Roelof Johannes du Preez

Is your surname du Preez?

Connect to 8,134 du Preez profiles on Geni

Roelof Johannes du Preez's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Roelof Johannes du Preez

DN: https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS4F-VSD1-Z?cc=252...

TAB 396

Roelof was die sewende kind in die gesin en die jongste van ʼn tweeling. Hy is blykbaar na sy oom Roelof Johannes Oelofse vernoem. Hy is gebore op 4 November 1802. By sy doop in Swellendam was “Jan Philip Kromhout, Maria Elizabeth Oelofse (ʼn tante), Roelof Oelofse (ʼn oom) en Johanna van Staden” die getuies.26 Hulle woon blykbaar in sy kinderjare in die Tsitsikammawyk en later in die Wyk Onder-Boesmansrivier in die Distrik Uitenhage. Die plekkie Coerney, wat tans aan die wesgrens van die Addo Nasionale Park lê, kom in ʼn paar dokumente voor, asook die plaas Zuney op die pad tussen Uitenhage en Alexandria. Daar is ook melding by die toekenning van ʼn plaas aan sy ma dat dit naby die Sondagsrivier is. Tot dusver is dit egter nie bekend presies waar hulle gewoon het nie. Die 20-jarige Roelof se huwelik met Orsilla Magdalena Lindeque toe sy byna 16 jaar oud was in 1823, baan die weg vir ʼn baie lang verbintenis met die Lindeques. Haar broer Petrus was getroud met Roelof se jonger suster Martha Maria en van die twee gesinne se kinders trou weer met mekaar. Orsilla27 is gebore op 14 September 1807 en gedoop in Graaff-Reinet op 5 Oktober 1807. Sy is omstreeks Oktober 1847 in die Transvaal oorlede, vermoedelik met die geboorte van hul jongste kind. Sy was nagenoeg 40 jaar oud. Haar eerste naam word op verskillende wyses gespel – Ursula, Horsilla, Orsilla, ens. Die spelling Orsilla word gebruik omdat dit in die doopregister en die Du Preezboekie28 so gespel word. Sy was die dogter van Gerrit Johannes Lindeque en Anna Catharina Viljoen. Sy is vernoem na haar ouma aan vaderskant, Ursula Magdalena Hermann. Roelof het blykbaar in die Kaapkolonie op een van sy ouers se plase geboer, want daar kon tot dusver nie ʼn grondtoekenning aan hom opgespoor word nie. In die opgaafrolle van die Wyk Onder-Boesmansrivier van 1826 word aangedui dat daar hy een manlike en een vroulike Khoi-Khoi werker het. Hy het ʼn wa, een saalperd, 10 osse, 52 beeste en 9 bokke gehad. Hy het nog 1 mud koring oorgehad van sy graanoes van 5 mud koring.29 Dit is nie bekend of Roelof deelgeneem het aan sommige van die grensoorloë in die Oos-Kaap, soos byvoorbeeld die Sesde Grensoorlog, nie.

view all 16

Roelof Johannes du Preez's Timeline

1802
November 4, 1802
Swellendam, Overberg District Municipality, Western Cape, South Africa
1824
June 21, 1824
1829
August 12, 1829
1832
August 6, 1832
Uitenhage, Port Elizabeth, Eastern Cape, South Africa
1838
May 28, 1838
1838
1840
1840
1842
1842
1844
January 30, 1844
Potchefstroom, Southern DC, North West, South Africa