Start My Family Tree Welcome to Geni, home of the world's largest family tree.
Join Geni to explore your genealogy and family history in the World's Largest Family Tree.

Familie/Family Beetge

Project Tags

Die stamvader van die Beetge's in S.A. is Johann Andreas van Hamburg, Duitsland. Hy het twee seuns gehad: Johan Andries en Willem Gerhardus (1 Des.1799 - 16 Julie 1853). Volgens inligting het Willem Gerhardus hom gaan vestig op die plaas "Jagtfontein" in distik Richmond. Hy is getroud met Anna Jacoba Viljoen, dogter van Jan Hendrik Viljoen. Hulle tweede seun is Jan Hendrik Beetge (geb. 17-02-1824). Jan Hendrik trou met Johanna Susanna Brits, by wie hy 7 kinders gehad het. Sy is egter oorlede en hy trou toe met Martha Magdalena vd. Schyff, by wie hy 3 kinders gehad het ('n seun en twee dogters). Die seun was Carel Johannes (geb 01-02-1875). Hy trou met Susara Susanna Erasmus. Hulle oudste seun was Jan Hendrik Beetge. Hy trou met Aletta Jacoba Grobler. Hulle kinders is Karel Johannes, Hester Catharina, Adrian Paulus Stephanus (Attie) en Susara Susanna.

Omdat ons van hierdie tweede seun van ons stamvader in S.A. nl. Wille Gerhardus, afstam, wil ek graag kontak maak met al die Beetge nakomelinge van Willem Gerhardus, met die oog op 'n familiefees. Skakel my asb. 0842094750 of attiebeetge@jbay.co.za