Wilhelm Odendaal, SV/PROG

How are you related to Wilhelm Odendaal, SV/PROG?

Connect to the World Family Tree to find out

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Wilhelm Odendaal, SV/PROG

Also Known As: "Willem Odendall"
Birthdate:
Birthplace: Köln, Nordrhein-Westfalen, Deutschland (Germany)
Death: January 19, 1732
Caep de Goede Hoop, South Africa
Place of Burial: Stellenbosch, Cape Winelands, Western Cape Province, Republic of South Africa
Immediate Family:

Son of Henricus Odendaal and Maria Catharina Odendaal
Husband of Susanna Biebouw, SM and Judith Odendaal, SM
Father of Maria van der Heyden, b1; Engela de Klerk; Martja Van Der Heijde; Willem Odendaal; Susanna Wessels and 5 others

Occupation: Came to the Cape in 1706 as a soldier (soldaat), builder (boukneg), burgher, tailor (kleremaker) and farmer.
DVN: SV/PROG
Managed by: Zen Finlayson
Last Updated:

About Wilhelm Odendaal, SV/PROG

  • Birth Date 1690
  • Death Date 1/29/1732
  • First Name Willem (Wilhelm)
  • Last Name Odendaal
  • Suffix SV/PROG
  • Gender Male
  • Birth Location Cologne, North Rhine-Westphalia, Germany
  • Death Location Cape of Good Hope, South Africa

[http://vocopvarenden.nationaalarchief.nl/detail.aspx?ID=1626484] Detailgegevens

Gegevens van Willem Odendaal uit Ceulen

Datum indiensttreding: 10-05-1705

Datum uit dienst: 19-11-1709

Functie bij indiensttreding: Soldaat

Reden uit dienst: Vrijburger

Uitgevaren met het schip: Brandenburg

Waar uit dienst: Kaap de Goede Hoop

Maandbrief: Nee Schuldbrief: Nee

Opmerkingen: Overleden 1732

Gegevens van de vaart

Schip: Brandenburg

Vertrek: 10-05-1705

Kamer: Amsterdam

Kaap: 12-09-1705

09-10-1705

Inventarisnummer: 5545

Folio: 191 Aankomst: 28-12-1705

Ceylon

DAS- en reisnr.: 1975.5

Oorspronklik van Keulen, Duitsland. Arriveer in die Kaap c 1706 as ‘n soldaat, waarskynlik in diens van die VOC, is ‘n boerkneg, word burger en word kleremaker.  29 Jan 1732. x 13 Sep 1711 met Susanna Biebou (Biebouw/Bibault), buite-egtelike d/v Detlef Biebou van Mecklenburg en Diana van die Kaap (ook bekend as Diana van Bengale),  c 1713. Diana was ‘n vrygekoopte slavin, waarskynlik van ‘n land of streek langs die Baai van Bengale, dit wil sê lande soos die hedendaagse Burma, Thailand, Singapore of Indonesië. Sy was die kamermeisie van die eggenote van die Goewerneur van Batavia. Met die goewerneur en sy vrou se terugkeer na Nederland het sy saamgekom en saam met hulle aangedoen aan die Kaap. Op hierdie stadium het wetgewing in Nederland verander en mog slawe nie meer teruggebring word van die kolonies nie. Diana is toe verkoop aan ‘n rekenemeester in die Kaap vir 17 Riksdaalders. Die rekenmeester het haar later vrygemaak. Dit was nie vreemd in daardie tyd vir, veral Duitse mans om verhoudings aan te knoop en ook te trou met vrygekoopte slawe nie. Sommige literatuur verwys na Hollandse wetgewing in die Kaap wat dit toegelaat het maar dit ook taboe gemaak het vir wit vroue om met vrygekoopte slawe mans te trou. Kinders uit sulke verhoudings of huwelike is dan sonder skroom gedoop en het in hul vaders se gesinne grootgeword. (Skrywer wonder dikwels of dit nie Engelse, met hulle sterk klasse-stelsel, is nie wat die sade van latere apartheid na die Kaap gebring het nie. Die Franse Hugenote met hulle sterk Calvinisme het sekerlik ook bygedra om kleurgrense te vestig) Die Wessels stamregister is klaarblyklik verkeerd wanneer dit verwys na Susanna en derhalwe Diana van Bengale as voorsate van die Wesselse en Odendaals. Die De Klerk stamregister (Barend de Klerk, s/v stamvader Abraham de Klerk is met Engela Odendaal, ‘n dogter uit die huwelik van Susanna Biebou en Willem Odendaal, getroud) noem dat Engela Odendaal, Maria Odendaal en Willem Odendaal gebore is uit die huwelik tussen Willem Odendaal en Susanna Biebou en dat verdure kinders gebore is uit Wilhelm Odendaal se tweede huwelik met Judith Nel, waarvan een, Susanna met Wessel Wessels getroud is. ‘n Wel nagevorste artikel, met uittreksels uit die destydse doop en geboorteregisters, in Februarie 2007 van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika bring groter duidelikheid en bevestig dat Susanna Odendaal die dogter is van Wilhelm Odendaal en sy tweede vrou Judith Nel. xx te Stellenbosch op 11 November 1717 met Judith Nel, ~ 3 Augustus 1698, d/v stamvader Guilaume NEL en Jeanne la Batte. Hulle had sewe kinders, die eerste synde Willem Odendaal,  23 Oktober 1715 en ~ te Stellenbosch op 10 November 1715. Dit is duidelik dat Wilhelm en Judith eers saamgewoon het. Die doopinskrywing in die Stellenbosche doopboek lees :

“Wilhelm, d’ Vader Willem Odendaal, d’ moeder Jŭdik Nel, getn Wilhelm Nel, & Jannerin la Bat=
10 Nov: 1715”

Geboorteinskrywing van Wilhelm Odendaal 1

Susanna ODENDAAL was hul tweede kind,  26 Desember 1716, ~ te Stellenbosch op 9 Januarie 1717 Enkele uittreksels uit die bogenoemde artikel van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika lig die lewe van Wilhelm Odendaal toe: Dit is interessant om die lotgevalle van Willem Odendaal die kleremaker na te gaan. Met sy eerste huwelik in 1711 het hy geen besittings gehad nie. Nadat hy ‘n beter bestaan as ‘n gevestigde burger begin maak het, was Judith Nel bereid om met hom te trou. Judith Nel was die dogter van die Franse vlugteling Guillaume Nel en Jeanne la Batte. Sy (Judith) was ‘n lid van die Franse vlugteling gemeenskap en een van elf kinders. Daar was dus oorgenoeg familielede wat kon help met die boerdery as probleme sou opduik. Soos wat blyk uit die opgaafrolle het dit na sy huwelik met Judith Nel begin beter gaan met Willem. Sy wynmakery was nie baie geslaag nie, ten spyte van die wingerdstokke wat hy geplant het, het die opbrengs uitgebly. Eers in 1731 het hy een lêer wyn gewen. Hy bou egter stadig maar seker sy kudde beeste op en na sy dood boer sy weduwee met skape. Met haar boerdery gaan dit eintlik baie goed. Willem se verhouding met Judith Nel het dus vir hom ‘n vastrapplek in die Kaase samelewing gegee. Dit is belangrik om te onthou dat daar aan die Kaap de Goede Hoop baie min vroue was en dat die Nederlandse vroue waarskynlik nie die Duitse soldate wat deur die VOC hier afgelaai is as eerste keuse vir ‘n huweliksmaat beskou het nie. ‘n Hubare jong meisie sou waarskynlik meer aangetrokke gevoel het tot ander Nederlanders veral die wat al ‘n geruime tyd aan die Kaap was en verkieslik ‘n boerdery bestuur het sodat hy ‘n gesin kon onderhou. Dit het dan dikwels gebeur dat die Duitsers aanvanklik ‘n verhouding met ‘n slavin aanknoop en later , as hulle gevestig is, met ‘n jong weduwee trou. Baie buite-egtelike verhoudings het lank geduur en was geensins ‘n kwessie van ‘n kortstondige episode nie. Omdat hierdie verhoudings so algemeen was en omdat dope van buite-egtelike kinders sonder kommentaar in die doopboeke van die Kaapse Kerk opgeteken is, gee dit ‘n mens die indruk dat sowel verhoudings met slavinne as saamwoon voor die amptelike huwelik aanvaarde praktykte in die vroeë.jare aan die Kaap was. Later sou dit baie anders wees en predikante sou maklik in die doopregister aanteken: “In onecht geteelt”.



Die Odendaal stamvader, Wilhelm Odendaal van Keulen het in 1706 as 'n soldaat in die Kaap aangekom. Hy trou op 13 September 1711 met Susanna BIEBOUW ook gespel Bibault, Biboud en Bibout), erkende voordogter van Dietlof Bibouw van Meckelenburg en die slawevrou Diana van Madagascar. Susanna was gebore gebore 23 Februarie 1687. Haar moeder was ook bekend as Diana van de Kaap, sy was 'n slavin van Cornelis Linnes.

Haar half broer Hendrik Biebouw het die uitdrukking gemaak "Ek ben een Africaander"

KINDERS Engela * 11 Oktober 1711, X 7 Apr 1737 Barend de Klerk Maria 1712 Willem 10 Nov 1715, X 9 Apr 1745 Magdalena le Roux

Hulle dogter Engela en trou in 1737 met Barend de Klerk, seun van die de Klerk stamvader Abraham de Klerk. Afstammelinge van Barend het dus 'n slawevoorouer. Dit sluit eks-Pres de Klerk in.

Wilhelm Odendaal trou later met Judith NEL en hulle het meer Odendaal nasate gehad wat geen verbintenis met Diana van Madagscar gehad het nie.

Bronne: Eben de Klerk "Meer oor Susanna Biebouw" XXIX/1992 pg 60- 63

Saamgestel deur: AM van Rensburg



Grootbeword, en is waarskynlik ook gebore in Keulen, Duitsland. Keulen in Duits Koln, is tans die vierdie grootste stad in Duitsland met on geveer 1 miloen inwoners. Dit is gelee aan die Ryn in die noodwestelike staat Nordrhein-Westallan. Hy het ook moontlik sy van te danke aan die dorpie ODETHAL wat naby Keulen gelee is, en waar vandag sy voorovers mootlik gekom het. Hy is in 1706 in die Kaapse sensusregisters aangegee as 'n boukneg. Kort daarna het by burgerskap verkry en as kleremarker gewerk.



Wilhelm Odendaal, van Keulen(Duitsland). Kom in 1706 in SA aan as soldaat. Oorlede 19.01.1732. Trou 13.09.1711 met Susanna Biebow ('n Edel Dama van Keulen). Hertrou 11.11.1717 met Judith Nel (9 Kinders).

===========================

STELLENBOSCH GEMEENTE KASBOEK INSKRYWINGS VIR BEGRAAFPLAAS

1713 1/STB 12/17 (36) Pieter Robbertsz f30 Jan Elbertsz f6 Francina f6 Sara Jansz wed wijlen Andries Oelofsz f6 Jacobus van Eden en desselvs vrouw f12 de vrouw van Jan Mahieu f6 Gerrit Cloete f6 Willem Elbertsz f6 Arij van Wijk f6 Susanna Odendaal f6 Jan Cornelisz van Oudbeijerland f6 Wessel Pretorius met zijn vrouw en kind f18 Maarten Slabbert f6

Testament van Susanna Odendaal geb Biebouw Verwysing. MOOC 8/2.106 Inventories of the Orphan Chamber Cape Town Archives Repository,South Africa Web adres http/databases.tanap.net/mooc Aangehaal soos vervat in die testament Inventaris en taxatie van alle soodanige goederen als er door de dood ontruijmt en nagelaten sijn bij wijlen Zusanna Bebout, ten voordele van haar naargelate man Willem Odendaal ter eenre, en haar twee minderjarige kinderen en dan is daar n beskrywing van besittings gevolg deur Aldus getaxeert en overgegeven ter Weescamer aan Cabo de Goede Hoop, den 10 Maart 1714 met presentatie van eede niets ter werelt agtergehouden ofte verswegen te hebben. Willem Arendall



Kom in 1706 vanuit Keulen, Duitsland in Suid-Afrika aan.


Arrived from Keulen in Cape of Good Hope as a soldier. First worked as builder (1706) and after he became a free burgher started working as a tailor. He and Susanna had 3 children.

view all 16

Wilhelm Odendaal, SV/PROG's Timeline

1685
February 9, 1685
Köln, Nordrhein-Westfalen, Deutschland (Germany)
February 9, 1685
1709
1709
Kaapstad, Caap de Goede Hoop, Suid Afrika
1711
June 13, 1711
Kaap de Goede Hoop, Suid Afrika
1712
1712
1715
October 23, 1715
Stellenbosch, Caap de Goede Hoop, Suid Afrika
1717
January 9, 1717
Stellenbosch, Caap de Goede Hoop, South Africa
1719
June 23, 1719
Stellenbosch, Caap de Goede Hoop, Suid Afrika