Rev Pieter Daniel Rousseau, b9c3d1e9f10

Is your surname Rossouw?

Connect to 5,838 Rossouw profiles on Geni

Rev Pieter Daniel Rousseau, b9c3d1e9f10's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Related Projects

Rev Pieter Daniel Rousseau (Rossouw), b9c3d1e9f10

Also Known As: "Rosseau"
Birthdate:
Birthplace: Cape Town, Cape Colony, South Africa
Death: October 11, 1896 (51)
Pastorie/Parsonage, Fraserburg, Namaqualand, Cape Colony, South Africa
Place of Burial: Fraserburg, Namakwa, Northern Cape, South Africa
Immediate Family:

Son of Gideon Jacobus Rossouw, b9c3d1e9 and Catharina Maryna Elizabeth Rossouw
Husband of Sophia Agnes Johanna Rossouw
Father of Sophia Agnes Johanna Knobel; Gideon Jacobus Rousseau; Johannes Zacharias Human Rousseau; Catharina Maryna Elizabeth van der Merwe; Pierre Daniël Rousseau and 3 others
Brother of Elizabeth Francina Rossouw, b9c3d1e9f9 and Johan Hendrik Broekhuizen Rossouw, b9c3d1e9f8
Half brother of Johanna Susanna Rossouw, b9c3d1e9f1; Frans Pieter Rossouw, b9c3d1e9f2; Elsje Maria Margaretha Rossouw, b9c3d1e9f3; Johannes Josua Rossouw, b9c3d1e9f4; Gideon Jacobus Rossouw, b9c3d1e9f5 and 2 others

Occupation: Minister of Word & Sacrament, Writer and Publisher
Managed by: Elsabe PAPE
Last Updated:

About Rev Pieter Daniel Rousseau, b9c3d1e9f10 (Afrikaans)

Pieter Daniel Rossouw (17 Oktober 1844 - 11 Oktober 1896)

Ds Rossouw is in 1844 gebore en het as jongeling op Burgersdorp gewoon. Sy vader is hom vroeg ontval en hy moes in winkels werk om in die onderhoud van sy moeder te voorsien. Hy het egter 'n groot begeerte gehad om te leer en is deur dr Brebner gehelp, wat 'n groot inspirasie was vir die jongmense op Burgersdorp. Later is hy na Kaapstad met karige middels. Hy het dikwels vertel hoe hy 'n klein kamertjie gehuur en by die lig van 'n walvisolielampie tot laat in die nag gestudeer het. Gedurende vakansietye het hy werk van allerlei aard gedoen om geld te vind vir verdere studie. Toe hy na die kweekskool op Stellenbosch is, het dit beter gegaan met sy geldelike sake, hoewel hy nog altyd suinig moes leef.

Ds Rossouw is op 22 Januarie 1870 te Uniondale georden. In 1878 is hy na Steynsburg, in 1881 na Franschhoek en in 1883 na Fraserburg, waar hy op 12 Oktober 1896 oorlede is in die ouderdom van 52 jaar.

De Zuid-Afrikaan (15 Okt. 1896) sê: ‘Hy was 'n Evangeliedienaar wat oorvloei het van 'n diepe erns, 'n heilige vuur en 'n onuitputbare arbeidskrag. Hy was nie alleen prediker nie, maar 'n deelnemende vriend in die beste sin van die woord van armes en beproefdes.’ As prediker was hy altyd boeiend en dikwels ryk aan treffende gesegdes. Hy het aanleg gehad vir spesiale evangelieprediking en was as sodanig in verskeie gemeentes werksaam, hoewel hy 'n afkeer gehad het van onnodige opwinding en geestesdrywery. Ds De Beer sê (in De Vereeniging): ‘Hij was een prediker van ongewone zalving.’ Vir hulle wat hom as student in Kaapstad geken het, was sy sukses op die preekstoel 'n groot verrassing, omdat hy in sy jongelingsjare baie gehakkel het.

Ds Rossouw was ook begaafd met 'n fyn humorsin. So vertel ds De Beer dat hy tydens 'n Sinodesitting 'n swaar verkoue gehad het en dikwels die sakdoek moes gebruik met 'n luidrugtigheid wat hinderlik was. Ds Rossouw buk toe vooroor en sê vir hom: ‘Broeder u moet toch niet zoveel uw eigen trompet blazen.’

Die eerste preke in Afrikaans is geskrywe deur ds Rossouw, en wel in die Patriot van 1879 onder die skuilnaam Cefas. ‘Ons skryf in di Afrikaanse taal,’ verduidelik hy vyf jaar later (26 Sept. 1884), ‘omdat ons weet dat dit werklik 'n taal is, en dat di argumente van di voorstanders daarvan, nog nooit weerleg is ni, en nooit weerleg kan word ni. 'n Ander rede is, omdat 'n mens ver hom in di Afrikaanse taal kragtiger kan uitdruk dan in Hollands, en omdat daar 'n seggingskrag, 'n direktheid, 'n onnoembare iets is, wat in baing tale nie word gevonde ni. Ook verstaan di meeste van onse mense dit beter dan iets anders, en word die veragterste van ons landgenote daardeur in di gelegenheid gesteld om omtrent di dinge wat di saligheid van sy siel aangaan te hoor lees in 'n taal wat hy alle dage spreek en hoor.’

Ds Rossouw het van hart tot hart gepraat met sy lesers en ook nie geskroom om hulle naas die versoeningsdood van Christus die vreeslikheid van die hel voor te hou nie. Ek gee slegs een of twee voorbeelde: ‘O hoe verskriklik sal dit nie wees nie, als daar onder die lesers van die Patriot 'n vader of moeder is wat 'n onsedelike lewe ly, wat ver hulle skuldig maak aan sonde wat ons liewer nie kan noem nie! Ouers wat drink!!.... Ons verseker u of u jong of oud is, dat daar 'n hel is, 'n eeuwige verdoemenis, 'n skrikkelike plaas der pyniging, voor hulle wat die saligheid uit die hand van die Heere Jesus nie aanneem nie. Laat dus vir u geseg, en kom nie in die verdoemenis.’

Op 12 Desember 1879 preek ds Rossouw oor die vraag: Wat die sonde is? en aan die einde van sy preek vra hy aan die sondaar: ‘Het jy nog nooit gebeef by die gesig van jou sonde, of gesidder by die gedachte aan die hel en die eeuwige verdoemnis? Beef dan vandag, sidder dan vandag!!’

Hierdie preke van ds Rossouw was baie populêr en is met graagte gelees, al sal die ‘moderne’ lesers minder-gelowig glimlag. Van oral het hy briewe van waardering gekry en getuienisse van lesers wat tot bekering gekom het. Deur die Patriot het hy mense bereik wat nooit in 'n kerk gekom het nie, wat nooit hul Bybel gelees het of nooit deur 'n predikant besoek is nie. Ongelukkig is die preke op 31 Oktober 1884 gestaak.

Aan die Bybelsch Dagboek (1880) het ds Rossouw saam met ds S.J. du Toit en ander predikante meegewerk. Die doel van dié boek was om die Nuwe Testament in een jaar se tyd deur die huisgesin te laat deurlees. By die verskillende Skrifafdelings was daar 'n toepaslike verklaring en psalmverse om te sing. Sy laaste werk wat hy geskrywe het, was Het Nieuwe Martelaarsboek. Eene Geschiedenis van de vervolgingen der Ctristelijke Kerk (1896). Die verskriklike martelinge waaraan die Christene onderhewig was vanaf die marteldood van die eerste Martelaar, Jesus Christus, word vir ons uitvoerig en besonder boeiend verhaal.

Maar ds Rossouw was ook digter. Hy was tuis in die werke van die beste Hollandse en Engelse digters. Daar het baie oorspronklike gedigte uit sy pen gevloei in Nederlands, Afrikaans en Engels, en hulle het getuig van die warme gevoel waarmee aangrypende gebeurtenisse in die geskiedenis van sy land hom vervul het. Sy Engelse gedigte het hy gepubliseer in die South African News, sy Hollandse gedigte in die Zuid Afrikaan onder sy voorletters P.D.R., en sy Afrikaanse gedigte in die Patriot onder die skuilnaam Petrus. Toe hy nog op Uniondale was, het hy soms geskryf as ‘P.D.R. van Uiendal.’

In een van sy Engelse gedigte beskryf hy die slag van Majuba gedurende die Eerste Vryheidsoorlog. Sir George Colley het die Boere onderskat:

‘But he despised the daring of his foe;
Their courage which turned dangers into trifles,
Until they stood upon the mountain's brow
And dealt out death with their unerring rifles.’

Te laat het sir George Colley die gevaar besef en tevergeefs het hy sy manskappe probeer aanspoor, want hulle het gou op die vlug geslaan.

‘In heaps they fall like ripe fruit from a tree
That by the hurricane is fiercely shaken.’

'n Gedig waarmee ds Rossouw sy naam gevestig het en wat onder die volk ook baie bekend is, is An di adres van John MacKenzie, wat in die Patriot van 29 Augustus 1884 verskyn het. Dit het betrekking op die republiekies Stellaland en Goosen, wat in 1882 deur blankes gestig is in die gebied van die Kafferkapteins Montsioa en Mankoroane, wat oorwin is deur Moshette en Massouw met behulp van hierdie blankes. By die Konvensie van Londen in 1884 is die republiekies tussen Engeland en Transvaal verdeel. Die Engelse gedeelte het direk onder ryksbeheer gestaan en eerw. John Mackenzie is aangestel as kommissaris daarvan.

John Mackenzie was miskien 'n goeie sendeling, maar geen staatsman nie, veral wat sy naturellepolitiek betref. Sir Hercules Robinson het self ingesien dat sy aanstelling 'n fout was en het hom daarom teruggeroep.􏰀)
Nou gryp ds Rossouw na die pen en begin John Mackenzie met stoutseun-spotterny te troos in 'n kostelike hekeldig: An di adres van John Mackenzie. Tergend vang elke versie aan met die volgende reëls:

‘John Mackenzie,
Moe nie grens nie ...’

Die hele geskiedenis word oorvertel en John Mackenzie word verseker ‘ons het medely,’ maar tog ook die raad gegee: ‘Word ni stapel gek,’ en ‘hou jou by jou lees.’ Die digter maak hom vrolik oor Johnnie se leed in pragtig-vloeiende verse. Ons skryf die hele gedig hier af:

John MacKenzie,
Moe ni grens ni,
Ja jou tyd was kort,
Jy het ni kan toon ni
Wat daar in jou woon ni;
Sonder seremoni
Moes jy so maar vort.
John MacKenzie,
Moe ni grens ni,
Jy moes gou laat vat.
Ach, di swarte brawe,
Moet nou goud gaan grawe,
Als di ‘Boers’ hul slawe,
En jy in di pad!
John MacKenzie,
Moe ni grens ni -
Word ni stapel gek.
Van jou fraaie drome
Is daar niks gekome,
Hulle bly maar drome -
En jy moet maar trek.
John MacKenzie,
Moe ni grens ni,
Ons het medely.
Jy het nie gebrom ni,
Om so ver te kom ni.
Wi was ni verstom ni -
En nou moet jy gly.
John MacKenzie,
Moe ni grens ni,
Ons doen niks as sug.
Wi kon dit voorspelle
Dat hul jou sou kwelle,
Tot jy heen moes snelle
Bondel op di rug.
John MacKenzie,
Moe ni grens ni,
Hou jou by jou lees.
Want dit hou geen stuk ni
Om di wet te preek ni
As jy self dit breek ni,
Jy is daar gewees.

PETRUS.

Ds Rossouw het al sy kinders gedoop met die oorspronklike Franse spelling van Rousseau

Bronne:

  1. Geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde, P.J. Nienaber en G.S. Nienaber. J.L. van Schaik, Bepk., Pretoria 1941
  2. Wikipedia artikel
view all 13

Rev Pieter Daniel Rousseau, b9c3d1e9f10's Timeline

1844
October 17, 1844
Cape Town, Cape Colony, South Africa
December 1, 1844
Lutherse Kerk
1870
February 23, 1870
Robertson, Breede River DC, Western Cape, South Africa
1874
February 5, 1874
Swellendam, Overberg District Municipality, Western Cape, South Africa
1878
June 15, 1878
1879
October 16, 1879
1882
February 22, 1882
Cape Town, Western Cape, South Africa
1884
July 21, 1884
1890
1890