Matching family tree profiles for William “Willie” Herbert Steyn
Immediate Family
-
daughter
-
mother
-
sister
-
brother
-
brother
-
sister
-
brother
About William “Willie” Herbert Steyn
The story of his escape from a POW camp in Ceylon and their return to South Africa via Russia, when they again joined in the war. This story is told in three books:
Die Vyf Swemmers: Die Ontsnapping Van Willie Steyn En Vier Medekrygsgevangenes Uit Ceylon 1901
- Author: C. J. Barnard
- Format: Book
- Publish Date: January 1988 by Tafelberg Uitgewers
- ISBN-10: 0624026191
- ISBN-13: 9780624026198
- Edition: 1st
Terug na kommando. Avonture van Willie Steyn en vier ander krygsgevangenes,
- Author: Lukas Andries Visagie
- Publisher: Kaapstad [etc.] Nasionale pers beperk, 1932.
"'Ontsnap! Boerekrygsgevangenes se strewe na vryheid"'
- Author: Albert Blake
- Format: Book
- Published: 2015 by Tafelberg Uitgewers
- ISBN: 978-0-624-06997-3
- Edition: Firs
In een van die opspraakwekkendste ontsnappings van Boerekrygsgevangenes gedurende die Anglo-Boereoorlog, ontsnap Willie Steyn en vier vriende (Piet Botha, Ernst Hausner en die broers Louw en George Steytler) op Sondag 13 Januarie 1901 van die “Catalonia” waar die skip in die hawe gelê het. Hulle duik laatnag in die seewater in die hawe van Colombo, hoofstad van Ceylon, en swem na vryheid. Steyn-hulle sou die volgende oggend as deel van die laaste groep gevangenes aan boord die skip na die binneland geneem word waar hulle na die Diyatalawa-kamp geneem sou word. Nadat Steyn van die “Catalonia” ontsnap het, bereik hy nagenoeg twee en ’n half uur later die Russiese stoomskip, die “Gherson”. Die “vyf swemmers” soos wat hulle later sou bekendstaan, is met ope arms aan boord die Russiese skip ontvang. Met die hulp van die Russe is Steyn-hulle na Rusland geneem, waarvandaan hulle hulp ontvang het om na Europa te reis. Op 18 Februarie ontmoet hulle ook pres. Paul Kruger – ’n hoogtepunt vir dié getroue krygers. Hul hoofdoel was egter om terug te keer na Suid-Afrika. Steyn, Botha en Louw Steytler slaag uiteindelik teen omstreeks Julie 1901 daarin om weer aan te sluit by ’n afdeling van genl. Manie Maritz se kommando in die Brandvlei-omgewing. (Botha sterf ongelukkig op 26 September 1901 nadat hy ernstig gewond is, sy been verloor het en ontsteking ontwikkel het.) Die swemmers se verhaal is volledig opgeteken in C.J. Barnard se “Die vyf swemmers: ’n Ware ontsnappingsverhaal” (Tafelberg, 1988) en ’n korter weergawe van hul wedervaringe verskyn ook in Albert Blake se “Ontsnap! Boerekrygsgevangenes se strewe na vryheid” (Tafelberg, 2015). (Foto: Die vyf swemmers saam met ds. H.A. Gillot – bekend as ds. Boer – van die Nederlandse Hervormde gemeente in St. Petersburg, in 1901. Agter, van links na regs, staan Louw Steytler, Ernst Hausner en Piet Botha. Sittend is George Steytler en ds. Gillot en voor is Willie Steyn. Bron: “Die vyf swemmers”)
Other information available at http://www.boekmakierie.co.za/GENDATA%20%282%29.pdf
William “Willie” Herbert Steyn's Timeline
1875 |
September 30, 1875
|
Bethlehem, Oranje Vrystaat, Suid-Afrika
|
|
1905 |
January 17, 1905
|
Heilbron, Free State, SA
|
|
1907 |
December 8, 1907
|
Nieuwoudtville, NC, South Africa
|
|
1909 |
November 14, 1909
|
Richmond, NC, South Africa
|
|
1913 |
April 14, 1913
|
Standerton, Eastvaal District Council, Mpumalanga, South Africa
|
|
1946 |
June 2, 1946
Age 70
|
Lydenburg, MP, South Africa
DEPOT KAB
Source: NAAIRS |