Start My Family Tree Welcome to Geni, home of the world's largest family tree.
Join Geni to explore your genealogy and family history in the World's Largest Family Tree.

Project Tags

view all

Profiles

  • Adolph Andreas Krogman, SV/PROG (1816 - 1894)
    Christening of Adolph Andreas Krogmann 6 October 1816per my research in Germany the surname was spelled with a double "N" For Krogmann Y-DNA enquiries you are most welcome to contact me.Hilda Krogmann

Start of Krogman Family in South Africa

KROGMAN -

Adolph Andreas Krogman * 25-09-1816 te Schwerin - Mecklenburg, Oos-Duits- land (bron sterfkennis). Sy ouers Heinrich Krogman en Margaretha Fredericka (nooiensvan onbekend). Hulle het moontlik gewoon te Kremmin, distrik Grabouw in die provinsie Schwerin - Mecklenburg. In die emigrasielys van 1826 - 1843 in die argief in Schwerin / G.D.R. kom Adolph Andreas Krogman se naam voor vir 'n aansoek (brief Sabrina en Rolfe Schaible - 06-01-1985) om te emigreer. Hy is oorlede te Driefontein, distrik Kliprivier, Natal - naby Elandslaagte op 15-03-1894 aan hartversaking en water. Sy beroep: Hy was 'n boer. Volgens inligting wat ek verkry het van Mev Daphne Strutt (kurator Durban Museum), het ene Krogman met die "Conch" op 24-06-1840 in Port Natal arriveer. Carl Behrens was ook op die skip (bron Behrens se dagboek). Hulle kon eers op 26-06-1840 aan wal stap as gevolg van 'n hewige storm op see. Behrens en Kroginan huur 'n hut by die Voortrekker dorpie "Congella". Op 06-07-1840 vertrek Behrens na Pietermaritzburg en Krogman neem sy intrek by ene Mnr Laas, vermoedelik te Congella. Later maak Behrens, in sy dagboek, melding dat Krogman by horn in PMB aansluit. Daar word ears in 1842 weer melding gemaak van Krogman, d.i. met die besetting van Durban (inskrywing 01-06-1842). Die Duitsers word deur Gen Pretorius teruggestuur na PMB en 'n vonnis opgelê omdat hulle teen die Boere gedraai het. (Sien brief van Brian Spencer - wat verwys na die boek van Delegrous (Voyage dans L'Afrique Australe | 1847 - in Engels vertaal deur John Bird Annals of Natal Vol I). Op 19-11-1947 vertrek 'n skip die "Beta" vanaf Bremen (Duitsland) met 188 Duitse Setlaars na Port Natal onder leiding van Jonas Bergheil. Hulle vestig hulle noord van die huidige Westville en New Germany. Krogman se naam kom nie in die lys voor nie, maar volgens 'n uittceksel uit 'n dokument wat deur die Berlynse Lutherse kerk-sendeling Eerw Posselt, neem 'n Krogman van Mecklenbucg, by Mnc Gerber oor as inspekteur van die gemeenskappie by New Germany. (Nou is dit interessant dat A.A. Krogman op 05-08-1849 ge- troud is te New Germany). Dit is ook interessant dat 'n kleindogter van A.A. Krogman, "Freda" (d.v. sy dogter Freda Margaretha X John Arend de Waal) getroud is met 'n afstarmeling van Eerw Posselt).

Ek kan dus nie met sekerheid sê wanneer A.A. Krogman in Suid-Afrika aangekom het nie. Sover ek kon vasstel, het 'n broer van hom "Ferdinand" ook na S.A. gekom, maar is na 'n kort tydjie terug Duitsland toe. Adolph Andreas Krogman trou te New Germany - 05-08-1849 - per spesiale lisensie, gedateer 30-07-1849 met 'n Sweedse meisie Anna Charlotte Gustafsson, wat saam met haar ouers (11-11-1844) op die "Prins Carl" vanaf Swede hier aangekom het (sien Gustafsson register). Haar ouers, Anders Johan Gustafsson en Hedvig Zacknisdotter, kom vanaf Hultna (Topark) Swede. Gustafsson was 'n skrynwerker van beroep - ek weet nie waar hulle hulls gevestig het nie» maar hulle woon later in by hul skoonseun en dogter op die plaas "Driefontein" naby Elandslaagte, Natal waar hulle later oorlede en begrawe is. (Sien briewe wat Gustafsson geskrywe het aan sy familie in Swede) Volgens inligting van Thys Krogman, was A.A. Krogman 'n jurielid met die verhoor van Hans dons de Lange wat tereggestel is.