Regina Catherine Gregory de Jager

Is your surname de Jager?

Research the de Jager family

Regina Catherine Gregory de Jager's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Regina Catherine Gregory de Jager

Also Known As: "Wessels", "van der Merwe"
Birthdate:
Birthplace: Biggarsgat, Dundee, Natal, Souyh Africa
Death:
Immediate Family:

Daughter of Johannes Wilhelmus de Jager and Anna Hermina Aletta (Annie) Gregory
Wife of Albertus Johannes Wessels and Gerrit Stephanus vd Merwe
Mother of Tido vd Merwe and Heila Nylde vd Merwe

Managed by: Chris-Marié Wessels
Last Updated:

About Regina Catherine Gregory de Jager

Ouma Regina was ‘n fenomenale vrou. Sy het in haar later jare Die grond Af-en-Toe gekoop wat tussen Glencoe en Wasbank gelee was en tussen die berge gesit het. Daar het sy en haar swart volk self haar huis gebou. Ons kleinkinders het hier geleer om ordentlik perd te ry. ‘n Les wat ons nie vergeet het nie. Sy was altyd ‘n boervrou van beroep en haar swart volk was haar familie. Wat vir ons jong jeug opvallend was van haar, was dat waar sy ookal gekom het, het al die mense (swart, indier en wit) - haar op die hande gedra. Sy het met haar mooi manier soveel respek afgedwing en dit is iets wat ek wens ons kinders kon beleef het. Sy was ‘n fyn opgevoede sterk mens en al die jong mense, wat haar geken het, het uit hul pad gegaan om by haar te gaan kuier. Sy was altyd interessant. Die beste kok. Sy kon ‘n” High Tea” gee beter as enige Engelse Lady. Sy was’n formadabele vrou met fyn smaak en baie goeie maniere,kunstig en baie musikaal en dan ook hierdie sterk boervrou wat alles vir haarself gedoen het.. Sy het op ‘n jong leeftyd vioolklasse moes gee aan ander.. ‘n Uitstaande vrou en ons was so bevoorreg om haar as ons ouma te gehad het. Haar huis was altyd keurig. Ons gesinne het nog steeds die mooi stinkhoud meubels en Africana wat sy en later ons ouers versamel het. Dit is so spesiaal en vertel elkeen sy eie geskiedenis. Gedurende die Jare van die Ossewa Brandwag het sy ‘n melkery gehad in Bawianspoort en my oupa het as dokter of Ginekoloog gepraktiseer. Ons het nie ons oupa Gerrie geken nie aangesien hy dood is voor ons geboortes.. Ons regering van daardie tyd, het die Duitsers ens. blykbaar in internerings kampe gesit en my oupa moes hulle daar dokter. My oupa en ouma het blykbaar baie mense help onsnap in daardie tyd deur hulle in die huis op Baviaanspoort weg te steek in die linnekas ens, wat vals mure gehad het. Ons Ouma het haar laaste jare in Durban –op die Marine Parade, in die High Wycombe Woonstelle –deurgebring. Hier het ons as kinders gesien wat se ongelooflike liefde en respek die mense om haar vir haar gehad het. As sy by die Indier plasa kom dan het hulle vir haar ‘n stoel laat haal en sy is soos ‘n koninklike behandel. Wanneer die bodes tydskrifte in die woonstelblok kom aflewer het, dan het hul eers vir haar kom wys wat is die nuutste tydskrifte op die mark sodat sy kan kies wat sy wil bestel. Die mense het sommer op hul kniee neer gegaan as hul met haar gesels het uit respek vir haar. Sy kon beter as meeste van ons Zulu’s Zulu praat, want sy het ‘n groter woordeskat gehad as hulle. Dit was lekker om te sien hoe die mense om my ouma vir haar lief was. Hierdie sterk, verfynde lady. ‘n Ouma duisend!

view all

Regina Catherine Gregory de Jager's Timeline