Start My Family Tree Welcome to Geni, home of the world's largest family tree.
Join Geni to explore your genealogy and family history in the World's Largest Family Tree.

Mystery of Schwartz and Anna Maria van Zyl

Project Tags

Top Surnames

view all

Profiles

  • Anna Maria van Zyl (1938 - 1965)
  • Schwartz (groot Os) van Zyl (1928 - 1967)
    Wife died in motor accident 6/12/1965. He tragically committed suicide 12/11/1967 Youngest was 8 months old Vic and Marie adopted the baby - Ossie van Zyl. The eldest 5 children went to the AGS Lyndhur...

This is a project dedicated to find information about Schwartz (Os) van Zyl *27/08/1928 - 12/11/1967* and his wife Anna Maria van Zyl *11/07/1938 - 5/12/1966*

After some gruelling hours to find anything other than that which their profiles offer, we're asking for help to find out more about these two individuals; not only will it honour their memory but give answers to many questions of surviving relatives.

Please feel free to add any information/photographs.

---------------------------------------------------------------------------------------

Herman Booysen added the following, as written to Malynda Theron:

Ek glo julle het reeds die profiel van Annatjie se man op hierdie webwerf gesien: Schwartz (groot Os) van Zyl

Ek het Schwartz se boedeldokumente opgediep (dis in die Nasionale Argief in Bloemfontein) en dit op sy profiel gepos as 'n bron. Die name van die kinders is duidelik daarop aangebring en daar is ook ander kosbare inligting in hierdie dokumentasie. As jy dit wil lees, dit is hier: https://www.geni.com/documents/view?doc_id=6000000058499869302&

Dit blyk dat Schwartz 'n mynwerker was, dus raai ek dat hy nie formele kwalifikasies voltooi het nie en dat hy dus harde mynarbeid verrig het. Sy broer wat sy boedel geadministreer het, het in dieselfde myndorp-omgewing gewoon op daardie stadium en daarom het hy waarskynlik dieselfde soort werk as Schwartz gedoen. Dit laat my glo dat Schwartz en sy gesin in moeilike sosio-ekonomiese omstandighede grootgeword het. Toe hy oorlede is, het Schwartz geen beduidende boedel nagelaat nie behalwe vir sy laaste salaristjek -- en daar was volgens die boedeldokumente eers twyfel oor die (klein) bedrag wat sy salaris sou beloop. Trouens, die inventaris toon hoegenaamd geen bates nie, dus nie eens huisraad of klere van enige waarde nie. Hy het sy eie lewe beëindig by Viljoensdrift naby die Vereenigingbrug deur homself te vergas (ek sou raai in 'n motorvoertuig, bloot uit die teken van daardie tyd en die ligging), maar skynbaar was dit nie in sy eie voertuig nie, want daar is geen voertuig in die boedelinventaris nie.

Schwartz se boedel was só min werd dat daar aanvanklik niemand was wat bereid was om die boedel te beredder nie, omdat daar nie genoeg fondse was om die eksekuteurskoste te dek nie. Schwartz se broer het vir die begrafnis betaal maar kon nie die volle bedrag van die begrafniskoste terugontvang uit die boedel nie. Die prokureur wat uiteindelik ingestem het om die boedel te beredder het geen vergoeding daarvoor ontvang nie en het dus die uitgawes daarvan self gedra as 'n verlies.

Oor Annatjie se herkoms kry ek net mooi niks nie. Daar was 'n hele klompie gesinne in die Booysen familie wat bedelende arm was, en my eie oupa Herman was só 'n geval -- ek onthou met deernis hul outydse drievertrekhuisie sonder elektrisiteit of lopende water; en ek onthou met afgryse die houtbankie met die gat oor hul emmertoilet dóér op die onderpunt van die erf, kompleet met spinnekoprakke en perdebyneste maar met heelwat kopieë van die _Landbouweekblad_ en _Die Ster_-tydskrif (ja, dit was nie net só in die grappies oor daai soort toilet nie!). Maar die feit is dat rekords veral gehou was en behoue gebly het wanneer daar geld iewers daarin was, terwyl die armes min-of-meer ongemerk en onopgemerk en onaangeteken gekom en gegaan het. Ek beskou dit as hoogs waarksynlik dat Annatjie self ook uit sulke omstadighede gekom het.

Daar is gewoonlik één uitsondering op bogenoemde reël waar rykdom en armoede nie saak maak nie, en dit is geloof. Wanneer ek só 'n geval raakloop, val ek gewoonlik terug op die kerkrekords, want almal se doop-, lidmaatskap-, huwelik-, en oorplasingsrekords word op dieselfde vlak beskou en aangeteken. Maar helaas! ook hier vind ek geen rekords van onse Annatjie nie. Ek vind dit nogal vreemd, want die Booysenfamilie is nogal bekend vir hul tradisievastheid, en dit sluit kerklike rituele in. Hoe dit ookal sy, ek kry daar óók niks nie.

Ek sal natuurlik my oë en ore oophou in my omswerwinge oor die Booysens, maar ek vrees dat die uiterste armoede van Annatjie en haar gesin die bewaring van enige rekords uit daardie omgewing onwaarskynlik maak.

-----------------------------------------------------------------------------------------

Herman Booysen added the following, as written to Tash van Gavin (granddaughter of Os and Annatjie van Zyl):

Daar was destyds 'n prokureurskantoor óók betrokke by Os se boedel (ene A.V. Theron van Sasolburg) wat die boedel gratis beredder het (en trouens 'n onderneming geteken het om die begrafnis te betaal. Uit die distribusierekening wil dit voorkom asof Theron die totale onkoste van die begrafnis sélf gedra het, maar weer eens is dit nie baie duidelik nie), maar sover ek kan vasstel is dié intussen ook al oorlede. Verder lyk dit asof Os se broer (Septimus) verantwoordelikheid geneem het van Os se boedel, wat my laat vermoed dat Os se ouers al voor hom oorlede is.

In die boedellêer vind ek die naam van ene Mev J. de Villiers du Plessis in 'n brief uit 1981, en dit wil vir my voorkom dat sy Os se 4de kind Jacoba de Villiers van Zyl (algemeen Kobie genoem) kon wees. Ek neem aan dat sy enigste seun, Johan Frederick, die kind was wat bekend gestaan het as Klein Os. Uit wat ek kon lees (en dit is bittermin) kom dit voor asof Johan ook al oorlede is, maar dit is nie baie duidelik nie. As dit so is, sal dit my help om te weet waar en wanneer hy oorlede is sodat ek sy boedeldokumente kan naslaan. Verder het ek gesien dat Martha Susanna skynbaar die jongste kind was, terwyl die dogter wat alom bekendgestaan het as Kikkie in werlikheid Magaretha Johanna (spelling? -- dit verskil op verskillende blaaie in dieselfde lêer!) geheet het. En laastens was daar Annatjie (Anna Maria), waaroor ons korrespondensie gaan.

--------------------------------------------------------------------------------------

T

Herman wrote the following to Tash van Gavin:

Maybe you could also shed light on a new mystery that arose from your last message: Os' estate file lists only 5 children, of which Johan was the only male child. Who, then, was Klein Os (I gather that he was the 6th child), and was he adopted by Vic & Marie even before Groot Os died?

I am aware of the policy of orphan institutions that siblings should not be separated. There are sound arguments for this policy. However, your dad's case demonstrates the equally valid argument for the opposite point of view -- I have seen myself exactly such cases where children from the same parents simply could not find a home because the prospective family could not (or would not) adopt a whole bunch of kids at once. It's heartbreaking to hear stories from those who had been split up, as well as those who couldn't become members of a real family. I suppose we will never really know which way is the ideal (or lesser of the two evils). Having spent a lifetime in education, I am no closer to wisdom on this one.

As for the profile photo, you may have noticed that I applied some of my very rudimentary Photoshop skills to the one that you posted to correct the skewing. However, I don't know which one of the two gentlemen was Os. Maybe you could let me know.

It's eery how one gets a sort of spiritual feeling like the one you mentioned about the Viljoensdrift area. I had a similar experience when I visited the Presbyterian Church in the Refengkgotso township of Deneysville for the first time. On later visits (which turned out to become frequent over a number of years as manager of the Presbyterian Church in the Free State), the feeling became a familiar one, and I actually developed an affinity towards it. Only after I had researched my own ancestry, I discovered that Deneysville and the township had been built on the farm that had once been owned by my great-great grandparents, and that their graves are today submerged near the Vaal Dam wall. Therefore, I fully understand your experience.

One last question: Do you know anything at all about your Booysen grandparents? All I could establish was that they must have lived in Vereeniging or one of the surrounding towns at the time of Annatjie's death. Maybe even on a farm, as there are no graves documented for them in the Vereeniging main cemetries -- I already checked this one out.

-----------------------------------------------------------------------------

Enige verdere inligting word waardeer, hoe gering dit ookal mag voorkom!