Is your surname Nortje?

Connect to 2,386 Nortje profiles on Geni

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Salomon Nortje

On the Death Notice of Salomon Nortje' and Adriana Catharina Susanna Erasmus' son, Richard Daniel Nortje', the parents are listed as being from Houtkoppies, Heidelberg and later on Adriana lived in Spitskop, Utrecht, Kwazulu Natal. https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS3F-J3XM-5?i=346&...

Notas deur David Abraham Swanepoel

‘n Reisiger met die naam van James Backhouse (natuurkundige en sendeling) het in 1839 by Salomon en sy vrou, Adriana Catharina Nortje oornag in die Transorangia naby die Sand- en Modderrivier. Hulle was die ouers van nege kinders waarvan vyf getroudes in die omgewing gewoon het. Daar was dus nog vier kinders in die bootvormige hartbeeshuis van die egpaar woonagtig. [1] Raath se tesis handel oor hartbeeshuise.

Sy beskrywing gee insae in hoe hulle gelewe het. Die meubels het uit ‘n lae bed, twee wakiste wat as 'n tafel gedien het, twee klapstoele, In stoel, en ‘n konfoor (vir die vrou wat sonder skoene was), ’n paar yster kookpotte waarvan een met ‘n gat in die sy in die middel van die vertrek gestaan het en wat ‘n klein hout vuurtjie binne-in bevat het, bestaan. Daar was ook ‘n ketel, 'n geweer, ‘n paar kleiner items en ‘n stapel velle waarop die kinders geslaap het. Buite was onder meer ‘n rietskerm wat as ‘n kookplek gedien het [1].

Interessant genoeg het die Nortjés oor geen Bybel beskik nie. Adriana was egter welbekend daarmee en haar godsdienstigheid is te siene in die feit dat sy onwillig was om te ver van die Kaap te trek, terwille daarvan dat haar kinders gedoop moet word en kan trou [2]. Backhouse het aan hulle ‘n Nederlandse Nuwe Testament en traktate gegee uit dankaarheid vir hulle gasvryheid. Die feit dat hulle dit nie van die hand gewys het nie, wys daarop dat hulle wel geletterd was.

JC Visagie se Voortrekkerstamouers lys hulle nie. Synde hulle in die Suid-Vrystaat was laat in die Groot Trek kan hulle eerder as trekboere beskou word, miskien vroeë permanente vestigers. Die plek kon nie bepaal word nie. Mens sou verwag dat soos Backhouse dit beskryf, dit by ‘n samevloeing van die Sand- en Modderrivier moes wees. Hierdie riviere loop egter parallel. Dalk is daar ‘n kleiner Sandspruit, anders is die plek in die omgewing van Winburg tussen die riviere.

Die dele van Backhouse op pp 419 en 420 wat oor die besoek handel is opgelaai.

Sy geboortejaar is bereken volgens die inligting dat hy 54 jaar oud was tydens die besoek in 1839.

Bronne:

1. Raath, Johannes Jacobus. 2002. Oorsprong en manifestasie van die Suid-Afrikaanse hartbees- of dakhuis : 'n kultuurhistoriese studie. Universiteit van Pretoria. Op die internet beskikbaar: URI: http://hdl.handle.net/2263/30478

2. J. Backhouse. 1844. A narrative of a visit to the Mauritius and South Africa. London: Hamilton, Adams & Co. pp 419-20.

Inligting verskaf as Oop Toegang onderhewig aan lisensie CC BY-NC-ND 4.0 - Creative Commons https://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/legalcode

Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf

D.N.: https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS3N-SJYF?i=634&cc...

view all 14

Salomon Nortje's Timeline

1785
May 16, 1785
May 16, 1785
Paarl, Drakenstein, Cape of Good Hope, South Africa
1816
September 1, 1816
George, Kaap Kolonie, Suid Afrika
1817
November 13, 1817
Aan de Olifantsrivier, District , George, Cape Colony, South Africa
1820
September 5, 1820
Baviaanskloof, District , Uitenhage, South Africa
1822
December 10, 1822
Uitenhage, Cape Province, South Africa
December 10, 1822
Zwartberg, Cape Province, South Africa
1826
June 6, 1826
1834
June 7, 1834
Uitenhage,South Africa