Start My Family Tree Welcome to Geni, home of the world's largest family tree.
Join Geni to explore your genealogy and family history in the World's Largest Family Tree.

Project Tags

view all

Profiles

This project is designed to collect Research Information, Discussions, Queries etc on the Kriel family. We will type the Afrikaans as taken from the book on the Kriel register in Afrikaans and hopefully one of my(Judi) co-curators will translate in English.

  • Met besondere dank aan Gideon Kriel

Core profiles

Stamvader Hermanus Kriel (Grill)

  • Hermanus Kriel 1689-1739
  • All important Kriels with history are welcome to place in the body as well.

Betekenis van die familienaam Grill in Duitsland Grille beteken kriek. Dit verwys ook na ‘n opgeruimde persoon. Dit is ook die bynaam vir ‘n kwaai, wrede man.1

‘n Persoon "Ulrich der Grill" word ongeveer 1340 in Regensburg vermeld.2 Dit kan ook dui op plekke wat die woord Grill bevat, bv. Grill in Bavaria, Grill in Schleswig-Holstein; moontlik deel van ‘n groter gebied Grille in Noordryn-Wesvalen. Betekenis van die familienaam Kriel in Nederland Volgens die Nederlanse ensiklopedie is die woord "Kriel" afkomstig van die woord "kregel". Die betekenis van Kriel is 'n opgewekte lewenslustige persoon. Daar word ook verwys na die spreekwoorde "Hy is nog Kriel vir sy jare, zo'n kleine kriel wil ook al meepraten, je moeder is nog een kriel vrouwtje." Dit kan ook 'n klein kort persoon of 'n kind beteken. Krielaartappels is klein aartappeltjies en 'n krielei is die eier van 'n "krielkip", m.a.w. krielkiep of -hoender. 'n Krielhaan is 'n dwerghaan. As werkwoord beteken “krielen” om te krioel, 'n groot menigte wat beweeg: "De scheepjes krielen op de plas, het krielt er van wespen, de kaas krielt van mijten, dit opstel krielt van fouten. 'n “Krielzoom” is 'n ronde soom wat met die small duim gerol word en dan vasgewerk word, m.a.w. 'n rolsoom. 3 Dit kan ook 'n rugmandjie of fuik vol vis wees, "creel". 4 Krielhoenders is 'n sekere hoenderras. 5 “Krill” beteken die voedsel van baardwalvisse wat in die boonste yslaag van tien meter in die poolgebiede voorkom. 6 Volgens Pama beteken Kriel "afkomstig van Kriele, naby Rathenow." 7 In die doopregisters van die Rathenowgemeente in die noorde van Duitsland kom dan ook persone met die van Kriel voor. Familiename het al in die Middeleeue bestaan en die idee het geleidelik versprei. Dit het in die suidelike Nederlande begin, dus het die Vlaminge reeds in die 14de en 15de eeu familiename gehad, terwyl die Nederlanders nog tot die 19de eeu familiename aangeneem het. In Mei 1813 vaardig Napoleon 'n dekreet uit dat alle persone op 01.01.1814 'n familienaam vir belastingdoeleindes moet hê. Dit was toe dat die Nederlanders met die snaaksste name tevoorskyn gekom het omdat hulle gedink het dat dit net 'n tydelike reëling sou wees. 8 Daar was geen spelreëls nie. Ook moet in ag geneem word dat verskeie tale bv. Latyn, Grieks en Kelties van een spraakgemeenskap, nl. Indo-Europees afkomstig is. 9  Vanne is dus op verskillende wyses neergeskryf. Baie belangrik is die Hoog-Duitse klankverskuiwing waardeur Kugel bv. verander na Gugel.10  Vanne is dikwels van byname afgelei. Volgens Izaak Johannes KRIEL * 10.02.1904 (603) se dagboek beteken CREIL “wreed” en is die van van Frankryk afkomstig.

Herrmanus Grill in Duitsland Stamvader Hermanus Kriel (Herrmanus GRILL) a 12 is die seun van Johann Peter Grill, stadsbewoner en kruidenier in die voorstad Hanau am Main, Hessen-Nassau, Pruise en sy vrou Eva Christina Schlemmer. Hoewel sterfinskrywings vir sy ouma en oupa aan moederskant, sowel as vir sy broer Theodor, predikant te Hanau gevind kon word, is daar geen sterfinskrywing vir Hermanus nie. Volgens die tuisblad http://www.familysearch.org is daar ook die volgende broers en susters. Hulle kon egter nie in die Hanau Doopregisters opgespoor word nie: Anna Philippa GRILL * 15.07.1676 Anna Philippa GRILL * 27.06.1678 Peter Adolph GRILL * 22.09.1684 NN GRILL * 23.05.1685 Johann Adam GRILL * 12.05.1686

  • Die volgende kinders kon wel gevind word: Theodor GRILL * 21.08.1677 Phillip GRILL * 24.09.1679 Anna Catharina GRILL * 14.09.1681 Hermanus (Herrmanus) KRIEL a * 12 Apr 1689, Hanau am Main, Hessen-Nassau, Pruise  21 Apr 1689, Marienkirche Hanau.13 » Herrmanus Heusling, predikant in die klooster Keppel in die vorstedom Siegen, bruidegom van maagd Maria Catharina, dogter van Theoderich Schlemmer, prediker in die stad. Die doopinskrywing lyk soos volg: 1689 #57 Den 21. Aprill, gebohren den 12 dito Der Vatter, Johann Peter Grill, Bürger und Kremer in der Vorstadt Die Mutter Eva Christian Das Kindt Herrmanus Gevatter, der ehrwürdige und wohlgelährte Herr Herrmanus Heussling, Pfarrer im Kloster Keppel, im Fürstenthum Siegen gelegen, ist ein Hochzeiter mit der Viel Ehr und Tugend reichen Jungfer Maria Catharina des hocherwürdigen und hochge-lährten Hn. Theoderich Schlemmer Stadtprediger allhier Tochter.(14) Bronne /Sources:

Main source is the publication by GGSA - Die Kriels sommer gewone mense.

1 Brandt, P. A. & Leue, J.A.E. 1982. Deutsch-Afrikaans, Afrikaans-Duits Schulwörterbuch. 5. Verbesserte Auflage. Pretoria : Van Schaik, 70 2 Bibliographisches Institut & F.A. Brockhaus AG. c 2001 3 Kruyskamp C. 1976. Groot woordenboek der Nederlandse Taal. A-N. 10de druk. Utrecht : Van Dale 4 De Vries J. 1971. Nederlands etymologisch woordenboek. Leiden : Brill, 361 5 Grote Winkler Prins encyclopedie in twintig delen. 1970. 7de druk. Deel 2. kem-leye. Amsterdam : Elsevier, 378 6 Ibid, p. 8 7 Pama C. 1983. Die groot Afrikaanse familienaamboek. Kaapstad : Human & Rousseau, 191 8 Combrink J. Watsenaam : 'n reeks praatjies wat uitgesaai is in die Afrikaanse Diens van die SAUK vanaf 26 Des. 1973 tot 29 Jan. 1974, 23 9 Jones, G.F. 1990. German-American names. Baltimore : Genealogical Publishing Co., 8 10 Ibid, 13 11 Viljoen, S. 2001. E-pos aan H.D. Garner 12 Gevind deur Frederik Hermanus (Erik) Kriel (4935) * 21.11.1978 http://www.familysearch.org/Eng/Search/ancestorsesrachresluts.asp 18.06.2005 13 Merle, G. 2006. Vertaling van doopinskrywing. Marienkirche Hanau. Marienkirche Taufbuch 1681-1690, 285. 14 Marienkirche Hanau. Marienkirche Taufbuch 1681-1690. Ongepubliseerd

  • Please note that the descendants of SV/PROG can be identified by their genealogical number example: b3c2d7e6.
  • Queries & Discussion
  • To participate in this project
  • Firstly use the 'Actions' drop down menu at the top right of the screen and Join the Project. If this option is not available to you then contact a collaborator and ask to be added to the project.
  • Next open the edit tab on the project page and add your Query or Finding to the list below. Project Help: How to add Text to a Project - Starter Kit
  • Also start a Discussion on the profile in question, and, if you can, link that discussion to the entry you have added below.
  • Yell to any of the Collaborators on this project, or to any of the Curators listed on WELKOM CUZZINS if you get stuck - We want to help you get this right.
  • Jump Back to: WELKOM CUZZINS: Geni SA Projects' Main Site Index & Help Page See Also Related Geni Project Pages:

Index of Other SA Surname Projects SA Progenitors on Geni