snyman?

Connect to 6,179 Snyman profiles on Geni

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Ds Philippus (Flippie) Snyman

Also Known As: "Flippie"
Birthdate:
Birthplace: Middelburg KP, Kaap Provinsie, Suid-Afrika
Death: September 01, 2012 (88)
Pretoria, Pretoria, Gauteng, South Africa (Ouderdom)
Place of Burial: Pretoria, Pretoria, Gauteng, South Africa
Immediate Family:

Son of Sarel Daniel Snyman and Anna Francina van Rooy
Husband of Private User
Father of Sarel Daniël Snyman; Private; Kornelius Snyman and Private
Brother of Petrus Jacobus Snyman; Aletta Johanna Snyman; Johannes Cornelis Snyman; Sarel Daniel Snyman; Jacobus Van Rooy Snyman and 3 others

Occupation: Predikant
Managed by: Kornelius Snyman
Last Updated:
view all 15

Immediate Family

About Philippus Snyman

Flippie Snyman is in die distrik van Middelburg Kaap gebore. As jong seun in die 1920’s het hy nog ’n trek per ossewa beleef na ’n plaas in die Fauresmith-omgewing, waar hy as een van sewe broers en ’n suster grootgeword het. Hy het daar sy lewenslange liefde vir die veld en natuur ontwikkel.

Nadat hy sy matriek daar behaal het, het hy vir ’n jaar lank in ’n mynkantoor in Brakpan gewerk, voordat die deur vir hom oopgegaan het om die studie, wat sou lei tot die roeping om bedienaar van die Woord te wees, aan te pak.

In 1950 het hy as predikant in die Gereformeerde Kerk van Colesberg begin, en in verskeie en uiteenlopende gemeentes in verskillende dele van die land gedien, totdat hy in 1984 as gevolg van swak gesondheid op 60-jarige ouderdom moes emeriteer. Veral in sy vroeë bedieningsjare was daar ’n groot tekort aan predikante, met die gevolg dat daar baie beroepe gekom het en hy gereeld geskuif het. Hy was ook in die kerkverband aktief, en het meer kere op die moderamens van Partikuliere Sinodes gedien. Hy was ’n tyd lank een van die kuratore van die Gereformeerde Teologiese Skool in Potchefstroom. Hy het ’n besondere skryftalent gehad, en het dan ook artikels en korter stukkies vir verskeie tydskrifte geskryf. Hy het ook bydraes gelewer wat in publikasies van die Department Wetenskapsleer van die destydse PU vir CHO opgeneem is. Selfs toe hy al swak was in die later jare van sy lewe, het hy nog gereeld in Heidelberg kostelike stukkies van allerlei aard vir die weeklikse gemeenteblaadjie geskryf.

Diegene wat hom in die bediening geken het, sal weet dat hy beginselvas was. Hy was baie lief vir die Gereformeerde leer en het dit met diep oortuiging geleer en gehandhaaf en verdedig. Maar hy was gemotiveerd beginselvas en het nie sommer net blindelings standpunte ingeneem nie. Hy het die Gereformeerde, Bybelse waarhede ook in sy persoon like en gesinslewe van toepassing gemaak.

Vir die Afrikanervolk waarvan hy deur die beskikking van die Here deel was, het hy ’n besondere liefde gehad. Die stryd van hierdie volk om op te staan en hulle vryheid te herwin ná die Vryheidsoorloë teen die Engelse was vir hom van kleintyd af deel van sy lewe en gedagtewêreld. Sy pa en ander familie was self in Engelse konsentrasiekampe aangehou, en hulle vertellings het hom bygebly. Die saak van sy volk was een van die redes waarom hy die moeite gedoen het om hom ook in die Volkekunde te bekwaam.

Hy was ’n gevoelsmens, met ’n hartstogtelike liefde vir goeie musiek. Hy was in sy studentedae self ’n kitaarspelende lid van die Alabama-studente geselskap. Sy sin vir humor en hoe lekker hy kon lag vir goeie kwinkslae, sal ook deur almal wat hom geken het, onthou word.

Hy is in 1950 met Alida Geertsema getroud, en hulle het vier kinders grootgemaak. Vir meer as 62 jaar was hulle getroud en het ten tyde van sy afsterwe 9 kleinkinders en 2 agterkleinkinders gehad.

view all 12

Philippus Snyman's Timeline

1924
March 7, 1924
Middelburg KP, Kaap Provinsie, Suid-Afrika
1932
1932
- 1942
Age 7
Fauresmith, Vrystaat, South Africa
1943
January 1, 1943
- December 1, 1949
Age 18
Potchefstroom Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO), Potchefstroom, Wes-Transvaal, South Africa