Start your family tree now Is your surname van der Wat?
There are already 12 users and 345 genealogy profiles with the van der Wat surname on Geni. Explore van der Wat genealogy and family history in the World's Largest Family Tree.

van der Wat Genealogy and van der Wat Family History Information

‹ Back to Surnames Index

Create your Family Tree.
Discover your Family History.

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!
view all

Profiles

About the van der Wat surname

Stamvader: Hendrik Janszoon van der Wat, uit Nederland, gebore 1691. Tot dusvêr kon nog nie met sekerheid vasgestel word of Hendrik in diens van die V.O.C. was toe hy in die Kaap gearriveer het of nie. Sy naam kon nog nie in die VOC argiewe opgespoor word nie. Sy naam verskyn wel in die Munster rolle van 1712 op bl. 246 en 1713 op bl. 270 as 'n Vry Setlaar van Stellenbosch. Op 12 Des 1717 trou hy met Margaretha Niemand. Hulle het 6 kinders gehad. Van hul kinders is volgens 1727 & 1729 Doop rekords in Kaapstad gedoop. Dit wil voorkom asof die familie later moontlik in die Suid-Kaap, moontlik Swellendam omgewing, gaan vestig het. Dit blyk dat Hendrik 'n Gat (moontlik 'n watergat) aan de Olifants Rivier besit, en van tyd tot tyd permitte vir die gebruik daarvan deur ander (Jan van Schoor 1778 tot 1790, en ook op 'n stadium aan ene Johannes Liebenberg) uitgereik is. Dit is moontlik dat Hendrik se plaas aan die Olifants rivier, Brakkefontein, was.

Hendrik sterf in 1746, waarskynlik in Swellendam omgewing.

Daar word bespiegel (kon NOG NIE bevestig word nie) dat sy vader Jean Watin, moontlik 'n Frans-sprekende Belg was. Dat Hendrik dan sy van "ver-Nederlands" het na "Van der Wat". 'n Ander argument beskou die betekenis van "Wat" as 'n Wad(t) en is 'n deurwaadbare plek en kon moontlik afgelei wees van die "de Wadden" eiland areas of "Waddensee" areas in Noord-Holland en Friesland (Nederland). Daar is ook die moontlikheid dat die van afgelei is van vanne soos "de Watin", "van de Wattijne" of moontlik "de Watijnes". Feitlik niks van Hendrik se eie voorgeslag en herkoms kon nog opgespoor word nie.

Die "van der Wat" van-lyn het waarskynlik rondom die middel 1850's in 3 takke verdeel nl. van der Wat, van der Watt en van der Wath.

Wapen: Daar bestaan nie iets soos een wapen wat deur ‘n hele familie-van gebruik word nie. Na regte het ‘n spesifieke opgespoorde wapen waarskynlik outeursreg op in terme van die wet, beheer deur die Buro vir Heraldiek. Enige persoon kan ‘n wapen vir sy spesifieke familie ontwerp en by die Buro vir Heraldiek registreer. Ander persone met dieselfde van sal na regte geen reg hê om daardie wapen vir hulself dan ook toeëien. Dit gebeur as gevolg van onkunde egter baie gereeld, en soos dit nou maar gaan in die algemene gebruik lyk dit of al drie die Van der Wat van-lyne ook ‘n tipies wapen as hul “eie familiewapen” nie-amptelik aangeneem het. Die wapen is ‘n silwer en swart griffioen met rooi bek, tong en kloue, om die nek 'n halsband met afhangende ketting, alles goud. Helmteken: dieselfde griffioen, uitkomend. Dis 'n nuwe wapen wat ca. 1945 ontwerp is en geïnspireer is deur die wapen van die familie Wath, wat egter 'n ge-halsbande eenhoring pleks van 'n griffioen voer. Daar ook 'n ander “Nederlandse" wapen opgespoor, maar min inligting omtrent hierdie wapen is bekend.